Botswana het Indiese variant - May 17, 2021

Botswana het pas aangekondig dat die Indiese Covid-19-variant in die buurland teenwoordig is. Kosmos 94.1 Nuus het aan Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië gevra hoe dit Namibiese toerismebedryf sal raak. Sy sê die ontdekking van nuwe variante is altyd ontstellend, maar daar moet verseker word dat alle Namibiërs ingeënt word.

Read More

Agt Covid-19-sterfgevalle - May 17, 2021

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 105 nuwe Covid-19-gevalle uit 845 toetsuitslae uit 12 streke aangemeld. In die groep is 14 leerders, 6 onderwysers en 4 gesondheidswerkers. Daar is tans 2 242 aktiewe gevalle met 215 wat gehospitaliseer is, waarvan 66 in ICU. Agt sterfgevalle is aangemeld.

Read More

Bulgare agter tralies oor dwelms - May 17, 2021

In die buurland is drie Bulgare in die Vredenburg-landdroshof aan die Weskus tot jare agter tralies gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan een van die grootste dwelmvondse ooit in Suid-Afrika. Byna eenduisend blokke kokaïen ter waarde van sowat 580 miljoen Namibiese dollar is in Maart op die vaartuig, Wind Ward, in Saldanha gevind. Die […]

Read More

Namibiese damme nog vol - May 17, 2021

Volgens die weeklikse damverslag van NamWater is Namibië se damme altesaam 86,5 persent vol. Windhoek se damme is 96,4 persent vol en vir die sentrale streek staan die kapasiteit op 87,5 persent. Die Suide se damme is ook propvol op 92 persent met die Neckartaldam en Nautedam wat meer as 100 persent vol is. Gobabis […]

Read More

Hai//om ontvrede met tradisionele hoof - May 17, 2021

Die Hai//om San-gemeenskap eis die verwydering van hul tradisionele hoof. Sowat 300 lede in die streke Kunene, Oshikoto, Otjozondjupa and Erongo hou vandag ‘n vreedsame protesoptog op Outjo. Die groep se Woordvoerder, Leon /Aib, het ‘n petisie aan die kiesafdelingkantoor oorhandig om dit aan die Ministerie van Stedelike en Landelike Ontwikkeling te gee. Die groep […]

Read More

Nuwe Covid-variante erger - May 17, 2021

Die Uitvoerende Direkteur in die Namibiese Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het gemaan dat die nuwe pandemievlaag en Covid-variante uit Suid-Afrika, Brittanje en Indië baie erger is. Hy het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om noukeurig Covid-maatreëls na te kom. Al hoe meer Covid-pasiënte word in die hospitaal opgeneem en in hoësorg […]

Read More

Rössing-marathon vanjaar virtueel - May 17, 2021

Die gewilde Rössing-marathon sal weens Covid-19 vanjaar virtueel op 21 Junie aangebied word. Die marathon word oor 42 km, 21 km en 10 km. Langasems het tot Vrydag, 21 Mei tyd om te registreer. Kaino Nghitongo, korporatiewe kommunikasie-adviseur van Rössing Uranium verduidelik.

Read More

Wes-Kaap wil vandag 4 000 mense inent - May 17, 2021

Met Suid Afrika wat vroeër vandag fase 2 van sy inentingsprogram afgeskop het, hoop die Wes-Kaap om teen die einde van vandag, ten minste vierduisend van sy inwoners teen die virus ingeënt te hê. Die Wes-Kaapse Premier, Alan Winde, het vroeër vandag die provinsiale gesondheidshoof, Dr. Keith Cloete en die LUR vir gesondheid, Dr. Nomafrench […]

Read More

Tigers-netbalklub bly bo - May 17, 2021

Die Tigers-netbalklub behou hul top-posisie in die 2021 MTC Netbal Premier-liga nadat hulle Saterdag met 48-38 teenoor die Namibiese vloot op Walvisbaai geseëvier het.

Read More

Gratis webinaar vir kuberveiligheid - May 17, 2021

Kuberveiligheid is ‘n uitdaging vir elke persoon of besigheid wat die internet gebruik. Die meeste maatskappye soek na ‘n praktiese manier om hul kuberveiligheid te verskerp. BDO bied ‘n gratis webinaar oor kuberveiligheid aan. Bemarking- en Komunikasiebestuurder van BDO, Nicole Dreyer, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die gevare van kuberkrakers.

Read More