
Grens-kwessie kort aandag – Netumbo - September 7, 2021
Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah sê daar is wel kwessies by land se grens met Botswana wat aangespreek moet word. Sy het aan die einde van verlede week ‘n besoek aan die gebied by die Chobe-rivier in die Zambezi-streek met haar eweknie in Botswana, dr. Lemogang Kwape afgelê. Die twee het met […]
Zuma-parool ‘n geleentheid vir opposisie - September 7, 2021
Die mediese parool van die voormalige president Jacob Zuma is een vonk minder in die kruitvat van die ANC se politiek. Dit is die mening van die politieke ontleder Daniel Silke. Die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat volg twee maande na hy as ‘n gevangene by die Estcourt korrektiewe sentrum in […]
Afrika se inentingsteiken – nog ver weg - September 7, 2021
Die Afrika Sentrum vir Siektebeheer sê die vasteland sal moontlik eers teen die einde van volgende jaar sy Covid-inentingsteikens kan bereik. Die sentrum se Afrika-direkteur, dr. John Nkengasong, sê die vasteland sal baie vinniger moet beweeg om sy inwoners burgers ingeënt te kry. Die teiken is om ten minste 60 persent van die vasteland se […]
Tante wat vermoedelik kleintjies mishandel moet gebied verlaat - September 7, 2021
‘n Vrou in die Onakahama-nedersetting in die Oshikoto-streek wat in hegtenis geneem is nadat sy glo twee seuns van onderskeidelik vyf en ses jaar oud se hande in ‘n vuur gebrand het, het in die Ondangwa-landdroshof verskyn. Die 26-jarige Hileni Simon is op waarskuwing vrygelaat en moet dadelik uit die Onankali-gebied trek waar sy die […]
MH17: families getuig - September 7, 2021
Die families van die 298 slagoffers van die Maleisiese Lugdiens se vlug MH-17 voer aan Rusland praat nie die waarheid oor sy rol in die afskiet van die vlug nie. Internasionale ondersoekers sê die vliegtuig is in 2014 oor die Oekraïne met ‘n missiel afgeskiet wat deur pro-Russiese rebelle afgevuur is. Die families het begin […]
Mailorder Bride Prices - September 7, 2021
When looking for a -mail order bride, you’ll have to consider a few factors, such as the country of origin as well as the cost of receiving a australian visa and airfare tickets. Additionally , you’ve got to pay for the wedding ceremony wedding and the relationship expert products and services. All of these factors […]
Erfenisweek-vieringe kry dié jaar N$300 000 - September 6, 2021
Die Nasionale Kunsteraad van Namibië sal die jaarlikse Erfenisweek met 300 000 Nambiese dollar borg, in vergelyking met die 140 000 Namibiese dollar in vorige jare. Die jaarlikse geleentheid het ten doel om Namibië se ryk en diverse erfenis te herdenk en te beskerm. Die raad se voorsitter, Patrick Sam, sê die Museumvereniging van Namibië […]
Khoisan-hoofman bemoedig inwoners om hul identiteit te omhels - September 6, 2021
Die Khoisan-gemeenskap van Gqeberha sê bende-bedrywighede in die noordelike gebiede kan toegeskryf word aan bendelede op soek na hul identiteit. Khoisan-verteenwoordigers het verlede week ‘n openbare inligtingsessie in Gelvandale in die Oos-Kaap gehou, met die fokus op inwoners se identiteit as die eerste inheemse mense. Die Khoisan-hoofman, Christian Martin, het inwoners in die noordelike gebiede […]
Spesiale stemme vir SA plaaslike verkiesing vanaf 20 September tot 4 Oktober - September 6, 2021
Die hoofverkiesingsbeampte in Suid-Afrika, Sy Mamabolo, sê aansoeke vir spesiale stemme vir die plaaslike regeringsverkiesing sal op 20 September open en op 4 Oktober sluit. Die gebruik van spesiale stemme is van groter belang tydens hierdie verkiesing sodat onnodige druk nie op stemlokale geplaas word op stemdag nie. Mamabolo sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie verseker burgers […]
Taro Kono gunsteling vir nuwe premier van Japan - September 6, 2021
Taro Kono, Japan se minister in bevel van die land se stryd teen die Covid-pandemie, is Japannese burgers se gunsteling om as premier te dien ná Yoshihide Suga Vrydag bedank het. Kono het al voorheen as minister van buitelandse sake en van verdediging gedien.