
Reël 108-aansoek in mosiehof vat huis vir N$40 000 se skuld - August 6, 2021
Die mosiehof het vanoggend 146 aansoeke vir verstekvonnisse gehad en die sessies, wat in drie gedeel is, is deur regters Thomas Masuku, Orben Sibeya en Harold Geier hanteer. Sewentig aansoeke is deur kommersiële banke gebring waar daar vyf voertuie opgeëis is en verskeie ander lenings. ‘n Totaal van 39 onbetaalde lenings met ‘n waarde van […]
Moslems in Angola soek erkenning - August 6, 2021
Die nuwe president van die Islamitiese Raad van Angola wil Moslems in Angola verenig. Sheikh Altino da Conceição Miguel Umar van die raad wil Islam as ‘n geloof in Angola laat erken om skole, hospitale en weeshuise vir Moslems in Angola te bou. Ondanks die gebrek aan erkenning, leef Moslems in vrede saam met die […]
Vakbonde vies vir Sasol se verpligte inenting - August 6, 2021
Die vakbonde Cosatu en Fedusa sê hulle is ten sterkste gekant teen Sasol se poging om inenting verpligtend vir sy personeel te maak. Die vakbonde sê hulle staan ook die alternatief teen wat werknemers sal verplig om self vir ‘n weeklikse Covid-19-toets te betaal, indien hulle sou kies om nie ingeënt te word nie. ‘n […]
‘Skouer aan die wiel’ – Noa - August 6, 2021
Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië se direkteur-generaal, Paulus Noa, gaan weer vir die volgende vyf jaar die kommissie lei, ondanks teenkanting van die meeste politieke partye. Daar is een party wat sy teenkanting teen die heraanstelling van Noa teruggetrek het. Noa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kommissie sal steeds voortgaan om korrupsie te beveg.
Groot husptoot vir Afrika - August 6, 2021
Die ikoniese Franse voetbalklub, Olympique de Marseille, het sy eerste ooit vennootskap met Afrika, die African Official Partner-groep gesluit. Olympique de Marseille is in 1899 gestig en een van die bekendste sokkerklubs ter wêreld. Die APO-groep is in 2007 gestig as die leidende pan-Afrika kommunikasiekonsultantdiens. Die APO-groep sien sport as ‘n waardevolle geleentheid om onderwys, […]
Mensregte-kommissie ondersoek onluste - August 6, 2021
Die Suid-Afrikaanse Menseregte-kommissie het onderneem om ‘n ondersoek na verlede maand se onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng van stapel te stuur. Die kommissie sê die tragiese lewensverlies, voorvalle van plundering, vernietiging van eiendom en die verlies van miljarde-rand vir die ekonomie, ondermyn landsburgers se vermoë om in vrede en harmonie, en sonder vrees te leef. […]
Tuisbrouers kla oor Sharia-wette - August 6, 2021
Tuisgemaakte bier en gestookte jenewer onderhou talle families in die Kano-distrik in die noordelike gebied van Nigerië, al is dit ‘n gevaarlike beroep. Die gebied word deur ‘n godsdienstige polisiemag, die Hisbah gepatroller. Hisbah is verantwoordelik vir die toepassing van Sharia-wetgewing wat in plek is in 12 van die land se noordelike state. Een spesifieke […]
Onteiening: ANC en EFF stem nie ooreen nie - August 6, 2021
Reaksie word ontvang op berigte dat die ANC en EFF nie saamstem oor Artikel 25 van die Grondwet oor onteiening sonder vergoeding nie. Die ANC se doelwit om Artikel 25 van die Grondwet te wysig sodat grondonteiening sonder vergoeding moontlik gemaak kan word, is moontlik deur die EFF in die wiele gery oor ‘n meningsverskil […]
Dordabis-brand ‘onder beheer’ vir nou - August 6, 2021
Die voortdurende brand by Dordabis blyk om effe onder beheer te wees met minder wind wat vanoggend voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met Iris Stehn, ‘n boer in die gebied en koördineerder van die poging gepraat.
Nog 1 444 afleggings tot dusver vanjaar - August 6, 2021
Die jongste plaaslike berigte toon dat 1 444 afleggings in die eerste helfte van die jaar plaasgevind het. Volgens die arbeidsministerie, is die poste by 190 maatskappye besnoei. Met die nuwe syfers is die totale werksverliese in die afgelope 18 maande op 13 642. Volgens die ministerie was daar 67 werksverliese wat direk met Covid […]