Januarie se inflasie staan op 5,4%

Inflasiesyfers vir Januarie is bekend en het ingekom op 5,4 persent teenoor die 5,3 persent wat in Desember gemeet is en die 7 persent wat in Januarie 2023 aangeteken is. Inwoners van Khomas, bekend as Sone 2, het inflasie van 5,7 persent ervaar terwyl die noordelike streke, Sone 1, se inflasie op 5,5 persent gemeet […]

Read More

Wêreld word 1,52°C warmer verlede jaar

Die Europese Unie se Copernicus-diens vir Klimaatsverandering sê die wêreld het vir die eerste keer ooit ‘n styging van meer as 1,52 grade Celsius in een jaar ondervind – van verlede Februarie tot verlede maand. Dié maand was die derde agtereenvolgende warmste Januarie. Uiterste weersomstandighede het die afgelope tyd wêreldwyd voorgekom met ‘n vernietigende droogte […]

Read More

Ysland-vulkaan bars vir derde keer uit

Ysland se vulkaan in die suidweste van die land naby die vissersdorpie van Grindavik het vir die derde keer uitgebars. Volgens Rikke Pedersen hoof van die vulkaniese sentrum by die Universiteit van Ysland is dit redelik klein maar, het amper geen waarskuwing gegee nie.

Read More

Bafana plaas Suid-Afrikaanse sokker in die kollig

Bafana Bafana se veldtog vir kontinentale glorie het in die halfeindstryd van die Afrikabeker geëindig, toe hulle met strafdoele deur Nigerië geklop is. Die wedstryd het ná ekstra tyd een-elk geëindig, waarna die Nigeriese doelwagter, Stanley Nwabali, twee strafskoppe gekeer het en Nigerië deurgedring het na die eindstryd. Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê Bafana […]

Read More

Amushelelo sê regering is korrup, hy mag nie na SA reis nie

Omstrede NEFF-lid Michael Amushelelo sê op sy sosiale media platforms dat die korrupte Namibiese regering hom weier om na Suid-Afrika te reis vir die EFF se aankondiging van sy verkiesingsmanifes. Dit word die naweek in Durban deur Julius Malema bekend gestel. Amushelelo is toestemming geweier as gevolg van sy borgvoorwaardes in verband met sy geldwasserysaak. […]

Read More

Waar’s die burgemeester se ketting?

Die DA in Gauteng vra dat ondersoek ingestel word na die vermiste ketting van die Sedibeng-munisipaliteit se burgemeester, Lerato Maloka. Volgens ʼn beëdigde verklaring wat die party onder oë gehad het, het die ketting met ʼn waarde van 465 000 Suid-Afrikaanse rand, na die distriksrede in Junie verlede jaar geheimsinnig verdwyn. Kingsol Chabalala van die […]

Read More

Die wêreld beweeg in chaos in – Guterres

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die wêreld gaan ʼn tydperk van chaos binne met ʼn diep verdeelde VN-veiligheidsraad wat nie ernstige sake soos die Israel-Hamas-oorlog kan hanteer nie. Hy het sy prioriteite vir die jaar in die Algemene Vergadering bekend gemaak. Guterres sê in vandag se wêreld vol beroeringe verg dit ʼn […]

Read More

Moana 2 einde November vrygestel

Disney het aangekondig die opvolg van sy treffer-animasieblyspel, Moana, word op 27 November vrygestel. Die eerste fliek was ʼn reusesukses wat meer as 12,8-miljard Namibiese dollar by die loket verdien het. Auli’i Cravalho, wat in die 2016-weergawe Moana se stem was, sal waarskynlik weer die rol vervul in die animasie-opvolg. Disney se uitvoerende hoof, Bob […]

Read More

VF+ wil weet oor Mangaung se wanbesteding van R8,1m

Die Vryheidsfront Plus in die Vrystaat sê hy het die kantoor van die Openbare Beskermer gevra vir ‘n ondersoek na die Mangaung-metro se wanaanwending van 8,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat vir inligtingstegnologie-dienste bestem was. Die ouditeur-generaal het in die munisipaliteit se ouditverslag vir die 2022/2023 boekjaar kommer uitgespreek oor die betaling. Armand Cloete van die […]

Read More

Cyril moet daadwerklike stappe aankondig in staatsrede

Cosatu vra wesenlike maatreëls om die ekonomie te stimuleer, werk te skep en volgehoue maatskaplik-ekonomiese uitdagings aan te pak wanneer president Cyril Ramaphosa vanaand sy staatsrede lewer. Die vakbond doen ‘n beroep op die regering om progressiewe en tasbare doelwitte, hulpbronne, duidelike tydraamwerke en aanspreeklikheid vir doeltreffende lewering in te stel. Matthew Parks van Cosatu […]

Read More