SA se 2020 Algemene Huishoudelike Opname wys pandemie het grootste impak op kinders - December 3, 2021

In die buurland dui die 2020 Algemene Huishoudelike Opname aan die voortslepende Covid-pandemie raak meestal kinders in Suid-Afrika. Die opname, wat deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het bevind die virus het ‘n merkbare uitwerking op die aard van versorging vir kinders jonger as vier jaar. Stats SA se woordvoerder, Felicity Sithole, sê die persentasie kinders […]

Read More

Namibiese Privaatskole-vereniging: Graad 11’s wil eksamens nou voltooi - December 3, 2021

Die Namibiese Privaatskole-vereniging het ‘n brief aan die onderwysministerie gerig oor die uitlek van vraestelle wat gelei het daartoe dat sekere vraestelle van gewone vlak eksamens van graad 11’s en 12’s volgende jaar herskryf moet word. In die brief van die voorsitter, Colette Rieckert, is verskeie voorstelle aan die onderwysministerie gemaak. Die vereniging meen dit […]

Read More

SA dok miljoene op weens geslagsgeweld - December 3, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het onthul die land dok miljoene op weens geslagsgeweld. Sy het tydens die Nasionale Vergadering se debat oor 16 dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders gepraat. Zulu het die regering se strategiese plan oor geslagsgeweld en vrouemoord uiteengesit en sê gesamentlik kan daar baie […]

Read More

Verenigde Rubykampioenskap sonder Europese mededingers - December 3, 2021

Rugby: Die Verenigde Rugbykampioenskap keer die naweek terug na Suid-Afrikaanse bodem, maar sonder Europese mededingers soos vroeër beplan. Organiseerders moes plaaslike wedstryde aanskuif nadat oorsese spanne huis toe gestuur is toe die reisverbod verlede week weer ingestel is. Die Sharks se afrigter, Sean Everitt, het ses Springbokke wat pas uit die buiteland teruggekeer het by sy span ingesluit vir vanaand se kragmeting […]

Read More

SA speaker van NV neem kennis van Appèlhof-uitspraak oor geheime stembrief - December 3, 2021

Die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het kennis geneem van die Appèlhof se uitspraak in die African Transformation Movement-saak. Die hof het beslis die ATM se versoek vir ‘n geheime stembrief in die mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa, moet na die speaker terugverwys word vir heroorweging. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê […]

Read More

WGO stuur span na Gauteng - December 3, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie stuur ‘n span na Gauteng om te help met waarneming en kontak-opsporing. Die provinsie is die middelpunt van die nuwe Covid-19 Omikron-variant se uitbreking en loop voor in die vierde vlaag wat deur dié variant gedryf word. Ghana en Nigerië is die jongste Afrikalande waar Omikron opgemerk is. Die WGO se nood-streeksdirekteur vir […]

Read More

Meer as 150 000 entstowwe moet in Namibië vernietig word - December 3, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sê 154 595 eerste dosisse van die entstowwe Sinopharm, AstraZeneca en Sputnik moet vernietig word, omdat dit nie meer geskik vir gebruik is nie. Covid-gevalle het met 44 persent landwyd toegeneem, met 81 nuwe gevalle wat in die jongste verslag aangemeld is wat die positiewe koers tot 4,5 persent […]

Read More

Namibiese ekonoom: EU se reisbeperkings gaan impak op ekonomie hê - December 3, 2021

‘n Namibiese ekonoom reageer op die raad van die Europese Unie wat ‘n tydelike beperking op nie-noodsaaklike reise vanaf Namibië en Jordanië geplaas het. Die toerismesektor het nog ‘n terugslag met hierdie nuus beleef. Ekonoom Erastus Gabriel verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus wat hierdie soort besluite vir die toerismesektor en die man op straat beteken. […]

Read More

Bekker, Schietekat voorlopers in SA Gholf Ope - December 3, 2021

Gholf: Oliver Bekker en Neil Schietekat is die gesamentlike voorlopers in die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse Ope by die Gary Player-buiteklub in Sun City. Die twee het gister die eerste ronde op sewe-onder-baansyfer 65 begin en is een hou voor Bryce Easton en Lyle Rowe. Die verdedigende kampioen, Christiaan Bezuidenhout, is vyf houe agter. […]

Read More

Amerika verskerp reisregulasies - December 3, 2021

Die Amerikaanse President, Joe Biden, het aangekondig alle internasionale reisigers wat die land binnekom, moet ‘n dag voor vertrek vir Covid-19 toets, ongeag of hulle ingeënt is en van watter land hulle kom. New York, Colorado, Kalifornië en Minnesota het reeds gevalle van die Omikron-variant aangemeld. Minder as 60 persent van Amerika se bevolking is […]

Read More