Standard Bank help om hokkie te ontwikkel - September 8, 2021

Die Namibiese sportministerie het ‘n junior hokkie-inisiatief ter waarde van N$1,5 miljoen Namibiese dollar van stapel gestuur. Dit het ten doel om hokkie aan al 14 die streke bekend te stel om 2 080 leerders in 104 skole in die volgende drie jaar te bereik, asook 208 afrigters en 92 skeidsregters op te lei. Altesaam […]

Read More

Verpligte inentings steeds in die nuus - September 8, 2021

Verpligte inentings by die werksplek word al hoe meer bespreek. In die Namibiese verband is daar wel ‘n regsdilemma soos die plaaslike arbeidskenner Herbert Jauch dit uiteensit. In Suid Afrika het professor Paul Smit, ‘n kenner in arbeidsbetrekkinge by die Noordwes-universiteit se fakulteit vir ekonomiese en bestuurswetenskap die situasie so verduidelik…

Read More

EU moet meer doen oor digitale oorgang - September 8, 2021

Die Europese Unie moet baie meer doen om sy ekonomieë en gemeenskappe te help met hulle digitale oorgang. Dit is die mening van die uitvoerende adjunk-president van die Europese Kommissie, Valdis Dombrovskis. Hy sê die Covid-19-pandemie het die digitale oorgang versnel want meer mense gebruik digitale tegnologie in hulle daaglikse aktiwiteite. Dombrovskis het by die […]

Read More

Een SA-burger dood in Indonesiese gevangenis - September 8, 2021

Een-en-veertig gevangenes is dood nadat ‘n brand Woensdagoggend vroeg in ‘n oorvol gedeelte van die Tangerang-gevangenis in Indonesië uitgebreek het. ‘n Suid-Afrikaner en ‘n Portugese burger tel onder die sterfgevalle. Yasonna Laoly, Indonesiese minister van Justisie en Menseregte, sê Tangerang se Blok C was oorvol. Die blok is gebou om 38 te huisves, maar ten […]

Read More

Drank: algehele verbod meer doeltreffend as gedeeltelike verbod - September 8, 2021

‘n Studie van die Universiteite van Kaapstad en Stellenbosch wys ‘n algehele verbod op alkohol is doeltreffender om traumagevalle te verminder as bloot ‘n gedeeltelike verbod. Volgens die navorsing was daar ‘n daling van 18,7 persent in traumagevalle toe die volledige verbod toegepas is. Dis waarskynlik as gevolg van inperking op vlakke 4 en 5 […]

Read More

Finansiering op grond van omgewingsbeskerming goed vir Nam - September 8, 2021

Die Afrika Ontwikkelingsbank sal voortaan die finansiering van ontwikkelingsinfrastruktuur alleenlik beskikbaar stel op voorwaarde dat natuurlike hulpbronne beskerm word. Die bronne sluit grond, visserye en woude in. Die nuwe meganisme word môre deur die bank bekend gestel. Die plaaslike ekonoom van Cirrus in die hoofstad Robert McGregor sê die tipe finansiering sal voordelig wees vir […]

Read More

Net 72% van staatsentiteite kom verkryging na - September 8, 2021

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing hou op die oomblik sy perskonferensie oor verkryging in Namibië. Verkryging, veral in die regering, is tradisioneel ‘n bron van korrupsie. Volgens die instituut het 72 persent van openbare entiteite in die afgelope finansiële jaar die wetgewing in die verband nagekom. Frederico Links van die instituut…

Read More

Britney se pa wil uit, vra hof om haar weer in beheer te sit - September 8, 2021

Britney Spears se pa Jamie het ‘n aansoek by ‘n Los Angeles-hof ingedien om sy voogdyskap van haar sake te beëindig. Britney het reeds in Junie die hof gevra dat haar pa verwyder moet word omdat hy sy posisie misbruik. Sy het bygevoeg dit kom neer op mishandeling. Jamie is sedert Britney se openbare ineenstorting […]

Read More

Onteieningwetgewing word in SA nou beplan - September 8, 2021

Die Parlementêre ad hoc-komitee wat wetgewing moet instel om Artikel 25 van die Grondwet te wysig, sal vandag vergader. Die komitee sal ‘n voorlopige verslag oor die Agtiende Konsep Grondwet-wysigingswetsontwerp oorweeg, wat die onteiening van grond sonder vergoeding in die Grondwet sal insluit. President Cyril Ramaphosa het beklemtoon die regering probeer om grondbesit te herstel […]

Read More

Kommer oor groot dele van die wêreld wat nie geënt is nie - September 8, 2021

Die Wêreldbank sê dit is uiters kommerwekkend dat ‘n groot dele van die wêreld nog steeds nie teen Covid-19 ingeënt is nie. Bykans 4 miljard dosisse is reeds wêreldwyd toegedien. Maar lande met ‘n lae-inkomste kon weens ‘n gebrek aan voorraad nog net 1,5 dosisse vir elke 100 mense toedien. Mamta Murthi van die Wêreldbank […]

Read More