
Amerikaners wil Wêreldbeker vir rugby aanbied - October 21, 2021
Die Verenigde State het formeel aangekondig hulle is bereid om in die toekoms Wêreldbeker-toernooie aan te bied. Die land se beheerliggaam het Wêreldrugby meegedeel dit kan ‘n keerpunt in die spel meebring. VSA Rugby het planne om die manstoernooi in 2027 of 2031 aan te bied, en die vroue-byeenkoms in 2029. Hulle wil die Nasionale […]
Skooluniforms: Dinapama skop plaaslike vervaardiging af - October 21, 2021
Die plaaslike klerevervaardiger Dinapama Manufacturing and Supplies het materiaal van Indië ontvang vir massaproduksie van skooluniforms. Dinapama se besturende direkteur David Namalenga sê die maatskappy kan nou oplossings verskaf aan Namibiese skole wat nie uniforms het nie. ‘n Projek om skooluniforms plaaslik te vervaardig is reeds ‘n geruime tyd deur die handelsministerie van stapel gestuur […]
Delta+ woeker in Brittanje - October 21, 2021
Die Britse minister van gesondheid, Sajid Javid, sê die aantal koronavirus-gevalle in die Verenigde Koninkryk kan in die wintermaande 100 000 per dag bereik. Dit volg na nóg 49 139 gevalle in die land gemeld is. Brittanje het nou vir agt agtereenvolgende dae meer as 40 000 gevalle per dag aangeteken. Nog 179 mense is […]
Calle vra vir belastingverligting vir boere - October 21, 2021
Die minister van landbou Calle Schlettwein, het die parlement gevra om aan boere grondbelastingverligting van 100 persent vir 2019-2020 toe te staan as gevolg van die pandemie. Geen grondbelastingbetalings is die afgelope vyf jaar gemaak nie, en boere word tans aangeslaan vir die boekjare van 2016 tot 2021. Die hoërhof het in 2019 die mees […]
Oorskot met Brian Laundrie se notaboek gevind - October 21, 2021
Ondersoekers in die VSA sê menslike oorskot is in ‘n Florida-bewaringsgebied gevind, tydens die soektog na Brian Laundrie, die oorlede blogger, Gabby Petito se verloofde. Volgens die FBI is verskeie persoonlike items, wat ‘n rugsak en notaboek inslui, van Laundrie by die oorskot gevind. Laundrie word meer as ‘n maand vermis na hy sonder Petito […]
Geingob wens Eagles geluk, Wiese soek ‘n ysbad - October 21, 2021
President Hage Geingob het die Namibiese krieketspan, die Eagles, met hul eerste sege in die T20 Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd in Abu Dhabi teen Nederland geluk gewens. Die Eagles het verras deur die Nederlanders te verslaan en het steeds ‘n kans om die hooftoernooi in die Verenigde Arabiese Emirate en Oman te haal. Die Eagles speel Vrydag teen […]
Groot planne vir Rehoboth - October 21, 2021
Ontwikkeling kom vir Rehoboth met planne om ‘n kliniek, polisiekantoor en gemeenskapsentrum vir die Rehoboth stedelike wes-kiesafdeling te bou. Dit is deur hul raadslid Harold Kambrude aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Hy sê 6 000 hektaar grond is van die Rehoboth-dorpsraad ontvang en hy moedig inwoners van sy kiesafdeling aan om saam te werk om […]
Swapo Jeugliga verwerp LGBTQ-regte - October 21, 2021
Die Swapo Party Jeugliga se sekretaris-generaal Ephraim Nekongo sê hulle ondersteun nie die LGBTQ-gemeenskap nie en het beter dinge waarop hulle fokus. In Mei vanjaar het die Namibia Equal Rights Movement geëis dat die regte van die LGBTQ-gemeenskap beskerm word en Nekongo moet bedank, maar niks het verder gebeur nie. Nekongo sê hulle ondersteun steeds […]
Skoolskieter pleit skuldig - October 21, 2021
Die 23-jarige Nikolas Cruz het skuldig gepleit op klagte dat hy in Februarie 2018 altesaam 17 mense by die Marjory Stoneman Douglas High School in Florida met ‘n AR15-aanvalsgeweer afgemaai het. ‘n Jurie sal beslis of hy die doodstraf vryspring of nie. Hy het in die hof ‘n tranerige om verskoning aan die ouers van […]
Ombudsman ondersteun wettiging van aborsie - October 20, 2021
Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha sê sy kantoor ondersteun die wettiging van aborsie, want dit sal goed vir vroue wees as deel van hul individuele menseregte om besluite te neem wat hul gesondheid en lewe betref. Dyakugha het sy kantoor se posisie oor die wettiging van aborsie aan die parlementêre staande komitee van geslagsgelykheid voorgelê. […]