
Ombudsman herdenk 30 jaar - May 18, 2021
Die Kantoor van die Ombudsman in Windhoek gaan vandag om 10-uur ‘n boekbekendstelling van die Ombudsman se 30ste herdenking aanbied. John Walters, die Namibiese Ombudsman gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Sosiale media onderbreek weens onrus - May 18, 2021
Facebook, WhatsApp en Instagram se dienste is gister in Ethiopië herstel, nadat dit vroeër die dag onderbreek is, sê NetBlocks, ‘n internet-moniteringsgroep. Die rede is onbekend, maar dit was al in die verlede volgens internasionale media weens politieke onrus onderbreek.
Gibeon ontvang bystand by Stad Windhoek - May 18, 2021
Die Voorsitter van die Dorpsraad op Gibeon, Sharon Bezuidenhout, sê hulle het uitgereik na Stad Windhoek om uitdagings op die nedersetting aan te spreek. Bezuidenhout het besoek afgelê by Windhoek se Adjunk Burgemeester Clemencia Hanases. Gibeon het sedert 2003 ‘n ooreenkoms met Windhoek en vra nou dat die hoofstad se leierskap die bepalings van die […]
Rekordgetal migrante-kinders stroom na VSA - May 17, 2021
Amerikaanse President Joe Biden se Perssekretaris Jen Psaki sê die kwessie oor die invloei van migrante-kinders na Amerika is verskriklik. In Maart het ‘n rekordgetal van byna 19 000 minderjarige kinders sonder toesig deur die suidelike grens na Amerikaanse fasiliteite gestroom.
SA opposisie bekommerd oor tweede fase inentings - May 17, 2021
Opposisiepartye in die buurland het hul kommer uitgespreek oor wat volgens hulle ‘n aanduiding is dat die regering nie ten volle voorbereid is op die tweede fase van die Covid-19-inentings nie. Burgers van 60 jaar en ouer het vandag begin om die entstof te ontvang, maar daar was verskeie tekortkominge, insluitend die Noord-Kaap wat slegs […]
ANC span swaargewig-regspan teen Ace in - May 17, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa en die ANC het ‘n swaargewig-regspan aangestel om Ace Magashule se dringende hofaansoek teen te staan. Hy wil sy tydelike skorsing as Sekretaris-Generaal van die ANC laat omkeer. Die top-6 het vandag die hofsaansoek bespreek, berig Suid-Afrikaanse media.
Gibeon steek kers op by Stad Windhoek - May 17, 2021
Die Voorsitter van die Gibeon Nedersettingsraad, Sharon Bezuidenhoudt, het by Stad Windhoek gaan hulp aanklop om die uitdagings van die nedersetting in die Suide te takel. Sy het volgens Namibiese media vandag ‘n welwillendheidsbesoek by die Adjunk-burgemeester, Clemencia Hanases, afgelê.
Patricia de Lille verheug wapenskandaalsaak skop af - May 17, 2021
Die buurland se wapenskandaal-verklikker en Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Patricia de Lille, sê sy is tevrede dat die korrupsiesaak teen Oudpresident Jacob Zuma en die Franse Wapenvervaardiger, Thales, na 22 jaar uiteindelik aan die gang sal kom. De Lille het in 1999 die fluitjie geblaas oor die multimiljard Namibiese dollar wapenskandaal en die […]
Job sê Rooilyn is diskriminasie - May 17, 2021
Die Burgemeester van Windhoek, Dr. Job Amupanda, sê hy het instruksie aan sy regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo gegee om op te tree nadat owerhede van die Departement van Veeartseny rou vleis wat hy by die Omuthiya-opemark gekoop het, by die Oshivelo-padblokkade gekonfiskeer het. Geen rou vleis wat Noord van die veterinêre kordonheining aangekoop word, kan Suid […]
Serena wen met skoon stelle - May 17, 2021
Serena Williams se voorbereiding vir die komende Franse Ope het goed afgeskop toe sy haar openingsronde-wedstryd by die WTA-toernooi in Parma, Italië in skoon stelle gewen het. Sy het Lisa Pigato met 6-3 en 6-2 geklop. Die 39-jarige Williams het onlangs in die tweede ronde van die Italiaanse Ope verloor en sê sy het genoeg […]