
Kunene ontvang ‘goeie’ reën, Hoanib loop - January 20, 2022
Die dorre Kunene-streek het goeie reën ontvang en volgens Caesar Zandberg, eienaar van Kowarib Lodge in die gebied, is die voorkoms van die reën wat broodnodig is, anders vanjaar. Die Hoanibrivier is ook in vloed. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
Air Nam-aanbod tot einde van die maand geldig - January 20, 2022
Die likwidateurs van Air Namibia Dave Bruni en Ian McClaren het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die aanbod, van 1,4 miljard Namibiese dollar deur die buurland se BDS-redery, op die tafel is tot 31 Januarie. Die aanbod is afwaarts aangepas van 3,2 miljard dollar wat verlede jaar aangebied is. Dit is nie bekend hoeveel […]
Bevindings oor alleen-opsluiting in tronke verwelkom - January 20, 2022
Die Detention Justice Forum in Suid-Afrika het die geregtelike inspektoraat vir Korrektiewe Dienste se bevindings oor praktyke by sommige Suid-Afrikaanse tronke wat op alleen-opsluiting neerkom, verwelkom. Volgens die verslag bring sommige gevangenes in afsondering daagliks 22 tot 23 uur deur sonder enige betekenisvolle menslike kontak, en dit duur soms vir maande. Die forum se woordvoerder, […]
Macron sê Europa moet moondheid word - January 20, 2022
Die Franse president, Emmanuel Macron, wil hê Europa moet in die toekoms ‘n moondheid word wat in staat sal wees om sy eie sekerheid te waarborg, terwyl Rusland op die vasteland se drumpel besig is met militêre optrede. Die 44-jarige leier het wetgewers in die Europese Parlement toegespreek en sy prioriteite uitgespel vir Frankryk se […]
51 gevangenes se appèlsake vandag in die hof - January 20, 2022
Die hofrol word vandag oorheers met appèlsake wat aangehoor moet word. Die adjunk-regterpresident Hosea Angula het 51 sake waar veroordeelde misdadigers reeds teen hulle vonnisse appelleer het en van die sake kom vlugtig vandag voor. Meeste van die aansoekers gebruik regshulp wat die staat moet befonds en talle slaag nie in hulle aansoeke nie. Intussen […]
Uerikua besoek Cenored-instellings by Tsumkwe, Gam - January 20, 2022
Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua, ondersoek van vandag af Cenored se infrastruktuur in Tsumkwe en Gam. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat die besoek veroorsaak.
Inheemse stam baklei hard in die Kaap teen Amazon - January 20, 2022
Die Stad Kaapstad gaan vandag voort om ‘n dringende aansoek aan te hoor om bouwerk by die beplande Amazon-hoofkwartier in Kaapstad te stop. Die stad het die River Club-ontwikkeling van 4,5-miljard Suid-Afrikaanse rand goedgekeur. Amazon se Afrika-hoofkwartier en ander groot sakeondernemings sal na verwagting op dié terrein van 15-hektaar gevestig word. ‘n Woordvoerder van die […]
Tonga-uitbarsting veroorsaak oliestorting in Peru - January 20, 2022
Peru se departement van buitelandse sake sê ‘n oliestorting by ‘n raffinadery in dié land is ‘n ekologiese ramp. Na wat berig word het meer as ses-duisend vate olie by die La Pampilla-raffinadery gelek nadat golwe weens Tonga se vulkaniese uitbarsting Saterdag ‘n olietenkskip getref het. Die departement sê die oliestorting het diere- en plantlewe […]
Ontvoering van 162 leerders in Noordwes, veroordeel - January 20, 2022
Die LUR vir Onderwys in Noordwes, Mmaphefo Matsemela, het die ontvoering van 162 leerders uit die Sekondêre Skool Tirelong skerp veroordeel. Die leerders is ten tyde van die voorval by die Boons Mega-plaasskool gehuisves. ‘n Groep onder die invloed van drank het in vier voertuie by die skool opgedaag en voorgegee hulle is ouers. Toe […]
Rory brand om op die baan te kom - January 20, 2022
Die wêreld se voormalige nommer een-speler, Rory McIlroy, sê hy is opnuut gemotiveerd sedert verlede jaar se Ryder-beker en sien uit na ‘n goeie seisoen. Mcllroy van Noord-Ierland speel vandeesweek teen van die wêreld se voorste spelers in die Abu Dhabi-kampioenskap. Hy sê daar is sekere aspekte van die spel wat die 15-malige major-wenner, Tiger […]