Indiese Covid-variant nog nie plaaslik bevestig nie - May 18, 2021

Die Indiese variant van Covid-19 is volgens die Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe nog nie in Namibië opgemerk nie maar ondersoeke is reeds aan die gang. Die nuus volg na Botswana bevestig het die variant is in die buurland bevestig. Die variant is volgens die jongste inligting nie meer dodelik nie, […]

Read More

Ligte sal af wees vanaand… - May 18, 2021

Eskom het beurtkrag vir die dag opgeskort danksy ‘n verhoogde lewering van elektrisiteit aan die netwerk. Tegniese spanne van die kragvoorsiener het die afgelope 24 uur sewe opwekkingseenhede weer aan die netwerk gekoppel na dit onklaar geraak het. Eskom se Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die kragvoorraad is egter nog nie voldoende om aan vanaand se […]

Read More

Verkrying vir Covid kan nie net vir swart besighede wees nie - May 18, 2021

Die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria sal vandag AfriForum se aansoek teen die Minister van Finansies, Tito Mboweni aanhoor. Die organisasie doen aansoek vir ‘n bevel dat die minister sy oordeel sal gebruik ten opsigte van Artikel 3 van die Wet op die Beleidsraamwerk vir Voorkeurverkryging. Ernst van Zyl van AfriForum sê dit is om alle […]

Read More

Napwu en NBC Donderdag in die hof - May 18, 2021

Daar word berig dat die Direkteur-Generaal van die NBC Stanley Similo al die eise van die openbare werkers vakbond Napwu, verwerp in sy beëdigde verklaring in antwoord op ‘n Hoërhof-eis wat deur die vakbond ingedien is. Die saak sal Donderdag aangehoor word. Similo sê die eise van die vakbond is ongegrond en het geen bewyse […]

Read More

Seibeb kom vandag voor parlementêre komitee voor - May 18, 2021

Die Nasionale Vergadering se Staande Komitee op Voordele het opdrag aan die Hoofsweep van die LPM-party Henny Seibeb gegee om vandag voor hom te verskyn. ‘n Verhoor word gehou in verband met die chaos na President Hage Geingob se Staatsrede op 15 April. Seibeb het ingevolge die reëls van die Huis nie veel van ‘n […]

Read More

0,3% van toegediende entstowwe is in arm lande - May 18, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die toename in Covid-19-gevalle het die wêreldwye Covid-19-entstofvoorraad in gevaar gestel. Slegs 0,3 persent van die Covid-19-entstofdosisse wat wêreldwyd toegedien word, is aan die 29 armste lande gegee, wat ongeveer 9 persent van die wêreldbevolking verteenwoordig. Die Direkteur-Generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê daar moet gesamentlik ambisieuse doelwitte gestel word […]

Read More

Nuwe Covid-tendens sluit aanlyn-inkopies in - May 18, 2021

Covid-19 het aanlyn-kruideniersinkopies in Suid-Afrika versnel. Voor die pandemie het baie mense geglo aanlyn-inkopies is ‘n luukse. Daarom het kleinhandelaars en verbruikers stadig aangepas en langtand begin deelneem aan hierdie manier van kruideniersware koop. Baie van die land se grootste kruidenierswinkels is nou aanlyn en jou kruideniersware kan met net ‘n paar klikke voor jou […]

Read More

Meer Namibiërs jaarliks honger - May 18, 2021

Die Verenigide Nasies sê ‘n verdere 20 miljoen mense regoor die wêreld sal vanjaar voedselhulp benodig teenoor die 135 miljoen wat verlede jaar, en steeds, bystand benodig. In Namibië is net minder as 20 persent van die bevolking, 441 000 mense, voedsel onseker. Behalwe vir klimaatskokke, het onderbrekings as gevolg van die Covid-pandemie bygedra tot […]

Read More

Kandjiriomuini sterf - May 18, 2021

Reckliff Kandjiriomuini, die Hoof van die Kommunikasie en Tegnologie Departement by Stad Windhoek is Maandag in ‘n hospitaal in die hoofstad oorlede. Die oorsaak is nog nie bekend nie. Kandjiriomuini het verlede jaar nie nuus gehaal toe hy in Augustus geskors by die munisipaliteit. Sy skorsing het gehandel oor die 5G Huawei skandaal waarin hy […]

Read More

Lone: Eskom bied 1,5% aan - May 18, 2021

Eskom het gister ‘n loonverhogingsaanbod van 1,5 persent by die Bedingingsforum ingedien, op voorwaarde dat die arbeidsverteenwoordigers wysigings aan sommige diensvoorwaardes aanvaar. Dit is ondanks die metaalwerkersvakbond, Numsa en die Nasionale Vakbond vir Mynwerkers wat ‘n salarisverhoging van 15 persent in die 2021-2022-boekjaar eis, terwyl Solidariteit ‘n jaarlikse verhoging van 9,5 persent oor ‘n aantal […]

Read More