CIA stig nuwe eenheid om op China te fokus - October 7, 2021

Die Amerikaanse sentrale intelligensie-agentskap, die CIA, het ‘n nuwe eenheid aangekondig wat op China sal fokus. Die agentskap se direkteur, William Burns, sê in ‘n verklaring die nuwe sentrum sal die uitdagings hanteer wat die Asiatiese reus vir die Amerikaanse spioenasie-agentskap se sendings inhou. Die aankondiging is in ooreenstemming met die breër verskuiwing in president […]

Read More

Nandi-Ndaitwah verseker vrede met Botswana - October 7, 2021

Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het vandag in die Nasionale Vergadering haar antwoord gegee op ‘n vraag oor die vergadering met haar eweknie van Botswana wat in Katima Mulilo gehou is oor die kwessie van Namibiese burgers langs die Choberivier wat deur die Botswana weermag geïntimideer word. Sy het sê sedert hul […]

Read More

DA het sewepunt-plan om beurtkrag in Kaapstad te beëindig - October 7, 2021

Die DA se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het ‘n sewepunt-plan bekend gestel om beurtkrag in die stad te beëindig. Hy sê dit kan gedoen word deur te belê in die Steenbras hidro-elektriese aanleg, ‘n moderne energievoorsiener vir die stad te bou, en voorspraak te maak vir beurtkragreëls wat nie metro’s straf waar aanbod proaktief […]

Read More

Jason Rohde moet oor twee dae tronk toe - October 7, 2021

Jason Rohde, veroordeelde Suid-Afrikaanse moordenaar van sy vrou, Susan, het van vanmiddag af 48 uur om homself aan die owerhede oor te gee nadat die appèlhof die kennisgewing reeds gister uitgereik het. Rohde gaan homself glo in Kaapstad oorhandig, omdat hy aanvanklik daar sy vonnis begin uitdien het voordat die appèlhof hom op borgtog vrygelaat […]

Read More

Tanzaniese romanskrywer wen Nobelprys vir Letterkunde - October 7, 2021

Die Tanzaniese romanskrywer, Abdulrazak Gurnah, is vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde. Die Sweedse Akademie sê hy word vereer vir sy onversetlike en deernisvolle uitbeelding van die gevolge van kolonialisme. Die 73-jarige Gurhan het tien romans geskryf, insluitend Paradise in 1994 wat hom die gesogte Booker-prys besorg het. Dit handel oor ‘n seun […]

Read More

Suid-Afrika wil kinders tussen 12 en 18 jaar teen Covid inent - October 7, 2021

Die Suid-Afrikaanse regering kan moontlik in die nabye toekoms ook kinders tussen die ouderdomme van 12 en 18 teen Covid-19 begin inent. Volgens die Wes-Kaapse gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, ondersoek die land se ministeriële adviesraad oor Covid-19 dié moontlikheid. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt.

Read More

Taapopi tree uit as president van Nanso - October 7, 2021

Die Namibië Nasionale Studente Organisasie, Nanso, se president, Simon Taapopi, het bedank en is deur die adjunk-president Gregory Madi vervang. Luciano Kambala, die sekretaris van finansies, is as die waarnemende adjunk-president aangewys tot die nasionale kongres vroeg volgende jaar nuwe leiers kies. Taapopi het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê het tree uit weens beide persoonlike […]

Read More

Ramaphosa sê elke Suid-Afrikaner moet voordele van infrastruktuur ervaar - October 7, 2021

President Cyril Ramaphosa sê elke Suid-Afrikaner moet die voordele van infrastruktuurbelegging en verbeterde bruto vastekapitaal-vorming ervaar. Hy het die Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling-simposium van Suid-Afrika by die Sandton-konferensiesentrum in Johannesburg toegespreek. Ramaphosa sê een van die nuwe voorposte van infrastruktuurontwikkeling is groen energie. Hy sê dit het die potensiaal om industrialisasie te bevorder en selfs ‘n nuwe […]

Read More

Namibië én Suid-Afrika wil middelpunt van herwinbare energie in Afrika word - October 7, 2021

Terwyl President Hage Geingob onlangs gesê het Namibië moet die middelpunt van herwinbare energie van Afrika word, het sy Suid-Afrikaanse eweknie, President Cyril Ramaphosa, gesê die spesiale ekonomiese sone vir groenwaterstof-uitvoer wat by Boegoebaai in die Noord-Kaap ontwikkel word, sal Suid-Afrika vestig as ‘n wêreldleier in groen waterstof. Sasol sal die belangrikste belegger wees. Ramaposa […]

Read More

Langerhans Apteek is ook nou ‘n Covid-inentingsentrum - October 7, 2021

Langerhans Apteek in Windhoek is ook nou ‘n Covid-inentingsentrum. Namibië vaar tans baie goed in die pandemie en het ‘n duidelik afname in positiewe Covid-gevalle en -sterftes. Die eienaar van Langerhans Apteek, Kim Dreyer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is verheug dat die gesondheidsministerie hulle as inentingsentrum goedgekeur het en die publiek kan […]

Read More