
SA mans vas met dagga ter waarde van R1,4 miljoen - August 24, 2021
Die bestuurder en ‘n passasier van ‘n minibustaxi gaan in die Laingsburgse landdroshof in die Wes-Kaap verskyn op aanklagte van dwelmhandel. Volgens die polisiewoordvoerder, Christopher Spies, is die verdagtes vasgetrek ná ‘n jaagtog op die N1. Die polisie het beslag gelê op dagga ter waarde van sowat 1,4 miljoen rand. Spies sê die dwelms was […]
Meer onwettige vuurwapens in Wes-Kaap opgespoor - August 24, 2021
Die Wes-Kaapse veiligheidsplan verbeter die opsporing van onwettige vuurwapens. Dit is volgens die DA se provinsiale woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen. Hy sê die ingrypingsplan het daartoe gelei dat daar tussen Februarie 2020 en Junie 2021 tot 17 vuurwapens per maand teruggevind is teenoor die vorige syfer van vier per maand. Die veiligheidsplan is onlangs […]
Josephine Baker eerste swart vrou by Panthéon-monument begrawe - August 24, 2021
Josephine Baker sal in November die eerste swart vrou wees wie se oorskot by die Panthéon-monument in Parys begrawe word. Dit is een van die hoogste blyke van verering in Frankryk. Die Élysée-paleis beskryf in ‘n verklaring die legendariese vermaakkunstenaar wat in 1975 dood is, as die vergestalting van die Franse gees. Baker het haar […]
Slegs een Covid-sterfte vandag in Namibië aangemeld - August 24, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het slegs een Covid-sterfte in die Onandjokwe-distrik aangemeld, asook 171 nuwe gevalle uit 1 374 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 12,4 persent verteenwoordig. Kommer heers oor die 117 leerders wat positief getoets het, wat 68,4 persent van alle positiewe gevalle verteenwoordig. Daar is nou 2 391 aktiewe gevalle, waarvan 205 in […]
Ekonoom voorspel Namibië sal ook hoë werkloosheidsyfer soos SA hê - August 24, 2021
Volgens Trading Economics sal die Namibiese werkloosheidsyfer teen die einde van vanjaar na beraming 36,8 persent bereik. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika vandag bekend gemaak dat die buurland se amptelike werkloosheidsyfer met 1,8 persentasiepunte geklim het nog 54 000 mense hulle werk verloor het. Namibiese ekonoom, Salomo Hei van High Economic Intelligence, het aan Kosmos […]
Grootfontein Boerevereniging sê veediefstal in die omgewing het verdubbel - August 24, 2021
Willem Enslin van die Grootfontein Boerevereniging is een van die 80 Noordeboere van Grootfontein, Kombat, Otavi, Tsumkwe en Tsumeb wat ‘n vergadering met die operasonionele polisiehoof van Nampol, generaal-majoor Joseph Shikongo, en ander polisiehoofde op Grootfontein bygewoon het. Enslin sê die vergadering was suksesvol, veral om veediefstal in die omgewing te takel. Hy het aan […]
NWR-vrou word entrepreneur - August 24, 2021
Namibia Wildlife Resorts wat verskeie kostebesnoeiingsmaatreëls oor die afgelope jaar en ‘n half tydens die Covid-pandemie ingestel, het vir sommiges goeie geleenthede gebied. Een van die maatreëls is personeellede wat die geleentheid gekry het om vrywillig te bedank. Een van hierdie werknemers, Rosalia Kudumo, wat in 2014 permanent as finansiële assistent aangestel is, het einde […]
Politieke kommentator sê Taliban se sperdatum moet bereik word - August 24, 2021
‘n Politieke kommentator het gereageer op die Taliban se waarskuwing dat daar gevolge sal wees as Amerika se troepe langer in Afghanistan aanbly as die ooreengekome sperdatum van volgende Dinsdag. Luidens die ooreenkoms wat die voormalige Amerikaanse President, Donald Trump met die Taliban onderteken het, mag die Taliban nie enige aanval op Amerikaanse magte uitvoer […]
Wes-Kaapse regering gekant teen grondonteiening sonder vergoeding - August 24, 2021
Die Wes-Kaapse regering sê hulle is gekant teen enige grondhervormingswetsontwerp wat grondonteiening sonder vergoeding ondersteun, omdat dit ‘n regstreekse aanval op die Handves van Menseregte is. Die LUR vir landbou, Ivan Meyer, het gepraat tydens ‘n aanlyn konferensie waar hy die provinsiale regering se teenkanting teen die agtiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet verduidelik het. Hy […]
SA boubedryf het hoogste werkverskaffingsyfer in tweede kwartaal - August 24, 2021
Die boubedryf in Suid-Afrika het in die tweede kwartaal vanjaar die hoogste werkverskaffingsyfer gehad. Statistieke Suid-Afrika het die kwartaallikse arbeidsmagaanwyser bekend gemaak en onthul dat die land se werkloosheidsyfer tot 34,4 persent gestyg het. SSA se woordvoerder, Dihlolelo Phosholo, sê die grootste toename in werkloosheid was in die finansiële sektor.