
AB bly afgetree, nie beskikbaar nie - May 19, 2021
Krieket: Die Proteas se afrigter, Mark Boucher, is teleurgesteld maar respekteer AB de Villiers se besluit om nie sy uittrede om te keer nie. Daar is bespiegel dat die 37-jarige De Villiers homself beskikbaar sou stel vir die Twintig20-Wêreldbekertoernooi in Indië later vanjaar. Krieket Suid-Afrika het gister bevestig dat samesprekings afgehandel is en hy besluit […]
New York besig met strafregtelike ondersoek na Trump-organisasie - May 19, 2021
Die Kantoor van die Prokureur-Generaal in New York het bevestig dat ‘n strafregtelike ondersoek geopen is na oudpresident Donald Trump se maatskappy, die Trump Organisation. Prokureur-Generaal Letitia James is reeds twee jaar besig met ‘n siviele ondersoek om uit te vind of die Trump-organisasie die waardasie van bates opgeblaas het in die soeke na lenings […]
‘Afrika-leiers het net politieke kennis’ - May 19, 2021
Reaksie word ontvang op die aanmerking deur die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa wat sê ná twee dekades van ekonomiese hervorming is die vermoë van talle Afrika-lande beperk, om makro-ekonomiese beleidsrigtings vir volhoubare ekonomiese herstel te ondersteun. Die bekende Ekonoom in die buurland Dawie Roodt het sy mening so verwoord.
Duisende migrante kom in Spanje aan met laaggety - May 19, 2021
n Rekordgetal van minstens 6 000 Afrika-migrante het op een dag van Marokko na die Spaanse enklawe Ceuta beweeg. Volgens amptenare is daar sowat een-duisend-500 kinders onder die duisende wat óf rondom grensheinings geswem óf tydens laagwater oorgestap het. Honderde troepe en polisielede is ontplooi om die strand te patroleer en ongeveer 2 700 is […]
Indië sal eers weer entstof teen die einde van die jaar kan verskaf - May 19, 2021
Die Serum-instituut van Indië hoop om teen die einde van die jaar weer Covid-19-entstowwe na Covax en individuele lande te begin uitvoer. Die Instituut is die belangrikste verskaffer aan die Covax-program, en het die uitvoer van entstowwe gestaak nadat Indië deur ‘n tweede vlaag Covid-19 getref is. Die Instituut het reeds meer as 200 miljoen […]
Politieke wil is nodig om aggressie vanaf Israel te staak - May 19, 2021
Palestina se ambassadeur na die VN, Riyad Mansour, sê leiers regoor die wêreld moet die politieke wil hê om die Israelse aggressie teen Palestyne te staak. Meer as 60 000 mense het reeds gevlug en meer as 220 mense wat 100 vroue en kinders insluit, is dood sedert die geweld verlede week uitgebreek het.
Daar is steeds kommer oor Mosambiek - May 19, 2021
Die bloedige oorname verlede maand in Palma in noorde van Mosambiek se olieryke en natuurlike gasprojekte, het internasionale druk – en veral op streeksvlak – genoop om geweld vas te vat. Aanvalle deur terreurgroepe het stelselmatig sedert Oktober 2017 in die Cabo Delgado-provinsie verhoog. Namibië wat ‘n lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is, is steeds […]
Werkloosheid dwing duisende om aansoek te doen vir ‘n paar poste - May 19, 2021
Skokkende tonele waar duisende mense opdaag vir ‘n handvol poste raak algemeen regoor die land. Dit het weer aan die kus voorgekom toe meer as 1 500 mense na die landelike kiesafdeling kantore in Walvisbaai opgeruk het na 13 vakante poste geadverteer is. NamWater het geadverteer vir 11 arbeiders en 2 operateurs vir ‘n projek […]
Cunene Goewerneur sê Angolese moet terugkeer - May 19, 2021
Angolese owerhede het ‘n beroep op hulle landsburgers gedoen om terug te keer huis toe en in hulle tuisland bygestaan word. Die Cunene-provinsie se Goewerneur Gerdina Didadelwa het besoek afgelê aan ‘n groep Angolese vlugtelinge in die Ohangwena-streek. Volgens haar is die kwessie baie gekompliseerd en die uitdagings wat die gemeenskappe gevlug het bestaan steeds, […]
Co-Feed sê dankie - May 19, 2021
Co-Feed Namibia is ‘n inisiatief wat deur Namibiërs gelei word om mense in nood te ondersteun. Linda Baumann van Co-Feed het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en bedank al hul borge en vrywilligers wat ‘n helpende hand aan behoeftiges verleen.