Byna 10 000 mense in Suid-Afrika tussen Julie en September verkrag - November 19, 2021

Bheki Cele, die minister van polisie in die buurland, sê 9 556 mense is tussen Julie en September vanjaar in Suid-Afrika verkrag. Dit is ‘n toename van 634 gevalle of 7,1 persent teenoor die vorige verslag-tydperk. Uit ‘n steekproef van 16 144 verkragtingsgevalle het 3 951 by die slagoffer of verkragter se huis plaasgevind. Cele […]

Read More

SA het 20,7 persent in moorde tussen Julie en September - November 19, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê Suid-Afrika het ‘n toename van 20,7 persent in moorde aangeteken tussen 1 Julie en einde September vanjaar. Altesaam 6 163 mense is in die land vermoor. Cele het sy kwartaallikse misdaad-statistiekverslag vir die tweede kwartaal van die 2021/2022-boekjaar voorgelê. Cele sê in vergelyking met die vorige gewone […]

Read More

Inentings vanaf Februarie 2022 verpligtend in Oostenryk - November 19, 2021

Streng inperkingsmaatreëls geld van Maandag af in Oostenryk, vir beide mense wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie én die wat ten volle ingeënt is, ná die infeksiekoers drasties gestyg het. Van Februarie af sal almal verplig word om ingeënt te word.

Read More

Oudpresident Sam Nujoma sê dialoog is die weg na vrede in Ethiopië - November 19, 2021

Die politieke en ideologiese konflik tussen Ethiopië se federale regering en die noordelike streek van Tigray het die potensiaal om te eskaleer in ‘n dodelike burgeroorlog, wat ‘n reeds brose en wisselvallige streek kan destabiliseer. Hierdie opmerkings is vandag gemaak deur Namibiese stigterspresident Sam Nujoma in ‘n mediaverklaring, wat ‘n beroep op alle strydlustiges in […]

Read More

SA Polisie moet meer hulpbronne kry om kinderontvoerings te ondersoek - November 19, 2021

Die DA in Gauteng eis dat meer hulpbronne aan die polisie toegewys word om kinderontvoerings in die provinsie te ondersoek. Dit volg nadat ‘n graad 5-leerder van die Laerskool EP Baumann in Mayfair, Johannesburg, ontvoer is. ‘n DA-woordvoerder, Sergio dos Santos, sê leerders het niemand wat hulle beskerm nie omdat die polisie gebuk gaan onder […]

Read More

Sanitasie is ‘n uitdaging in Namibië, sê minister - November 19, 2021

Vandag is Wêreldtoiletdag, met die tema Valuing Toilets. Die dag beklemtoon die belangrikheid van sanitasie en higiëne in die verbetering van openbare gesondheid, geslagsgelykheid, ekonomiese ontwikkeling, en omgewingsbewaring. Namibië het van die laagste vlakke van toegang tot sanitasie in Suider-Afrika. Slegs 34 persent van die bevolking het toegang tot verbeterde sanitasie. In stedelike gebiede word […]

Read More

Ouers laat drie kinders agter toe hulle vlug - November 19, 2021

Toe Richard Ayvazyan en sy vrou Marietta van Kalifornië besef hulle gaan waarskynlik tronk toe vir bedrog met Covid-skenkings, het hulle hul tasse gepak en gevlug, maar hulle het hul drie kinders van 13, 15 en 16 jaar oud agtergelaat. Volgens internasionale media is die egpaar in absentia gevonnis.

Read More

Misdaad styg erg in Suid-Afrika tussen Julie en September - November 19, 2021

Die minister van polisie in Suid-Afrika, Bheki Cele, het bekend gemaak daar was ‘n toename in misdaad in die tydperk tussen Julie en September vanjaar. ‘n Polisiewoordvoerder, Norman Sekhukhune, het aan die parlement gesê meer as 6 000 mense is in hierdie tydperk vermoor. Cele sê die onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie het bygedra tot die […]

Read More

Jooste praat oor MTC-notering - November 19, 2021

MTC het vanoggend genoteer op die Namibiese aandelebeurs. Dit is die grootste notering sedert die bestaan van die NSX. Die regering het 2,5 miljard Namibiese dollar gemaak uit die verkoop van 299 miljoen aandele, effe kort op die teiken van 3 miljard dollar vir 367,5 miljoen aandele. Die minister van openbare ondernemings Leon Jooste het […]

Read More

Ontvoerings neem in SA toe - November 19, 2021

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê die toename in ontvoerings in Suid-Afrika is kommerwekkend. Polisiestatistiek toon ‘n toename van 133 persent in die aantal ontvoerings tussen 2011 en verlede jaar. In die jongste voorvalle is die vier Moti-broers van Polokwane verlede maand op pad skool toe ontvoer, en ‘n graad-vyf-leerder is in Mayfair, Johannesburg, met ‘n […]

Read More