
Ekonoom voorspel ook styging in Namibiese voedselpryse - January 3, 2022
Die Internasionale Monetêre Fonds sê voedselpryse sal daal, maar die Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler sê voedselpryse sal styg. Stygende vervoer- en voedselpryse het hoër inflasie in baie lande aangevuur. Hierdie globale faktore kan in 2022 steeds bydra tot inflasie, veral hoë voedselpryse. Dit het veral negatiewe gevolge vir huishoudings in lae-inkomstelande waar sowat 40 persent […]
Botswana se President toets positief vir Covid-19 - January 3, 2022
Die regering van Botswana het aangekondig dat sy President Mokgweetsi Masisi in verpligte self-isolasie by sy staatswoning is. Dit volg nadat Masisi positief vir Covid-19 getoets het. Hy het volgens die kommunikasieministerie geen simptome nie, maar sal deur dokters gemonitor word. Adjunkpresident Slumber Tsogwane sal as President waarneem
Meer as 4 000 vlugte wêreldwyd sedert Sondag gekanselleer - January 3, 2022
Meer as 11 200 vlugte wêreldwyd is die afgelope 24 uur vertraag en duisende ander gekanselleer. Internasionale nuusagentskappe berig dat meer as 4 000 vlugte wêreldwyd sedert Sondag gekanselleer is waarvan die helfte Amerikaanse vlugte was. Dit het verder bygedra tot vakansie-ontwrigtings weens gure weerstoestande en die toename in korona-virus-gevalle wat deur die Omikron-variant veroorsaak […]
Honderde onwettige Zimbabwiese immigrante by Beitbrug vasgetrek - January 3, 2022
Honderde onwettige immigrante is in hegtenis geneem en gedeporteer nadat hulle Suid-Afrika van Zimbabwe af deur die Beitbrug-grenspos en Musina binnegekom het. Die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, het die grenspos besoek om hom te vergewis van die situasie. Hy sê onwettige immigrante wat omkoopgeld betaal is ‘n bydraende faktor. Hy sê die instandhouding […]
Twee jaar van inperking moeilik vir KZN-toerismebedryf - January 3, 2022
Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die afgelope twee jaar van inperking was baie moeilik vir die toerismebedryf. Hulle het besluit om nuwe geleenthede te ondersoek om die terugslae weens die Covid-pandemie te oorkom. Die toerismebedryf trek grotendeels nog swaar en voer steeds ‘n stryd teen die pandemie. Zikalala sê hy voel bemoedig deur […]
Curro Namibië sê bewerings oor privaat universiteit is onwaar - January 3, 2022
Die besturende direkteur van Curro Namibië, Colette Riekert sê berigte dat Curro Holdings voortgaan met sy planne om ‘n privaat universiteit in Namibië te stig en in 2023 die eerste inskrywings sal ontvang, is nie korrek nie. Volgens die berigte sou die universiteit, in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch, ‘n landbou-fakulteit stig wat op […]
Man glo met twee handgranate op Bloemfontein-lughawe vasgetrek - January 3, 2022
‘n Man wat vanoggend vanaf Bloemfontein na Kaapstad wou vlieg, is glo in hegtenis geneem nadat veiligheidspersoneel by die Bram Fischer-lughawe twee handgranate by hom gevind het. Die lughawegebou is ontruim en almal moes op die parkeerterrein bymekaar kom. Verskeie ooggetuies het volgens Suid-Afrikaanse media gesê die polisie was vroeg op die toneel. Slegs mense wat […]
Ses mense sterf in Al-Shabaab-aanval in Kenia - January 3, 2022
Ses mense is dood en huise aan die brand gesteek in ‘n aanval vroeër vandag deur vermoedelik Al-Shabaab-militante in Kenia se Lamu-kusgebied wat grens aan Somalië. Internasionale nuusagentskappe berig Al-Shabaab-vegters het verskeie grootskaalse aanvalle in Kenia geloods in reaksie op Nairobi se besluit om in 2011 soldate na Somalië te stuur as deel van die […]
Cyril Ramaphosa besoek parlement ná brandskade - January 3, 2022
Brandweer-veiligheidsbeamptes van die Stad Kaapstad sal veral ondersoek hoe dit gebeur het dat die brand van die ou Volksraad na die nuwe Nasionale Vergadering versprei het. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die brand kon op nog ‘n plek ontstaan het, of deur die lugreëlingstelsel versprei het. Aanvanklike bevindinge wys op moontlike […]
ANC betreur dood van burgemeester van Emalahleni - January 3, 2022
Die ANC in die Nkangala-gebied in Mpumalanga sê die party betreur die tragiese en ontydige dood van die burgemeester van Emalahleni, Linah Malatje. Sy en haar man, Esau Malatjie, is noodlottig beseer in ‘n motorongeluk tussen dié dorp en KwaMhlanga. Hul motor het teen ‘n bakkie gebots. ‘n Woordvoerder, Sello Matshoga, sê die burgemeester se […]