
Babas het 15-keer die hoeveelheid plastiek as volwassenes - October 4, 2021
Navorsing in die staat New York het bevind babas het 15-keer meer mikroplastiek in hulle liggame as volwassenes. Mikroplastiek is klein brokkies wat minder as vyf-millimeters groot is. Dit word in verskeie nywerhede gebruik, wat insluit kosmetiek, biotegnologie, waspoeier en medisynekapsules. Dit kan ook voorkom wanneer plastiekvoorwerpe afgebreek word soos wanneer aan ‘n fopspeen gekou […]
Tobie en kie oor vandag oor appèl - October 4, 2021
Uitspraak word vandag verwag in Tobie Aupindi en Antonio di Savino se appèlsaak teen hulle skuldigbevinding op ‘n klag van korrupsie. Regters Christie Liebenberg en Herman January sal om tien-uur na verwagting hulle beslissing bekend maak. Aupindi en Di Savino is aan die einde van 2018 skuldig bevind aan klagte van korrupsie nadat die laerhof […]
ActionSA sê sy naam is uitgelaat op ontwerp-stembriewe - October 4, 2021
ActionSA dreig met regstappe teen die Verkiesingskommissie nadat die party se naam weggelaat is uit die ontwerp-stembriewe vir die plaaslike regeringsverkiesing. Dit volg nadat die OVK die finale proewe van die stembriewe die naweek aan wyke in Gauteng voorgelê het tydens ‘n geleentheid om dit af te teken. Lerato Ngobeni van ActionSA sê slegs die […]
Wêreld-habitatdag word herdenk - October 4, 2021
Die VN Habitat sê die toekoms van die aarde hang af van alle relevante belanghebbendes se samewerking om volhoubare, koolstofneutrale en inklusiewe stede en dorpe te skep. Vandag is Internasionale Wêreld-habitat-dag. Die tema vir vanjaar is versnelde optrede in stede vir ‘n koolstofvrye wêreld. ‘n Lid van die burgemeesterskomitee vir die Omgewing en Landboubestuur in […]
Omaheke-goewerneur smeek inwoners om intenting te neem - October 4, 2021
Die goewerneur van die Omahake-streek Pijoo Nganate is steeds besig met inentingsveldtogte regoor die streek. Omaheke het volgens berigte die meeste vanvertroue in die Covid-entstof. Die streek het volgens die gesondheidsminsiter dr. Kalumbi Shangula die meeste ondersteuning vir ivermektien as behandeling vir Covid getoon. Die streek se sterftesyfer is drie keer hoër as die land […]
Trump bring hofaansoek om terug te kom op Twitter - October 4, 2021
Donald Trump het ‘n federale regter in Florida versoek om Twitter te beveel om sy Twitter-rekening weer te open. Die maatskappy het die voormalige Amerikaanse president se rekening gesluit en die risiko van geweldsopstoking as ‘n rede aangevoer. Trump voer aan die sosiale media maatskappy is deur lede van die Amerikaanse Kongres gedwing om sy […]
Olifantstropery sal toeneem wanneer Covid onder beheer is - October 4, 2021
Kenners in die onwettige handel van wildlewe en wildlewe produkte meen dat wanneer die wêreld die Covid-pandemie onder beheer kry, die stropery van olifante skerp sal toeneem as gevolg van tekorte aan ivoor in onwettige markte regoor die wêreld. Volgens Daniel Stiles, ‘n onafhanklike ondersoeker wat in onwettige handel van die produkte spesialiseer, het die […]
Pandora Papers ontbloot rykes, magtiges - October 4, 2021
‘n Wêreldwye ondersoek bekend as die Pandora Papers onthul hoe rykes en mense met politieke bande buitelandse ondernemings gebruik om belasting te ontduik en hul rykdom uit te brei. Die internasionale konsortium van ondersoekende joernaliste sê die dokumente openbaar die buitelandse bates van 35 huidige en voormalige leiers en meer as 300 regeringsamptenare van verskeie […]
Politieke kenner reageer op Geingob CC-uitlatings - October 4, 2021
Dr Hage Geingob, president van Swapo, het die naweek tydens die vergadering van Swapo se sentrale komitee gesê dat hy met teleurstelling opgemerk het dat sommige lede die vertroue in die party verloor en nie meer trots is om Swapo-kleure te dra of die party te verdedig as dit deur politieke teëstanders aangeval word nie. […]
Wes-Kaap dankbaar dat Britse rooilys heroorweeg word - October 4, 2021
Die LUR van Finansies en Ekonomiese Geleenthede in die Wes-Kaap, David Maynier, sê berigte dat die Britse regering Suid-Afrika waarskynlik dié week nog van sy rooilys gaan verwyder, is goeie nuus vir die toerisme- en gasvryheidsbedryf. Brittanje beplan om sy reisbeperkings te hersien. Maynier sê hulle het baie moeite gedoen om die saak met al […]