
Twee Paarlse boere verskyn in landdroshof vir moord op vrugteverkoper - December 3, 2021
John Woest en JT Basson, ‘n voormalige Springbok-roeier, het gister in die Paarl landdroshof verskyn vir die moord Dinsdag op ‘n 40-jarige vrugteverkoper by die Sonstraal-brug op die N1-hoofweg. Die staat sê die skietvoorval waarin Chatwell Rogers dood is, was vooraf beplan. Die advokaat vir die verdediging, William Booth, voer egter aan sy kliënte het […]
Action SA sê Johannesburgse raadsvergadering skop swak af - December 3, 2021
ActionSA sê pogings deur die Johannesburgse raad om die saamstel van Artikel 79-komitees goed te keur voordat koalisies gevorm of die burgemeesterskomitee aangestel is, is ‘n swak begin. Partye het gister daarin geslaag om die raad te oorreed om items wat verband hou met die vorming van sy oorsigkomitees, van die agenda te verwyder. ActionSA […]
Sluiting van Van Reenenspas het nie impak op Namibiese trokdrywers - December 3, 2021
Die Van Reenenspas tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal naby Harrismith is tans gesluit weens stakende vragmotorbestuurders. Volgens berigte deur ooggetuies op die toneel is gemeenskapslede besig om die vragmotors te plunder. Wetstoepassers hou die situasie dop, maar motoriste word aangeraai om reise na die gebied eers uit te stel. Kosmos 94.1 Nuus het aan Namibiese […]
Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede vandag herdenk - December 3, 2021
Dit is vandag Internasionale Dag vir Persone met Gestremdhede. Die doel is om beter begrip vir gestremdheidskwessies te bevorder en ondersteuning aan te moedig vir die waardigheid, regte en welsyn van persone met gestremdheid. Sowat 15 persent van die wêreldbevolking leef met een of ander gebrek. Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê die […]
Uitvoere styg in Oktober met 5,8% - December 3, 2021
Die waarde van uitvoere het in Oktober met 5,8 persent op ‘n jaargrondslag gestyg tot 8,3 miljard Namibiese dollar. Die waarde van invoere het in Oktober met 25,1 persent op ‘n jaargrondslag gestyg tot 15,3 miljard dollar, wat gelei het tot ‘n groter handelstekort – vanaf 3,1 miljard dollar in September tot sewe miljard dollar […]
Veldtogte teen geslagsgeweld duur voort tot 10 Desember - December 3, 2021
Namibië neem tans deel aan die Verenigde Nasies se veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld wat tot 10 Desember duur. Die tema is “Orange the World: End Violence against Women Now”. Byna een uit drie vroue ervaar geweld in haar leeftyd en statistieke styg in tye van krisis soos die Covid-pandemie, humanitêre krisisse […]
Ramaphosa sê reisverbod is klap in die gesig van SA uitnemendheid - December 3, 2021
President Cyril Ramaphosa sê die reisverbod teen Suid-Afrika is ‘n klap in die gesig van uitnemendheid en kundigheid in Afrika. Suid-Afrikaanse wetenskaplikes was die eerstes om die Covid-19 Omikron-variant te identifiseer. Die variant het reeds in ten minste 24 lande regoor die wêreld sy verskyning gemaak. Ramaphosa sê die reisverbod teen Suid-Afrika en ‘n aantal […]
Veldbrand by Seeis geblus - December 3, 2021
Bevestiging is van dr. Rudie van Vuuren van N/a’an ku sê Lodge ontvang dat die verwoestende veldbrande noord van Seeis onder beheer is. Hy sê die reën laas nag het ook gehelp. Van Vuuren sê slange en skilpaaie het doodgebrand, maar hy het nog nie karkasse van grootwild gesien nie. Volgens die woordvoerder van die […]
Zimbabwiese President bevorder nie juis menseregte en demokratiese vryheid - December 3, 2021
Sedert Emmerson Mnangagwa in November 2017 die President van Zimbabwe geword het en demokratiese hervorming beloof het, het hy nie veel vir menseregte en demokratiese vryheid in die land gedoen nie. Ongelukkig ly Zimbabwiërs steeds onder dieselfde misbruike, sê Tendai Biti, MDC Alliance se adjunkpresident, aan Kosmos 94.1 Nuus.
Hoof van Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat bedank - December 3, 2021
Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat, Hermione Cronje, het bedank. Die nasionale direkteur van openbare vervolging, Shamila Batohi, sê Cronje het die redes vir haar besluit oorgedra en sy verstaan ten volle. Batohi sê sy sal amptelik aanbeveel dat President Cyril Ramaphosa Cronje se bedanking aanvaar wat in Maart volgende jaar van krag word. Sy sê dit sal lei tot ‘n vinnige en […]