
Omikron, geldelike probleme skep probleme vir skole - January 5, 2022
Die Namibiese studente-organisasie Nanso, sê hy het kommer oor Omikron en die skole wat volgende week oopmaak. Leerders het gedurende die vakansie ‘n groot deel van positiewe gevalle uitgemaak wat weereens bewys dat gemeenskapsoordrag die virus versprei en dat skole eintlik veilig is. Maar, volgens Nanso se woordvoerder Dylan Mukoroli, het skole reeds finansiële uitdagings […]
Oscar se parool uitgestel, Reeva se familie keer - January 5, 2022
Berigte uit Suid-Afrika lui dat Reeva Steenkamp se familie baie teenstand gebied het teen die moontlike parool van Oscar Pistorius. Die saak is tot na Kersfees uitgestel maar, ‘n datum is nie bekend nie. Dr. Pixie du Toit, die bekende forensiese kriminoloog het die jongste so deurgegee.
Steenhuisen sê almal in Zondo-verslag moet vervolg word - January 5, 2022
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê senior regeringsamptenare wat in die staatskapingsverslag as hoofrolspelers gevind word, moet vervolg word. Hy meen die oorwinningsoomblik oor staatskapingbevindings sal wees wanneer die eerste skuldigbevindings plaasvind:
NBL is top presteerder op NSX - January 5, 2022
Cirrus in die hoofstad sê Namibië Brouerye het in 2021 die beste presteer op die Namibiese aandelebeurs. Die maatskappy se aandele het met net minder as 49 persent gegroei. Die besturende direkteur van NBL Marco Wenk sê dit was ‘n uiters goeie jaar…
Staatskaping was moontlik as gevolg van Zuma - January 5, 2022
Die Zondo-kommissie in die buurland dui aan dat oudpresident Jacob Zuma die staatskaping moontlik gemaak en bevorder het. Voorsitter Raymond Zondo skryf in sy eerste verslag Zuma het die Gupta-familie aktief gehelp om die staat te kaap ten koste van Suid-Afrika se mense. Hy sê die voormalige staatshoof het betrokke geraak by die werksaamhede van […]
Ministerie sê oor akademiese jaar - January 5, 2022
Skole regoor Namibië maak môre oop vir onderwysers en leerders, vanaf pre-primêr tot graad 10, sal Maandag amptelik begin. Luidens ‘n omsendbrief wat die ministerie aan streke gestuur het, sal die graad 11 leerders wat eksamens moet oorskryf as gevolg van die uitlek van vraestelle, Maandag begin skryf en op 21 Januarie klaarmaak. Uitslae sal […]
Unam sal vrywillige inentings as beleid hou, vir nou - January 5, 2022
Die Universiteit van Namibië se beleid in verband met Covid-inentings is in lyn met dié van die gesondheidsministerie. Dit beteken dat Unam steeds vrywillige inenting toepas. John Haufiku, woordvoerder van die universiteit het gereageer op berigte uit Suid-Afrika dat beide die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Johannesburg verpligte inentings in hulle beleid ingesluit […]
Gebrek aan optrede in Zambezi, gaan moeilikheid veroorsaak - January 5, 2022
Die stigter van die Zambezi Lives Matter-beweging, Sinvula Mudabeti sê gerugte dat ‘n lid van die Nchindo-familie Cassius Mwala spioeneer vir die Botswana regering, is as gevolg van die gebrek aan optrede deur die Namibiese regering. Mwala word daarvan beskuldig dat hy lede van die Botswana weermag ingelig het oor die bewegings van die drie […]
Lategan & Cummings kom 2de in 3rde Dakar-skof - January 5, 2022
‘n Blink vertoning deur die Suid-Afrikaners Henk Lategan en Brett Cummings het daartoe gelei dat hulle die tweede vinnigste tyd van die derde skof van die 2022 Dakar-tydren opgestel het. Die span in hul Toyota GR DKR Hilux T1 bly in die algehele 38ste plek nadat hulle meer as 3 ure in Skof 1B verloor […]
Kinder-sterftes: Dit was nie noedels nie - January 5, 2022
Die Noedels-vervaardiger Grandisync sê uitslae van die polisielaboratorium wys die oorsaak van die dood van van drie Oos-Kaapse kinders hou verband met ‘n landbougifstof, Termifos, en nie sy noedels nie. In November is sibbe Olwam en Athenkosi Ngwendu en hul niggie Sinothando dood nadat hulle na bewering kitsnoedels geëet het. Die maatskappy se regsverteenwoordiger, Stuart […]