
Biko weet volgende Donderdag oor borg - January 19, 2022
Die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, sal volgende week Donderdag weet of sy tweede poging om borg suksesvol is of nie. Hy het aan landdros Leonard Mateus in die Okahandja-landdroshof gesê hy het konstante rugpyn en het ‘n operasie nodig wat nasorg benodig, en dus moet hy borg kry. Hy sê hy kry […]
Seevoël vrektes: Dis dalk voëlgriep - January 19, 2022
Die vrektes van kormorante en seeswaeltjies tussen Walvisbaai en Swakopmund, en die vrektes van ander voëlspesies by die guano-platform net noord van Walvis, wek kommer. Plaaslike media berig dat die Lüderitz Marine Research-groep ‘n waarskuwing uitgereik het dat lede van die publiek nie aan die diere raak nie omdat die vrektes moontlik deur voëlgriep veroorsaak […]
Noorde moet reën kry vir voedselsekerheid - January 19, 2022
Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê sy is bekommerd dat Namibië nie genoeg of betyds reën in die noordelike dele van die land gaan ontvang nie. Sy sê talle mense is afhanklik is van mahangu as hul bron van voedsel. Die meeste dele in die noorde het nog nie baie reën gekry nie. Kuugongelwa-Amadhila […]
Maree se saak gaan hoërhof toe - January 19, 2022
Die voormalige polisieman en vermeende pedofiel Johann Maree se saak is na die hoërhof toe oorgeplaas en hy sal weer op 9 Februarie verskyn. Die 50-jarige Maree is in 2020 in hegtenis geneem op 64 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat […]
Boris sê hy’t nie geweet partytjie was teen die reëls nie - January 19, 2022
Die Britse eerste minister Boris Johnson sê hy is nie ingelig dat die Downingstraat-tuinpartytjie tydens inperking teen die reëls was nie. Die senior staatsamptenaar, Sue Gray, gaan na verwagting ‘n verslag bekendstel oor byeenkomste in Downingstraat en regeringsdepartemente waar Covid-19-reëls na bewering oortree is. Terwyl sy bedanking geëis word, het Johnson die koningin om verskoning […]
Wil jy drank of dagga koop? Inenting asb. - January 19, 2022
Inwoners van die Kanadese provinsie Quebec sal moet ingeënt wees as hulle toegang tot drankwinkels en verskaffers van dagga wil kry. Die provinsiale gesondheidsminister Christian Dubé sê inentingsyfers is te laag en daarom die klem op verkope van drank en cannabis-produkte. Die wetgewing is reeds vanaf Dinsdag in werking. Hy het gewaarsku dat nog maatreëls […]
Nuwe-normaal by werksplekke het moonlike werker se toestemming nodig - January 19, 2022
Die pandemie het afstandwerk genormaliseer en om vanjaar terug te keer werk toe beteken nie noodwendig terug kantoor toe nie. Namate Covid-19-beperkings verlig word, wil baie werkgewers egter graag hê hul personeel moet weer op kantoor wees. Ondernemings oorweeg nuwe modelle in die werkplek en hersien hul inentingsbeleide. ‘n Kenner op die gebied van indiensnemingsreg […]
3 van Nampol vas oor korrupsie met buitelanders - January 19, 2022
Teenkorrupsie-kommissie het die leidende rol gespeel in die hegtenisname van drie polisiebeamptes nadat hulle glo probeer het om buitelandse burgers uit te buit. Konstabels Erastus Hashipala, Gilbert Oweseb en Pinehas Ikanda van die Wanaheda-polisiekantoor in die hoofstad, het op korrupsieklagte in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn. Hulle het glo omkoopgeld van tussen 1 000 tot […]
Vaaldam se sluise weer oop - January 19, 2022
Die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie het nog water uit die Vaaldam vrygelaat om watervlakke in die dam se opvangsgebied te verlaag. Inwoners van Bloemhof en Christiana het begin om hulle huise te ontruim uit vrese vir plaaslike oorstromings. Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê aanhoudende reën het watervlakke beduidend laat styg en […]
Mafe moet uit by Valkenburg - January 19, 2022
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Zandile Mafe wat vermoedelik die brand by die Parlement gestig het, se verwysing na die Valkenberg Psigiatriese Hospitaal tersyde gestel. Die 49-jarige het die Kaapstadse landdros Zamekile Mbalo se besluit om hom vir 30 dae waarneming te verwys, betwis. Dit het gevolg op ‘n verslag waarvolgens Mafe met paranoïese skisofrenie gediagnoseer […]