
Zimbabwe verplig staatsdienswerkers en onderwysers om ingeënt te word - September 8, 2021
Zimbabwe se regering verplig staatsdienswerkers en onderwysers om teen Covid-19 ingeënt te word. Die regering sê dié wat nie die inenting wil hê nie, kan bedank, berig internasionale media. Inentings is reeds verpligtend as jy studeer, gimnasium toe wil gaan, uiteet of handel dryf by markte.
Suid-Afrika hou op 1 November verkiesing - September 8, 2021
Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het aangekondig Suid-Afrikaners gaan op Maandag, 1 November, in die plaaslike regeringsverkiesing stem. Sy het die jongste inligting oor die planne vir die verkiesing bekendgemaak. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie gaan op 18 en 19 September ‘n spesiale kieserregistrasie-naweek hou. Die minister sê die verkiesingsdatum sal op […]
Nie talle tienerswangerskappe onder Namibuise private leerders aangemeld - September 8, 2021
Die Privaatskole-vereniging van Namibië het gereageer op ‘n holistiese benadering wat nodig is om tienerswangerskappe in Suid-Afrika te verminder. Volgens die Suid-Afrikaanse departement van onderwys keer 33 persent meisies nie terug skool toe nadat hulle swanger word nie en sal waarskynlik talle swangerskappe hê. Colette Rieckert van die Privaatskole-vereniging van Namibië, het aan Kosmos 94.1 […]
Namibiese Werkgewersfederasie sê onderhandeling oor minimum loon is moeilik weens swak ekonomie - September 8, 2021
Die Namibiese Werkgewersfederasie het gereageer op die Lone-kommissie wat tans vergaderings hou om ‘n minimum loon vas te stel. Vakbondverteenwoordigers het aangedui werkers in die vissery-, toerisme- en handelsektore sukkel om werk te kry. Kommer is ook uitgespreek oor die vissery- en mynbousektore wat groot bydraers van die BBP is, maar werkers verdien lae salarisse. […]
Affirmative Repositioning sê Chinese ambassade dreig hulle - September 8, 2021
Affirmative Repositioning se woordvoerder, Simon Amunime, het gesê die Chinese ambassade het hulle op hul selfone gebel en hulle veroordeel omdat hulle ‘n arbeidsdispuut met ‘n Chinese maatskappy probeer uitsorteer het. Amunime veroordeel die Namibiese polisie wat hul selfoonnommers aan die Chinese ambassade gegee het. Hy het gesê selfs die polisie is deur die Chinese […]
MultiChoice se Talentfabriek lei jong filmmakers op - September 8, 2021
MultiChoice Africa is verheug om die volgende geslag passievolle jong filmmakers by die MultiChoice Talentfabriek Akademies in Nairobi, Lagos en Lusaka te verwelkom as deel van die klas van 2022. Na ‘n keuringsproses van ses weke in 13 Afrika-lande, gaan 60 aspirant filmmakers wat Suider-Afrika, Wes-Afrika en Oos-Afrika in Oktober vanjaar begin met hul opleidingsprogram […]
Internasionale Geletterdheidsdag vandag herdenk - September 8, 2021
Vandag is Internasionale Geletterdheidsdag en vanjaar se tema is Geletterdheid vir Mens-gesentreerde herstel: om die digitale kloof te vernou. Die besturende direkteur van Optimi Workplace, Jackie Carroll, sê die skepping van veerkragtige en volhoubare ekonomieë hang daarvan af dat digitale verdeling oorkom word. Sy sê die proses behels die aanbring van infrastruktuur in afgeleë en landelike gemeenskappe, […]
Suid-Afrikaners stem op 1 November - September 8, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van samewerkende regering en tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het aangekondig Suid-Afrikaners gaan op Maandag, 1 November, in die plaaslike regeringsverkiesing stem. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie gaan die 18de en 19de van die maand ‘n spesiale kieserregistrasie-naweek hou. Die minister sê die verkiesingsdatum sal op 20 September in die Staatskoerant gepubliseer word.
Selfmoord: 745 slagoffers tussen Januarie 2020 en Junie 2021 - September 8, 2021
Ten minste 745 mense in Namibië het hul eie lewens tussen Januarie 2020 en Junie 2021 geneem, terwyl , 1 172 mense probeer het om in dié tydperk selfmoord te pleeg. Altesaam 609 mans het selfmoord gepleeg en 35 is kinders onder die ouderdom van 18 jaar. Dit is volgens statistieke van die gesondheidsministerie in samewerking met die Namibiese […]
Stad Tshwana installeer vooruitbetaal-meters vir elektristeit - September 8, 2021
Die Stad Tshwane sê hy maak goeie vordering met die vervanging van gewone elektrisiteitsmeters met nuwe vooruitbetaal-meters. Volgens Tshwane se waarnemende hoof van personeel, Jordan Griffith, beplan die stad om vanjaar 25 000 nuwe vooruitbetaal-meters in te sit. Griffith sê die meeste eiendomme in die stad koop reeds elektrisiteit op hierdie manier.