
Duitsland sluit drie van sy laaste ses kernkragstasies - January 3, 2022
Duitsland het die Europese Unie se plan om sommige natuurlike gas-energieprojekte as ‘groen’ beleggings te beskryf, verwelkom. Die land het egter sy teenkanting teen ‘n voorstel om dieselfde met kernkragprojekte te doen, beklemtoon. Volgens Reuters het Duitsland Vrydag drie van sy laaste ses kernkragstasies gesluit. Oostenryk en Luxemburg is ook gekant teen kernkrag, maar EU-state […]
Private sektor kredietverleniging in November 2021 groei traag - January 3, 2022
Die groei van die private sektor kredietverlening het in November 2021 tot 1,6 persent verlangsaam, volgens Cirrus in Windhoek. Alhoewel dit nie die stadigste jaar-op-jaar-groei in 2021 is nie, is dit stadiger as die 2,7 persent wat in beide November 2020 en Oktober 2021 aangemeld is. Kredietgroei aan huishoudings het verlangsaam (die stadigste sedert Januarie […]
Patricia de Lille bevestig voorlopige brandverslag dié week verwag - January 3, 2022
Die Suid-Afrikaanse minister van openbare werke Patricia de Lille het bevestig ‘n voorlopige verslag oor die oorsaak van die brand in die Parlement, word dié week afgewag. ‘n Forensiese span het vandag met hul ondersoek begin. De Lille het by ‘n inligtingsessie gesê die verslag, wat nie later nie as Vrydag verwag word, sal bydra […]
DBV: Vuurwerke het impak op diere - January 3, 2022
Vuurwerke is tydens die feesseisoen langs die kus verbied, maar Stad Windhoek het ‘n vuurwerkvertoning op Oujaarsaand aangebied. Volgens die Dierebeskermingsvereniging is vuurwerke nadelig vir troeteldiere met sommiges wat die hasepad kies en ander wat beseer word. Die nasionale direkteur van die vereniging, Hanna Rhodin, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus watter impak vuurwerke op diere […]
ANC-hoofsweep sê dit is nie nodig dat parlement na Tshwane verskuif - January 3, 2022
Die ANC se hoofsweep, Pemmy Majodina, sê dit is nie nodig vir die parlement om na Tshwane verskuif te word nie. Sy sê daar is verskeie faktore wat so ‘n stap onmoontlik maak. Sy het gesê daar is verskeie alternatiewe moontlikhede en dat sy vol vertroue is dat die werk nie deur die brand in […]
VSA moedig Soedannese leiers aan om geweld teen betogers te stop - January 3, 2022
Die Verenigde State van Amerika het ná die bedanking van Abdalla Hamdok as premier, Soedannese leiers aangemoedig om burgerlike regering te verseker en om geweld teen betogers te beëindig. Hamdok kon nie daarin slaag om burgerlike regering te herstel nie. Hamdok is in Oktober in ‘n staatgreep omvergewerp, maar is daarna heraangestel. Hy het sedert 2019 toesig gehou oor ekonomiese hervormings. Hamdok het gisteraand bedank, ses weke nadat hy […]
Voorlopige verslag oor brand by parlement Vrydag beskikbaar - January 3, 2022
Die Suid-Afrikaanse minister van openbare werke, Patricia de Lille, sê ‘n span ingenieurs is aangestel om die skade wat deur die brand aan die parlementêre kompleks gedoen is, te bepaal. Die ingenieurs stuur ‘n hommeltuig in om die beskadigde dele te ondersoek, aangesien die temperatuur steeds ongeveer 100 grade Celsius is. Die temperatuur het gister 400 grade […]
ANC se hoofsweep verduidelik omvang van brandskade aan parlement - January 3, 2022
Die ANC se hoofsweep, Pemmy Majodina, het ‘n beroep op politieke leiers gedoen om hulle daarvan te weerhou om met teorieë oor die oorsaak van die brand in die parlement vorendag te kom. Majodina het gesê die saak is emosioneel, aangesien die gebou ‘n belangrike nalatenskap en erfenis inhou. Sy verduidelik die omvang van die […]
Inwoners van Rehoboth kan Woensdag bloed skenk - January 3, 2022
Die Namibiese Bloedoortappingsdiens gaan Woensdag op Rehoboth ‘n bloedskenkingskliniek by die Hermanus van Wyk-saal hou. Inwoners van Rehoboth kan vanaf die oggend elf-uur tot die aand ses-uur bloed skenk. Titus Shivute, woordvoerder van Bloedoortappingsdiens deel die kriteria om bloed te skenk aan Kosmos 94.1 Nuus. Shivute verduidelik ook hoe lank mense moet wag om bloed […]
Ou parlementsgebou heeltemal in brand verwoes - January 3, 2022
Die Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die ou parlementsgebou is heeltemal verwoes in gister se brand en om die skade te herstel sal honderde miljoene rand kos. Hy het verduidelik dat die temperatuur in die omgewing nog steeds sowat 100 grade is, wat dit moeilik maak om die presiese omvang van […]