
Een SA-burger dood in Indonesiese gevangenis - September 8, 2021
Een-en-veertig gevangenes is dood nadat ‘n brand Woensdagoggend vroeg in ‘n oorvol gedeelte van die Tangerang-gevangenis in Indonesië uitgebreek het. ‘n Suid-Afrikaner en ‘n Portugese burger tel onder die sterfgevalle. Yasonna Laoly, Indonesiese minister van Justisie en Menseregte, sê Tangerang se Blok C was oorvol. Die blok is gebou om 38 te huisves, maar ten […]
Drank: algehele verbod meer doeltreffend as gedeeltelike verbod - September 8, 2021
‘n Studie van die Universiteite van Kaapstad en Stellenbosch wys ‘n algehele verbod op alkohol is doeltreffender om traumagevalle te verminder as bloot ‘n gedeeltelike verbod. Volgens die navorsing was daar ‘n daling van 18,7 persent in traumagevalle toe die volledige verbod toegepas is. Dis waarskynlik as gevolg van inperking op vlakke 4 en 5 […]
Finansiering op grond van omgewingsbeskerming goed vir Nam - September 8, 2021
Die Afrika Ontwikkelingsbank sal voortaan die finansiering van ontwikkelingsinfrastruktuur alleenlik beskikbaar stel op voorwaarde dat natuurlike hulpbronne beskerm word. Die bronne sluit grond, visserye en woude in. Die nuwe meganisme word môre deur die bank bekend gestel. Die plaaslike ekonoom van Cirrus in die hoofstad Robert McGregor sê die tipe finansiering sal voordelig wees vir […]
Net 72% van staatsentiteite kom verkryging na - September 8, 2021
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing hou op die oomblik sy perskonferensie oor verkryging in Namibië. Verkryging, veral in die regering, is tradisioneel ‘n bron van korrupsie. Volgens die instituut het 72 persent van openbare entiteite in die afgelope finansiële jaar die wetgewing in die verband nagekom. Frederico Links van die instituut…
Britney se pa wil uit, vra hof om haar weer in beheer te sit - September 8, 2021
Britney Spears se pa Jamie het ‘n aansoek by ‘n Los Angeles-hof ingedien om sy voogdyskap van haar sake te beëindig. Britney het reeds in Junie die hof gevra dat haar pa verwyder moet word omdat hy sy posisie misbruik. Sy het bygevoeg dit kom neer op mishandeling. Jamie is sedert Britney se openbare ineenstorting […]
Onteieningwetgewing word in SA nou beplan - September 8, 2021
Die Parlementêre ad hoc-komitee wat wetgewing moet instel om Artikel 25 van die Grondwet te wysig, sal vandag vergader. Die komitee sal ‘n voorlopige verslag oor die Agtiende Konsep Grondwet-wysigingswetsontwerp oorweeg, wat die onteiening van grond sonder vergoeding in die Grondwet sal insluit. President Cyril Ramaphosa het beklemtoon die regering probeer om grondbesit te herstel […]
Kommer oor groot dele van die wêreld wat nie geënt is nie - September 8, 2021
Die Wêreldbank sê dit is uiters kommerwekkend dat ‘n groot dele van die wêreld nog steeds nie teen Covid-19 ingeënt is nie. Bykans 4 miljard dosisse is reeds wêreldwyd toegedien. Maar lande met ‘n lae-inkomste kon weens ‘n gebrek aan voorraad nog net 1,5 dosisse vir elke 100 mense toedien. Mamta Murthi van die Wêreldbank […]
Okh-verbypad dalk vroeg volgende jaar oop - September 8, 2021
Die Namibiese Paaieowerheid vorder baie goed met die B1 roete wat verby Okahandja beweeg en aansluit by die B2 na die kus en ook die B1 verder na die Noorde toe. Volgens Conrad Lutombi, die owerheid se hoof uitvoerende beampte sê die roete sal eers heeltemal voltooi wees in 2023 maar, dat verkeer reeds teen […]
Zuma-behandeling kos staat amper R400 000 - September 8, 2021
Die Departement van Korrektiewe Dienste sê die voormalige president Jacob Zuma se rekening vir mediese behandeling by ‘n privaathospitaal beloop tot dusver 398 271 Suid-Afrikaanse rand. Die departement het Zuma, wat steeds in die hospitaal is, Sondag op mediese parool vrygelaat. Hy is in Julie as ‘n gevangene by die Estcourt Korrektiewe Dienste-sentrum in KwaZulu-Natal […]
St. Boniface ondersoek seksuele teistering-klag - September 8, 2021
Die hoof by die St. Boniface-kollege Rosline Sebastian het bevestig dat die skool ondersoek instel teen ‘n onderwyser na klagtes dat hy blykbaar met skoolmeisies gepeuter het. Volgens berigte het hy hulle geteister met drukkies en komplimente en die meisies sê dit het hulle baie ongemaklik gemaak. Plaaslike media sê dat die leerders die kwessie […]