Namibiese rugby hou môre proewe - May 14, 2021

Die Namibiese Rugby Unie doen ‘n beroep op klubs regoor die land om spelers te nomineer en te stuur vir proewe wat môre in die hoofstad gehou word. Die unie wil spelers identifiseer om in die Rugby Afrikabeker van 26 Junie tot 4 Julie in Kenia deel te neem. Theo Groenewald, die waarnemende Hoof Uitvoerende […]

Read More

3rde vlaag is op pad – Mkhize - May 14, 2021

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die uitwerking van Covid-19 het die noodsaaklikheid beklemtoon om in die langtermyn veerkragtigheid en volhoubaarheid van gesondheidstelsels te belê, sodat sy departement beter op toekomstige gesondheidsnoodgevalle en -krisisse kan reageer. Hy het Gesondheid se begroting van 62,5 miljard Namibiese doller in die parlement voorgelê. Mkhize sê hy […]

Read More

Covid: reeds 60 in hoësorg - May 14, 2021

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 218 positiewe Covid-uitslae uit 1 579 toetsuitslae bevestig. Khomas het 73 in Windhoek, met Erongo op 42, Otjozondjupa met 17, Oshana 16, Hardap en Omusati 13 elk, Omaheke 11 en Ohangwena en Oshikoto op 9 elk. Die res is landwyd versprei. Twintig leerders, 7 studente, 9 gesondheidswerkers en 7 […]

Read More

Noa doen vandag aansoek om borg - May 14, 2021

Die borgaansoek van Dennis Noa, die leerlingdokter wat op klagte van sodomie in hegtenis geneem is, sal vandag in die Katutura Landdroshof aangehoor word. Die saak is op 14 April, tydens sy eerste verskyning tot vandag toe uitgestel omdat die Staat gesê het daar is nuwe verwikkelinge in die saak. Noa se regsverteenwoordigers het saamgestem […]

Read More

Namibiese skrywer wen Statebond-prys - May 13, 2021

‘n Namibiese skrywer is die Afrika-wenner van 2021 se Statebond Kortverhaal-prys. Rémy Ngamije wat in Rwanda gebore is, het die 2021 Statebond Kortverhaal-prys vir Afrika vir sy storie ‘Granddaughter of The Octopus’. Die 32-jarige skrywer en fotograaf het skrywers van Lesotho en verskeie Nigeriese skrywers geklop. Rémy deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Australië berei entstof voor vir 2022 se Covid-variante - May 13, 2021

Die Covid-entstof vervaardiger Moderna het ‘n ooreenkoms met Australië gesluit vir 25 miljoen dosisse, waarvan 10 miljoen later vanjaar gelewer sal word. Die oorblywende 15 miljoen sal versterkerdosisse vir nuwe variante wees wat volgende jaar gelewer sal word. Australië het tot dusver meer as 29 000 gevalle van Covid-19 aangeteken, met 910 sterftes. Die Minister […]

Read More

Amupanda wys raadslede aan vir 10 kiesafdelings - May 13, 2021

Windhoek se Burgemeester Dr. Job Amupanda, het raadslede vir plaaslike owerhede aan al 10 kiesafdeling van die Khomas-streek toegewys. Hulle sal saam met streeksraadslede in elke kiesafdeling tydens hul termyn saamwerk. Stad Windhoek se Woordvoerder Lydia Amutenya gee bevestiging aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Kaapstad verbaas oor DBV se bobbejaan beslissing - May 13, 2021

Die Stad Kaapstad sê hy is verbaas oor die Nasionale Dierebeskermingsvereniging se formele aankondiging om sy steun vir die gebruik van verfbal-merkers as ‘n manier om bobbejane uit die stedelike gebiede te hou, te ontrek. Die stad sê hy is nou in ‘n moeilike situasie en hy sal sy kontrak met die diensverskaffer wat die […]

Read More

Plaaslike bloubessie-produksie vorder baie goed - May 13, 2021

Die Suid-Afrikaanse bessie-organisasie Berries ZA sal na verwagting vanjaar 25 000 ton bloubessies uitvoer, wat 10 000 ton meer is as verlede seisoen. Die Europese Unie het die Verenigde Koninkryk verbygesteek as die grootste ontvanger van Suid-Afrikaanse bloubessies. Albert Basson die Beleggings Bestuurder by Königstein Capital in Windhoek, die plaaslike bloubessie produsent gesels met Kosmos […]

Read More

Merc, Red Bull geniet tweestryd - May 13, 2021

Toto Wolff van Mercedes en Christian Horner van Red Bull sê albei geniet vanjaar se tweestryd in die Formule Een-seisoen. Mercedes is tans 29 punte voor Red Bull op die vervaardigers-punteleer nadat hy tot dusver drie van die vier wedrenne gewen het. Wolff sê Red Bull bring die beste in sy span na vore en […]

Read More