
Jeugkonferensie oor water en klimaat - August 5, 2021
Unesco in Namibië, in samewerking met Unam en Nust, hou ‘n water- en klimaat-konferensie met die klem op watersekerheid. Die doel is om kapasiteit te skep onder die jeug. Kombanda Mwapandje, Unesco se programbeampte vir wetenskap, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Julie: wêreld voedselpryse 31% hoër as in 2020 - August 5, 2021
Die voedsel- en landbou-organisasie program van die Verenigde Nasies sê pryse het vir ‘n tweede agtereenvolgende maand in Julie gedaal, veral in die geval van grane, vette en olies en suiwelprodukte. Maar, op ‘n jaargrondslag gemeet, het voedselpryse met 31 persent teenoor Julie 2020 gestyg. Verbruikers in Namibië het ook sedert die einde van verlede […]
Prokureurs in New York staan reg om Rassie te help - August 5, 2021
‘n Rugby-belegger van ‘n Amerikaanse konsortium wat ‘n beherende aandeel in die Haaie-unie besit, het getwiet ‘n span prokureurs van New York staan gereed om Rassie Erasmus en SA Rugby by te staan en Wêreld-rugby uit te daag. Marco Masotti sê hy stel sy volle regsmag beskikbaar om die direkteur van Rugby en die unie […]
Fondsinameling vir 14-jarige naelloper van Ohangwena - August 5, 2021
Die Namibiese Skolesport-unie het ‘n fondsinsameling van stapel gestuur vir bystand vir die 14-jarige Epifania Johannes, ‘n graad 9 leerder in die Ohangwena-streek. Epfiania is ‘n 100- en 200-meter naelloper en is gekies om in Serwië aan die Internasionale Skolesportfederasie se wêreldspele vanaf 10 tot 19 September vanjaar. Alexander Teofelus, voorsitter van die skolesport-unie in […]
Universiteite hervat Maandag lesings - August 5, 2021
Namibiese skole het gister ná ‘n lang wintervakansie weer begin en universiteite maak hul deure volgende week oop. Volgens dr. David Namwandi, stigter van die International University of Management is die instelling slaggereed. Namwandi het egter gemaan dat studente steeds versigtig en gedissiplineerd moet wees. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Ndeitunga ontmoet met reserviste - August 5, 2021
Die hoof van die Namibiese polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het vergader met die mag se reserviste in die Otjozondjupa-streek. Ndeitunga het die lede op Otjiwarongo ontmoet en is vergesel deur generaal-majoor Joseph Shikongo, die adjunk-luitenant-generaal van operasies in die mag. Ndeitunga het die lede gevra om meer te doen om te verseker dat eiendom beveilig […]
Instituut veroordeel ANC, EFF oor grondonteiening - August 5, 2021
Die Instituut vir Rasseverhoudinge in Suid-Afrika waarsku terwyl die veldtog vir Onteiening sonder Vergoeding groei, word die byvoeging van die bewaring van grond en sekere verbeterings ‘n nuwe gevaar. Daar is op die oomblik ‘n dooiepunt tussen die ANC en die EFF oor die bewoording aan die wysiging van Artikel 25. Die instituut sê beide […]
Finansiële Intelligensiesentrum se jaarverslag vandag bekend - August 5, 2021
Die Bank van Namibië stel vanoggend die 2020-2021 jaarverslag van die Finansiële Intelligensiesentrum bekend. Die sentrum is een van die belangrikste instansies in die land wanneer dit kom by die monitering van transaksies tussen bankrekenings. Kazembire Zemburuka, BoN se kommunikasie beampte…
Brittanje ent nou tieners - August 5, 2021
Die Verenigde Koninkryk se minister van Gesondheid, Sajid Javid, sê 16- en 17-jarige tieners wat oorweeg om teen Covid-19 ingeënt te word, kan verseker wees dit is die regte ding om te doen. Hy sê die eerste inentings vir ongeveer 1,4 miljoen ouer tieners sal in die volgende paar weke aangebied word, voor die begin […]
Reaksie op 10 jaar tronkstraf vir ietermagô-stropery - August 5, 2021
Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat ‘n ietermagô-stroper in die Pretoria-landdroshof die swaarste vonnis ooit vir dié misdaad opgelê is. Die stroper is tot tien jaar tronkstraf gevonnis. Dit is nadat die polisie se eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies in samewerking met die werkgroep hom twee jaar gelede by die Silver Oaks-winkelsentrum […]