KZN-strande nou veilig na onluste chemiese risiko bring - September 24, 2021

Die UPL-pakhuis in KwaZulu-Natal het die uitslae bekendgemaak van ‘n chemiese ontleding van die strande en seewater in die gebied. ‘n Verslag wat die afgelope paar weke opgestel is, beveel aan al die strande in die provinsie is veilig genoeg om heropen te word na die brandstigting tydens die onluste in Julie. Volgens die verslag […]

Read More

Vier plaaswerkers wat vermoedelik stroper vermoor, bly in aanhouding - September 24, 2021

Die vier plaaswerkers van die plaas Doringlaagte in die Otjiwarongo-distrik wat van moord en poging tot moord op vermeende stropers aangekla is, is borgtog in die landdroshof geweier. Die vier plaaswerkers, die 30-jarige Likius Jackson, die 24-jarige Tjakaranai Tjambiru, die 31-jarige Jacob Angula, en die 54-jarige Joseph Ipuleni Sheya, het voor landdros Karel Muyeghu verskyn […]

Read More

Vergadering oor uraan ontginning by Leonardville - September 24, 2021

‘n Vergadering oor die omgewingsimpakstudie van die Russiese maatskappy Uranium One, wat deel vorm van die Russiese staatsbeheerde energie reus Rosatom, en onder die plaaslike vaandel van Headspring Investments, uraan by Leonardville wil ontgin, vind op Dinsdag 28 September om nege-uur die oggend in die Leonardville Boereverenigingsaal plaas. Boere in die omgewing, asook van Dordabis, […]

Read More

Bende misdadigers, polisie skiet op mekaar, een verdagte gewond - September 23, 2021

‘n Heen-en-weer skietery het vanmiddag op die hoek van Moses Garoëb en Visarendstraat in die hoofstad tussen ‘n bende misdadigers en die Namibiese polisie uitgebreek. Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die geharde misdadigers was in ‘n botsing met ‘n polisievoertuig en ‘n skietery het ontstaan. Een verdagte is […]

Read More

Namibiese landbouminister maan oor bek-en-klouseer-gevare - September 23, 2021

Die Namibiese landbouminister, Calle Schlettwein het vanmiddag in die Nasionale Vergadering bevestig die entstowwe van die nuwe variant van bek-en-klouseer sal nou na die Zambezi-streek versprei word. Hy het ‘n beroep op goewerneurs van die noordelike streke gedoen om inwoners te maan om nie onwettig beeste oorgrens te beweeg nie, want dit sal die ekonomie […]

Read More

SA Reserwebank se president betreur uitwerking van onluste - September 23, 2021

In Suid-Afrika het die Reserwebank se president, Lesetja Kganyago, aangekondig die terugkoopkoers bly onveranderd op 3,5 persent. Die bank het koerse verlede jaar verlaag in ‘n poging om ekonomiese herstel te steun te midde van die voortslepende pandemie. Kganyago het ook bekend gemaak dat die bruto binnelandse produk na verwagting in 2022 met 1,7 persent […]

Read More

Geingob herhaal kommer oor Covid-entsof-apartheid by VN - September 23, 2021

Namibiese President Hage Geingob het vandag by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York weer sy ontevredenheid oor die Covid-19 se entstof-apartheid uitgespreek. Hy het gesê die pandemie het armer lande erger geraak, want hulle het hoë skuldvlakke en geen toegang tot finansies nie. Geingob het gesê Namibië het ten doel om innoverende […]

Read More

Namibiese President vra Joe Biden om sanksies teen Kuba te laat vaar - September 23, 2021

Namibiese President Hage Geingob het vandag by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York ‘n beroep op die Amerikaanse President, Joe Biden, gedoen om sanksies teen Kuba te laat vaar. Geingob het aan Biden, wat noue bande met die voormalige Amerikaanse President Barack Obama het, gevra om weer die gees van vrede en […]

Read More

Boere in Noordweste moet voorberei op moontlike droogte - September 23, 2021

‘n Namibiese landboukenner het gereageer op die Namibië Metereologiese Diens se reënvalvooruitsigte vir 2021-2022. Die meeste dele van die land sal waarskynlik normale tot bo-normale reënval ontvang, maar vir Oktober, November en Desember kan die suidwestelike dele onder-normale tot normale reënval verwag word. Groot kommer heers oor die Noordweste wat waarskynlik normale tot onder-normale reënval […]

Read More

Groen seeskilpad met drie pote by Paternoster gered - September 23, 2021

’n Groen seeskilpad met net drie pote is onlangs by Paternoster gered en sterk by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad aan. Die skilpad, wat reeds sy linkervoorpoot verloor het, is op 25 Julie gered en het erge infeksie in sy ander voorpoot gehad. Renée Leeuwner, woordvoerder van die akwarium se opvoedingstigting, sê Geri, soos die […]

Read More