
Volksmoord: kwessies moet erken word - September 23, 2021
Die Affirmative Repositioning Movement is van mening die Ovaherero-Nama volksmoord is belangrik en fundamenteel vir Namibiërs. Die beweging meen die Namibiese regering moet die volksmoord erken en herdenk. Simon Amunime, die woordvoerder van die beweging sê diegene wat nie deur die volksmoord geraak is nie, moet die direk-geraakte groepe respekteer en nie aan hulle voorskryf […]
N$5 960 vir brandstof is nie genoeg vir Walvis na Outapi en terug nie… - September 23, 2021
Streeksraadslede in Namibië het hulle sterk uitgespreek teen hulle huidige vergoeding by ‘n vergadering van openbare amptenare. Volgens plaaslike berigte sê die IPC se raadslid vir die Walvisbaai landelike kiesafdeling Florian Tegako, dat 5 960 Namibiese dollar vir brandstof van Walvis tot in Outapi en terug nie genoeg is nie. Die afstand tussen die twee […]
All Blacks-span aangepas vir Saterdag - September 23, 2021
Die Nieu-Seelandse afrigter, Ian Forster, het ‘n sterk span gekies wat Saterdag in die geskiedkundige 100ste toets teen die Springbokke in Townsville speel. Daar is agt veranderinge aan die beginspan wat verlede naweek teen Argentinië in die Rugbykampioenskap op die veld gedraf het. Sommige van die veranderinge sluit in die herroeping van Beauden Barrett op […]
VSA skenk weer 500 miljoen Pfizer-dossise - September 23, 2021
President Biden het by die Covid-19-Wêreldspitsberaad aangekondig dat Amerika nog 500 miljoen dosisse van die Pfizer-entstof aan lae- en middel-inkomste lande oral in die wêreld gaan skenk. Dit volg nadat hy in Junie aangekondig het Amerika gaan deur middel van Covax ‘n half-miljard Pfizer-entstof aan 92 lae- en middel-inkomste-lande en die Afrika-Unie verskaf:
Boris is verbaas oor Franse woede oor Aukus - September 23, 2021
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê die meeste mense is ietwat verbaas oor hoe sterk Frankryk op die Aukus-ooreenkoms gereageer het. Die ooreenkoms is tussen die VSA, Australië en Brittanje, en vorm ‘n driesydige veiligheidsverdrag om kernaangedrewe duikbote te ontwikkel en ontplooi. Frankryk het in reaksie sy ambassadeurs in die VSA en Australië onttrek. […]
Inklusiewe groei onder die loep in Kaapstad - September 23, 2021
Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomitee het die Inklusiewe Ekonomiese Groeistrategie goedgekeur. Dié strategie is deur ‘n lid van die burgemeesterskomitee, James Vos, voorgelê en het ten doel om geleenthede meer toeganklik en inklusief te maak. Vos sê die plan het verskeie stappe, en is daarop gemik om lastige administratiewe rompslomp wat kleinsakeondernemings pootjie, uit te […]
SAOG-streek het hoogste werkloosheid - September 23, 2021
Die Suid-Afrikaanse ekonoom, Mike Schussler, het navorsing op sy Twitter-profiel gedeel wat gebaseer is op die huidige top-20 werkloosheidskoerse in die wêreld. Die SAOG-streek het die meeste lande met ‘n hoe werkloosheidsyfer in die top-20-lys wat Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe insluit. John Robertson, ‘n senior ekonoom van Zimbabwe, deel sy reaksie in hierdie verband.
UCT sê jy moet ingeënt wees, hof sê Unisa moet Afrikaanse onderrig aanbied - September 23, 2021
Die Senaat van die Universiteit van Kaapstad het ten gunste van ‘n voorgestelde beleid oor verpligte Covid-19-inentings gestem. ‘n Totaal van 183 het ten gunste van die voorstel gestem, met 32 daarteen en vyf wat buite stemming gebly het. Die Senaat het ‘n aanbeveling aan die universiteitsraad gemaak om die mandaat op 1 Januarie volgende […]
Rundu waterkrisis: dis die inwoners se skuld - September 23, 2021
Die Rundu dorpsraad plaas die blaam vir die opskorting van waterlewering deur NamWater op die dorp se inwoners. Rundu is reeds drie dae sonder water. Ingevolge die jongste maatreëls wat deur NamWater ingestel is, moet die dorpsraad water vooraf betaal as gevolg van 124 miljoen dollar se skuld by die watervoorsiener. Volgens die woordvoerder van […]
Namibiese woude: 32% verloor in 20 jaar - September 23, 2021
Volgens Global Forest Watch het Namibië vanaf 2001 tot 2020 1,22 kilo-hektaar boombedekking verloor wat ‘n verlies van 32 persent sedert 2000 is, en daarmee saam ‘n toename aan 246 kilo-ton koolsuurgas. Die afkap van bome vir hout het ook daartoe bygedra. Dr. Chris Brown, ‘n ekoloog in Namibië, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibië […]