
Korrupsie ‘n doring in die vlees van die SAOG-streek - October 3, 2021
Die vlak van korrupsie en die impak op ekonomiese groei in die SAOG-streek is volgens kundiges ‘n groot uitdaging. Korrupsie lei tot mislukkings van regerings.‘n Voormalige Zimbabwiese kabinetsminister, Eddie Cross, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe erg korrupsie ‘n impak op die buurland se groei het.
Kommersiële banke onder die loep - October 3, 2021
Reaksie word ontvang op die jongste syfers van kommersiële banke, wat ‘n toename in onbetaalde lenings toon, en dus plaas banke op die oomblik die klem op inkomste wat nie op rente gebaseer is nie. Theo Klein, ‘n ekonoom by Simonis Storm in die hoofstad, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Britse leër help met brandstofkrisis - October 3, 2021
Die Britse leër gaan môre begin om petrol aan vulstasies in die land te lewer ná vrese oor ‘n tekort aan brandstoftenkwa-bestuuurders tot paniekaankope gelei het. Dit het die Britse regering gedwing om buitelandse bestuurders van visa’s kwyt te skeld om die tekort aan te vul. Motoriste het aan die begin van verlede week in […]
Amerika het die meeste Covid-sterftes ter wêreld - October 3, 2021
Syfers van die Johns Hopkins-universiteit toon sterftes in die VSA weens Covid-19 het die 700-duisend kerf verbygesteek. Nuusagentskappe sê dié wrede drempel volg te midde van ‘n gemiddelde van meer as ‘n duisend mense wat elke dag sterf, in ‘n land waar meer as 55-persent van die bevolking nou ten volle ingeënt is. Die VSA […]
Polisiehoof tevrede met stryd teen Covid-19 - October 3, 2021
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, is tevrede dat die manne en vroue in uniform, en die publiek, hard teen die Covid-pandemie veg soos hy dit stel.Namibië ervaar tans ‘n groot afname in positiewe -gevalle. Ndeitunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Verlaagde taxi-tariewe vir inentings teen Covid - October 3, 2021
En.. Die huurmotor app, Didi, in die buurland, bied huurritte teen verlaagde tariewe aan Suid-Afrikaners om hulle te laat inent as deel van die regering se Vooma-inentingsveldtog. Die Chinese huurmotor-toepassing is in Johannesburg, Tshwane, Kaapstad en Gqeberha in werking. President Cyril Ramaphosa het ‘n teiken van nog 16-miljoen inentings teen die middel van Desember gestel. […]
Name van kandidate vir die amp van hoofregter vir Suid-Afrika die week bekend - October 3, 2021
Die name van die kandidate wat vir die amp van hoofregter vir Suid-Afrika benoem is, gaan na verwagting vroeg die week op die buurland se Presidensie se webtuiste gepubliseer word. Die ampstermyn van hoofregter Mogoeng Mogoeng eindig op die 11de van die maand. Enige besware teen die benoemings moet nie later as 15 Oktober ingedien […]
Brande in die omgewing van Steinhausen onder beheer - October 3, 2021
Die veldbrande in die omgewing van Steinhausen is grootliks onder beheer. Vir die jongste oor die situasie sluit ons aan by Renda Grobbelaar van die plaas Morgan in die omgewing.
Die Springbokke is weer nommer een - October 3, 2021
Rugby: Die Springbokke se afrigter, Jacques Nienaber, sê hulle oorwinning van 31-29 teen Nieu-Zeeland in die eindwedstryd van die Kampioenskapsreeks van 2021 bied waardevolle momentum vir Suid-Afrika vir die toetswedstryde wat in November voorlê. Die All Blacks was reeds verseker van die Kampioenskapstitel ná hule oorwinning oor die Springbokke verlede naweek, maar met gister se […]
Nuwe pil bly in die nuus - October 3, 2021
Die medisynevervaardiger, Merck, se eksperimentele pil teen Covid-19 bly in die nuus. Dit verminder glo hospitaliserings en sterftes met die helfte. Dié ontwikkeling word beskou as ‘n moontlike groot stap vorentoe in die wêreldwye stryd teen die pandemie. Die maatskappy gaan binnekort gesondheidsowerhede in Amerika en oral in die wêreld versoek om die gebruik van […]