Kaapse brand: Parlement se biblioteek is veilig - January 3, 2022

Altesaam 20 brandbestryders was vanoggend vroeg steeds op die toneel ná gister se brand by die Parlementsgebou in Kaapstad. Hulle gee aandag aan smeulende brandpunte op die vierde verdieping van die Nasionale Vergadering waar die brand weer opgevlam het. Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die Parlement se biblioteek is veilig, maar daar is moontlik […]

Read More

Vaaldam maak nog twee sluise oop - January 3, 2022

Die Vaaldam gaan nog een sluis vandag om tien-uur en ‘n tweede om elf-uur oopmaak. Die uitvloei uit die Vaaldam sal dan verhoog na sowat 600 kubieke meter per sekonde. Teen dié tempo beteken dit dat ‘n Olimpiese swembad elke vier sekondes by die sluise sal deurgaan.

Read More

Russian Brides Features - January 3, 2022

There are several numerous Russian brides features to choose from when looking for the best woman. You are able to sort through a variety of user profiles to find the right woman available for you. Some websites offer a cellular version to generate your browsing experience more convenient. Others apply credits to acquire presents to […]

Read More

Net meer as 19 500 nuwe Covid-gevalle in Desember aangemeld - January 2, 2022

Namibia Fact Check het ‘n ontleding van die plaaslike Covid-syfers vir Desember gedoen. Volgens die beskikbare syfers is 19 596 gevalle in Desember aangemeld met 1 671 herinfeksies. ‘n Totaal van 14 persent van die jaar se infeksies is gedurende die maand bevestig. Daar was ‘n daaglikse gemiddeld van 632 infeksies teenoor tien wat daagliks […]

Read More

Die Kaapse parlementsgeboue brand steeds - January 2, 2022

Die brand by die parlementsgebou in Kaapstad is nog nie onder beheer nie en woed steeds in die nuwe afdeling by die Nasionale Vergadering. Die vuur by die ou vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies is wel geblus. ‘n Alternatief vir President Cyril Ramaphosa se staatsrede sal gevind moet word maar die Speaker, Nosiviwe […]

Read More

SA se herroeping van Covid-aanpassings as gevolg van politieke druk - January 2, 2022

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging sê die terugtrekking van die Covid-19-riglyne is belaglik. Dit volg nadat die buurland se gesondheidsdepartement sy riglyne met betrekking tot kontak-nasporing, kwarantyn-vereistes en isolasie-maatreëls herroep het. Die voorsitter van Sama, Angelique Coetzee, sê sy glo daar was politieke druk op die departement om terug te keer na die vorige riglyne:

Read More

Voëlgriep teister Franse foie gras-bedryf - January 2, 2022

Frankryk het meer as 600 000 pluimvee weggemaak in ‘n dringende poging om die voëlgriep-virus te beheer. Die minister van landbou Senator Didier Guillaume het uitbrekings by 26 fabrieksplase in die suid-weste aangemeld en nog 15 gevalle in wilde voëls, en drie op plaaswerwe. Daar is groot kommer oor die foie gras-bedryf en verlede jaar, […]

Read More

GBV: daar is nie genoeg maatskaplike werkers nie - January 2, 2022

Vrywilligers wat saam met owerhede werk om geslagsgeweld te bekamp het hulle frustrasie uitgespreek oor die tekorte aan maatskaplike werkers in Namibië. Op die oomblik is daar 77 maatskaplike werkers wat in die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn werk. Die groep moet ‘n miljoen kinders onder die ouderdom van 18 dien, wat beteken daar is een maatskaplike […]

Read More

Jongste oor die brand by Kaapstadse parlementsgebou - January 2, 2022

Die brand by die Kaapstadse parlementsgebou is gedeeltelik onder beheer gebring in die ou vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies, maar woed nog in die Nasionale Vergadering. Dit is volgens die buurland se minister van openbare werke, Patricia de Lille wat ‘n kort tydjie gelede met media op die toneel gepraat het. Die brand […]

Read More

Tutu: Covid & ouderdom hou Dalai Lama tuis - January 2, 2022

Die rede waarom die Tibettaanse geestelike leier, die Dalai Lama, nie gister die begrafnis van Emeritus Aartsbiskop Desmond Tutu bygewoon het nie, is onthul. Die Lama se Suid-Afrikaanse verteenwoordiger, Ngodup Dorjee Shingchen, sê hy wou inderdaad die begrafnis bywoon, maar het daarteen besluit weens sy hoë ouderdom en die voortdurende risiko wat die Covid-19-pandemie inhou. […]

Read More