
West Coast Safety Initiative gaan sorg vir veiligheid by kus - December 6, 2021
Met die feesseisoen in ons midde, word pogings deur verskillende maatskappye en groepe aangewend om die veiligheid van Namibiërs te verseker. Aubrey Oosthuizen van die West Coast Safety Initiative, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle staan aan stuur vir die veiligheid van Namibiërs wat kus toe gaan.
Adjunkpremier sê Afrika-inwoners moet vasteland se ekonomie herstel - December 6, 2021
Die Namibiese ministerie vir internasionale betrekkinge en samewerking het die 13de Dr. Theo-Ben Gurirab openbare praatjie op Gobabis aangebied. Die minister van internasionale betrekkinge en adjunkpremier Netumbo Nandi-Ndaitwah, was die gasspreker en sê Afrika-inwoners moet die ekonomie van die vasteland laat groei en werk skep.
Strafsaak van Vrede-suiwerlplaas vandag in die hof - December 6, 2021
Die strafsaak oor die haalbaarheidstudie van die Vrede-suiwelplaas is vandag terug in die Bloemfonteinse landdroshof. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die hofsitting is aanlyn weens die Covid-19 Omikron-variant. ‘n Werknemer van die Gupta-onderneming, Ronica Ragavan, is gevoeg tot die lys beskuldigdes in die saak van 24,9 miljoen rand. Sy is met haar vorige verskyning op borgtog van 10 000 rand […]
NovaNam koop twee diepsee visvangbote van N$320 miljoen - December 6, 2021
NovaNam het twee diepsee visvangbote van 320 miljoen Namibiese dollar vir hul visfabriek op Lüderitz gekoop. NovaNam sê dit is deel van hul beleggingsplan waar drie nuwe visvangbote van 480 Namibiese dollar tussen 2019 en 2021 aangekoop word. Minister van visserye, Derek Klaazen, het die visvangbote ingehuldig en gemaan dat vismaatskappye en individue nie die oseaan se natuurlike hulpbronne moet uitbuit nie.
Direkteur van NVG sê dit is nie in krisis gedompel - December 6, 2021
Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings in Suid-Afrika, Shamila Batohi, sê daar sal baie werk van die staatskapingskommissie van ondersoek af kom. Daar is tans nog geen sake waarop die Ondersoekdirektoraat ooreengekom het nie. Batohi sê die aard en omvang van staatskapingskorrupsie vra bykomende vaardighede en bekwaamheid.
Paulus Noa sê korrupsie neem nie toe in Namibië - December 6, 2021
Korrupsie is so oud soos mag en so aktueel soos die oggend-opskrifte in Afrika soos in die res van die wêreld. Suid-Afrika gaan voort om te worstel met die gevolge van “staatskaping”, tydens Jacob Zuma se presidentskap. Hier in Namibië het ons steeds die grootste Fishrot-korrupsiesaak in die hof en in ander lande stroom bewerings […]
Namibiese ekonoom reageer op omstrede brandstofbergingstarief - December 6, 2021
Namibiese motoriste en besighede het sedert 2018 tot Oktober vanjaar 2,4 miljard Namibiese dollar aan die omstrede nasionale brandstofbergingsgeriewe op Walvisbaai betaal. Die brandstofbergingstarief is vervat in elke liter petrol of diesel wat in die land verkoop is. Die regering het deur die Ontwikkelingsbank van Namibië twee lenings van 2,8 miljard en 1,5 miljard Namibiese […]
Ontvoerings in SA het met 60% gestyg - December 6, 2021
‘n Misdaadverslag dui aan ontvoerings in Suid-Afrika het vanjaar met 60 persent gestyg. Die situasie word vererger deur bewerings dat die polisie en private veiligheidsmaatskappye betrokke is. Die demografie sluit ryk en arm in en ten minste 50 miljoen rand is in lospryse geëis. Na wat berig word, werk ‘n internasionale netwerk saam met korrupte polisiebeamptes. Die SAPD het ‘n […]
Positiewe koers van Covid-19 in Namibië nou 8,8% - December 6, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 142 nuwe Covid-gevalle uit 1 617 toetsuitslae bevestig wat ‘n positiewe koers van 8,8 persent verteenwoordig. Die Khomas-streek het 121 gevalle, wat 85,2 persent van die totale nuwe gevalle is. In die groep is 12 leerders van verskillende skole, 11 studente, 4 gesondheidswerkers en twee onderwysers. Daar is nou 812 aktiewe […]
Finansiële misdaad styg tydens pandemie, feesseisoen - December 6, 2021
Dit is volgens kundiges duidelik dat Covid-19 en die feesseisoen wat om die draai is, ‘n noemenswaardige invloed op finansiële misdaadtendense soos bankbedrog het. Namate klante hulle tot aanlyn inkopies wend en betalings op toepassings vereffen, het misdadigers hul pogings om kliënte te bedrieg, toegeneem. Elzita Beukes, FNB se kommunikasiebestuurder.