
Geen verhoging vir staatsamptenare - May 19, 2021
Reaksie word ontvang op berigte dat daar geen verhoging vir staatsamptenare sal wees nie, ingevolge die bepalings van die 3,9 miljard Namibiese doller lening van die Internasionale Monetêre Fonds. Die fonds sê die Namibiese regering hiermee ooreengestem. Die Sekretaris-Generaal van Vakbond Kongres van Namibië, Mahongora Kavihuha het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus so verwoord.
Demi Lovato identifiseer as nie-binêr - May 19, 2021
Die Amerikaanse popster Demi Lovato het aangekondig dat sy as nie-binêr identifiseer. Dit beteken dat Lovato haarself nie onderwerp aan ‘n twee-geslagstelsel, oftewel, binêre geslagstelsel nie, maar eerder as geen geslag. Lovato se identiteit is hiervolgens nie manlik of vroulik nie. In ‘n verklaring sê Lovato dat daar voortaan na hulle in plaas van haar […]
Geen brandstof om mens-dier-konflik te takel - May 19, 2021
Nuusagentskappe berig dat dit Namibiese Ministerie van die Omgewing in April nie brandstof gehad het om te reageer op insidente van konflik met wilde diere nie. Selma Angolo van die ministerie het die aanmerking in die Kavango Wes-streek gemaak tydens ‘n vergadering met lede van die publiek. Gemeenskappe sê hulle gaan gebuk onder uitdagings met […]
Covid skort alle skole kontaksport op in SA - May 19, 2021
Alle kontaksport by Suid-Afrikaanse skole is met onmiddellike effek opgeskort. Die besluit is vandag deur die Raad van Onderwysministers tydens ‘n aanlyn vergadering geneem. Die raad is van mening kontaksport-gebeurtenisse lei tot ‘n spoedige toename in Covid-19-gevalle. Die Woordvoerder van Basiese Onderwys, Elijah Mhlanga, sê kuns- en kultuur-bedrywighede mag sonder toeskouers voortgaan, onderhewig aan die […]
Media kry opleiding in aanlynveiligheid - May 19, 2021
Op 27 en 28 Mei kan die Namibiese media opleiding in digitale regte en aanlynveiligheid vir joernaliste ontvang. Dit word saam met Wêreld Persvryheidsdag herdenk. Die opleiding is deur rolspelers in mediavryheid soos Internet Society Namibia Chapter, die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en die nuwe media vakbond Nampu gereël. Die opleiding is ontwerp […]
Twee SA plase het H5-voëlgriep - May 19, 2021
Voëlgriep is by vier pluimveeplase in die Wes-Kaap aangeteken. Volgens die provinsiale Departement van Landbou is die betrokke plase naby Worcester, Malmesbury en Hopefield geleë. By twee van die plase is die hoogs patogeniese H5-voëlgriep bevestig. Die departement se Woordvoerder, Daniel Johnson sê die verhouding tot die virusse wat in die noorde van die land […]
Sandton-skool verbied bespreking oor Gaza - May 19, 2021
‘n Skool in Sandton is skerp gekritiseer omdat hy alle besprekings in verband met die konflik tussen Israel en Palestina verbied het. Die skool het ‘n verklaring aan personeel en ouers gestuur en gesê die verbod het ten doel om konflik in die skool te voorkom. Die Redhill-skool het sedertdien onder skoot gekom met baie […]
Sheya sê korrupsie is gemeenskapsprobleme - May 19, 2021
Die Goewerneur van die Kunene-streek Marius Sheya sê die Namibiese regering het baie goed gevorder in die bekamping van korrupsie. Sheya het in Opuwo gepraat tydens ‘n werkswinkel oor die tweede teenkorrupsie strategie wat op die oomblik vir 2021 tot 2025 ontwikkel word. In sy mening is korrupsie nie ‘n probleem in die openbare sektor […]
SA Raad van Kerke moedig bejaardes aan om in te ent - May 19, 2021
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het mense bo 60 aangemoedig om voordeel te trek uit die regering se tweede fase van die Covid-19 inentings. Hierdie fase het Maandag begin en duisende burgers het reeds die inspuiting gekry. Die raad se hoofsekretaris, Biskop Malusi Mpumlwana, het kort na sy eie inenting gesê goeie gesondheid is ‘n […]
Vryhandel is baie goed, maar klein maatskappye moet beskerm word - May 19, 2021
Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Adjunkpresident Nangolo Mbumba dat die implementering van die Afrika Vryhandelooreenkoms 100 miljoen Afrikane teen 2035 uit armoede kan lig. Maar, volgens Pieter van Niekerk, die Voorsitter van die Team Namibia-raad, moet kleiner lande soos Namibië versigtig onderhandel omdat groter besighede kleiner maatskappye uit die mark uit kan kompeteer… […]