OVK: 12 400 kandidate sal in Wes-Kaap meeding - October 20, 2021

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie in die Wes-Kaap sê 12 400 kandidate sal in die komende plaaslike regeringsverkiesings om stemme in die provinsie meeding. Die OVK sê hy het ook daarin geslaag om alle groot struikelblokke uit die weg te ruim en sê hy is gereed om die 1ste November-verkiesing suksesvol aan te bied. Ons Kaapse korrespondent, […]

Read More

Studente, personeel van Universiteit van Kaapstad moet inent - October 20, 2021

Die Universiteit van Kaapstad se bestuur het aangekondig alle studente en personeel moet teen 1 Januarie teen Covid-19 ingeënt wees. Dit volg nadat die uitvoerende bestuur hul standpunt gedeel het oor die Universiteit se voorgestelde inentingsbeleid. Visekanselier, Mamokgethi Phakeng, sê die raad het in beginsel ‘n voorstel goedgekeur wat vereis personeellede en studente moet aanvaarbare […]

Read More

Etosha Nasionale Park kry nuwe elektrisiteitsmeters - October 20, 2021

Namibia Wildlife Resorts, NWR, en die omgewingsministerie het nuwe elektrisiteitsmeters in die Etosha Nasionale Park geïnstalleer. Die eerste fase van die elektriese werk is deur Cenored by Halali, Namutoni, Okaukuejo, Ombika en Lindequesthek in Augustus voltooi. NWR se Fransiska Nghitila, wat die projek gekoördineer het, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dieselfde sal later volg in […]

Read More

USAID skenk 70 beddens vir agt staatshospitale - October 20, 2021

Die Amerikaanse regering het 70 beddens ter waarde van 700 000 Namibiese dollar vir intensiewesorgeenhede aan die Namibiese gesondheidsministerie geskenk. Die beddens sal na agt staatshospitale versprei word in Katutura, Rundu, Oshakati, Onandjokwe, Gobabis, Walvisbaai, Swakopmund, en Katima Mulilo. Die beddens is deur die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, USAID, aangekoop deur die EQUIP Project, […]

Read More

DA: Distrik 6 se ontwikkeling sloer - October 20, 2021

Die DA in die Wes-Kaap sê hulle pogings om die nasionale departement uit te nooi om die Permanente Komitee vir Menslike Nedersettings en die Distrik 6-gemeenskap ingelig te hou oor vordering met die ontwikkeling van die gebied, is verskeie kere verwerp. Daar was ‘n vertraging van sewe maande in die Hanoverstraat-fase, waar 108 eenhede steeds […]

Read More

Oorstromings in Indië eis minstens 73 lewens - October 20, 2021

Minstens 73 mense het in Indië gesterf nadat rekordreën tot groot oorstromings gelei het. Altesaam 46 van die sterftes het in die noordelike deelstaat Uttarakhand plaasgevind, en 27 mense het in die suidelike deelstaat Kerala gesterf. Beeldmateriaal van die gebiede toon dorpe wat onder water is en brûe wat ineengestort het. Die oorstromings vind plaas […]

Read More

Zuma dien klag teen hoofaanklaer in - October 20, 2021

Die Jacob Zuma-stigting het aangekondig die oudpresident gaan môre by die polisie in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ‘n strafregtelike klagte indien teen advokaat Billy Downer. Hy is die hoofaanklaer in Zuma se korrupsiesaak. Zuma se regspan het vroeër aan die Hooggeregshof in die stad gesê Downer en die Nasionale Vervolgingsgesag het nie die regstitel om hom te […]

Read More

Meer as 1 000 perlemoen in Overberg gekonfiskeer - October 20, 2021

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het wetstoepassing-strukture in die Overbergstreek se verslae verwelkom. ‘n Woordvoerder, Wade Seale, sê die Overstrand-munisipaliteit se honde-eenheid en taakspan het drie vermeende stropers vasgetrek en daar is beslag gelê op meer as ‘n duisend perlemoen. Hulle het in ‘n aparte voorval ook twee sakke tik en kontant in […]

Read More

Adjunkpremier sê volksmoord moet met sensitiwiteit hanteer word - October 20, 2021

Die adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah het vandag aan die volksmoord-debat in die Nasionale Vergadering deelgeneem. Sy het gesê die kwessie van volksmoord is van nasionale belang, dit moenie verpolitiseer word nie en moet met die nodige sensitiwiteit hanteer word. Nandi-Ndaitwah het ook gesê die pyn wat Duitsland aan volksmoord-slagoffers berokken het, het ‘n impak op alle […]

Read More

Nampol sê dit is moeilik om sake van weggooibabas te ondersoek - October 20, 2021

Die Namibiese polisie het 71 onwettige aborsies tussen 2018 en 2021 vir die maande Januarie tot Augustus elke jaar ondersoek. Hulle het ook 124 gevalle van verberging van geboortes in die vier jaar ondersoek. Net in 2020 het die polisie 50 sake van die verberging van geboortes ondersoek. Generaal-majoor Anne-Marie Nainda het gesê om sake […]

Read More