Walvis se water-kwaliteit onder die loep - January 21, 2022

‘n Inwoner van Walvisbaai Irvin Summers het kontak met Kosmos 94.1 Nuus gemaak oor die kwaliteit van die water op die dorp. Volgens hom, en ook luidens ‘n video op sosiale media, het die water swart oorblyfsel, al word dit tuis filtreer. Die burgemeester van die kusdorp, Trevino Forbes, sê daar sal volgende week met […]

Read More

Mafe het Covid, borgaansoek uitgestel, klagtes bygevoeg - January 21, 2022

Die borgtogaansoek van die vermeende brandstigter van die Parlement, Zandile Christmas Mafe, is tot volgende Saterdag uitgestel omdat hy Covid-19-positief is. Mafe word tans in die Pollsmoor-gevangenis aangehou waar hy in afsondering geplaas is. ‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê Mafe staan ook tereg op bykomende aanklagte:

Read More

Oostenrykse regering stem vir verpligte inentings – vir almal - January 21, 2022

Oostenryk het die eerste Europese land geword om inenting teen Covid-19 vir volwassenes van volgende maand af verpligtend te maak. Dit volg nadat die parlement die wet op verpligte inenting met ‘n meerderheid van 137 teen 33 aanvaar het. Tot op hede is sowat 72 persent van die Oostenrykse bevolking van 8,9 miljoen ten volle […]

Read More

Swakara hoop vir herstel vanjaar - January 21, 2022

Daar is hoop dat die Swakara-bedryf die jaar sal herstel. Die pandemie het ‘n baie groot impak op pelsverkope gehad as gevolg van inperkings en plaaslike produsente was genoodsaak om te fokus op vleisproduksie. Louisa Campbell van Lovedale Farming naby Helmeringhausen het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Sy voeg by dat hulle ook goeie reën […]

Read More

Elke sent wat op invoere uitgaan, kos werksgeleenthede - January 21, 2022

Die voorsitter van Team Namibia, Pieter van Niekerk, het sy stem bygevoeg by die invoersyfers wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vir November verlede jaar bekend gemaak is. Miljoene dollar verlaat die land om somtyds die eenvoudigste en/of noodsaaklikste produkte in te voer, omdat ons dit nie self vervaardig nie. Van Niekerk sê elke sent wat […]

Read More

Uraan-eksplorasie Maandag onder die loep in Stampriet - January 21, 2022

Uraan-eksplorasie by Leonardville is steeds in die nuus. Die Stampriet-akwifer uraanmynwese-komitee sal Maandagoggend ’n lesing deur die geoloog dr. Roy Miller aanbied. Miller is ‘n kenner in die gebied en sal praat oor die voorgestelde uraan in-situ logingsprojek in die Stampriet-bekken deur die Russiese Headspring Investments. Jaco van Wyk die Namibiese Landbou-unie se verteenwoordiger vir […]

Read More

Avatar-robot gaan vir seuntjie skool - January 21, 2022

Internasionale nuusagentskappe berig dat ‘n sogenaamde ‘avatar-robot’ skool vir die sewe-jarige Joshua Martinangeli, in Berlyn, Duitsland, bywoon. Joshua kan op die manier met sy onderwyser en sy klasmaats gesels en deelneem aan die lesse. Die robot se oog-liggies flikker wanneer Joshua iets wil sê. Deur middel van die robot, gesels almal met mekaar, somtyds soveel […]

Read More

Neckartal loop vol, ander damme neem oop water in - January 21, 2022

Namibië se damme bly in die nuus. Volgens NamWater staan Von Bachdam tans op 46,7 persent en het tot dusver vandag 27 000 kubieke meter water ingeneem. Gister is invloei op 55 000 kubieke meter gemeet. Swakoppoort is 76 persent vol. Friedenau net wes van Windhoek is tans op 79,4 persent en het die dam […]

Read More

Kaapse regering verwelkom lanbou-vakke op skool - January 21, 2022

Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ivan Meyer, het die besluit van Hoërskool Pelican Park in Kaapstad om landbou-vakke soos landbou-bestuurswetenskap en landbou-tegnologie by sy leerplan in te sluit, verwelkom. Meyer sê hy het voorspraak by skole in die Wes-Kaap gedoen om op landbou te fokus. Hy sê die skool is gerieflik naby die voedingsgebied van […]

Read More

Na etlike veldbrande, juig Dordabis se boere - January 21, 2022

Iris Stehn, ‘n boer in die omgewing van Dordabis sê boere is baie optimisties oor die jaar. Hulle glo hulle gaan ‘n verhoging in produksie hê en suksesvol wees, veral omdat die jaar op ‘n goeie nooit met reën afgeskop het. Boere in die omgewing het verlede jaar erge verliese gely weens veldbrande. Stehn gesels […]

Read More