
Russiese en Britse ministers van verdediging gaan vergader - January 23, 2022
Die Russiese minister van verdediging het ‘n uitnodiging om sy Britse ampsgenoot, Ben Wallace, te ontmoet, aanvaar. Dis te midde van kommer oor ‘n dreigende inval in die Oekraïne. Die Britse minister van verdediging het verlede week aangebied om samesprekings met Sergei Shoigu te hou om gemeenskaplike kommer oor veilgheid te bespreek weens die spanning […]
Kampvegter vir vroueregte publiseer digbundel - January 23, 2022
Mimi Mwiya is ‘n ‘n konsultant van die Zambezi Women’s Rights-program wat skadelike kulturele praktyke in die streek probeer uitwis. Hulle leer meisies en vroue in die streek dat sekere kulturele praktyke vroueregte skaad. Meisies en vroue in die streek word dikwels deur hul manlike eweknieë onderdruk. Mwiya het intussen ‘n digbundel, Mad Woman, gepubliseer […]
Amerika en China skort vlugte oor en weer op - January 23, 2022
Die Amerikaanse regering gaan 44 vlugte van vier Chinese lugrederye na China opskort. Dis in reaksie teen die Chinese regering se besluit om sommige Amerikaanse lugdienste se vlugte op te skort weens vrese vir Covid-19. Die Amerikaanse departement van vervoer sê opskortings begin op 30 Januarie en sal tot 29 Maart duur. Die besluit raak […]
ANC-vergadering bespreek nie toerismeminister se aanval op Cyril - January 23, 2022
Verskeie pogings om ‘n debat oor die Suid-Afrikaanse minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se aanvegbare uitlatings oor die Grondwet en die regstelsel te voer, is die naweek kortgeknip by die vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Volgens berigte sê die top amptenare hulle moet eers die saak bespreek, waarna die nasionale werkskomitee sal […]
Hardapdam se invloei laer - January 23, 2022
Die Hardapdam was teen vroeg vanoggend 73,6 persent vol met die invloei wat na 97 kubieke meter per sekonde gedaal het teenoor gister se invloei van 434 kubieke meter per sekonde. Water word teen 300 kubieke meter per sekonde uit die dam vrygelaat. Die dam se sluise word sedert die 2006-vloede op 70 persent van […]
Blitsbokke deur na halfeindronde van Malaga Sewes - January 23, 2022
Rugby: Die Blitsbokke het deurgedring na die halfeindronde van die Malaga Sewes ná ‘n oorwinning oor Kanada in Spanje. Suid-Afrika het met 14-0 gewen nadat nie een van die twee spanne in die eerste helfte punte aangeteken het nie. Vroeër gister het die Springbok Sewes-span Engeland met 43-0 verneder om bo aan Groep A te eindig. Die […]
Hooggeplaaste Soedannese leier besoek Ethiopië - January 23, 2022
Soedan se naas-invloedrykste leier het met die Ethiopiese minister van verdediging samesprekings gehou. Die besoek aan Addis Abeba word beskryf as buitengewoon te midde van spanning op die grens. Soedan se staatsnuusagentskap sê Mohamed Hamdan Daglo, beter bekend as Hemeti, is die ondervoorsitter van Soedan se heersende oorgangsraad. Hy is twee dae in Ethiopië om […]
Kaapstad gaan herwinnaars beloon - January 23, 2022
Kaapstad se departement van vaste afval-bestuur gaan ‘n mobiele ruilwinkel-program in werking stel. Dis daarop gerig om rommel minder te maak en dit vir inwoners makliker te maak om te herwin. Inwoners sal uit hul huise kan herwin. Die handelsnaam Swop Shop sal maklik herkenbaar wees. Dit sal verskillende goedere van waarde vir vooraf-gesorteerde herwinbare […]
Voormalige DTA-president sterf - January 23, 2022
Die voormalige DTA-president Katuutire Kaura het laasnag gesterf. Hy was 80 jaar oud. Kaura, ‘n voormalige parlementslid, was die DTA se president vanaf 1998 tot 2013 nadat hy Mishake Muyongo vervang het. President Hage Geingob het Kaura later as adviseur van die goewerneur van die Kunene-streek aangestel.
Tuané Silver verpletter Namibiese gewigstootrekord - January 23, 2022
Tuané Silver het by Atletiek Namibië se tweede Grand Prix-byeenkoms in Windhoek Charlene Engelbrecht se senior nasionale Namibiese gewigstootrekord van 13,82 meter van 2011 met meer as ‘n meter verpletter. Silver het het haar persoonlike beste afstand behaal en die rekord van 14,86 meter aangeteken.