
Franse vloot kom in Durban aan - January 20, 2022
Die Franse ambassade in Pretoria sê sy vloot se patrollieboot Champlain is tans in die Durban-hawe vasgemeer. Die skip het Maandag in die hawe aangekom en vertrek môre weer. Die Champlain is by die Franse eiland La Réunion gestasioneer. La Réunion is wettig en grondwetlik ‘n belangrike deel van Frankryk. Die skip het vroeër vandeesmaand […]
Hardap-sluise: wees paraat maan munisipaliteitshoof - January 20, 2022
Daar is ‘n wesenlike kans dat die sluise van die Hardapdam vanaand oopgetrek sal word. Die nuus kom na ‘n plaasdam op die Packriem-rivier gebreek het wat die invloei na die dam skerp laat toeneem het. Sluise word sedert die 2006 vloed, rondom 70 persent getrek. Die hoof uitvoerende beampte van die Mariental-munisipaliteit Paul Nghiwelepo […]
Die MET is terug! - January 20, 2022
Die ikoniese MET-perdewedrenne in Kaapstad keer vanjaar op 29 Januarie terug na sy wortels in Kenilworth en beloof iets vir almal. Dit kom nadat die publiek in 2021 nie toegang tot dié perderenne gehad het nie. ‘n Woordvoerder van Cape Racing, Donovan Everitt, sê die dag-lange geleentheid bied tien wedrenne met die land se beste […]
Verpligte inentings onwettig – LPM - January 20, 2022
Die leier van die Landless People’s Movement Bernadus Swartbooi, sê verpligte inentings is onwettig. Hy het hom sterk uitgespreek teen Letshego en Namcor se beleid in die verband. Hy haal verskeie dele van die Grondwet aan.
Hooggeregshof ook nie gereed vir gayhuwelike nie - January 20, 2022
Reaksie word ontvang op die mislukking van Anita Seiler-Lilles en Johann Potgieter, beide Namibiese burgers, om hulle gayhuwelike plaaslik erken te kry. REgters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming Chase het die aansoek van die hand gewys eenvoudig om die hoërhof verbind is tot ‘n20-jaar oue beslissing in die hooggeregshof wat gayhuwelike onwettig maak. […]
Hardap se sluise dalk vanaand oop - January 20, 2022
Die Hardapdam se sluise kan moontlik vanaand vanaf tien-uur oopgetrek word. Dit volg na ‘n plaasdam op die Packriem-rivier gebreek het. Die Mariental-munisipaliteit sê die dam verteenwoordig alleenlik 0,5 persent van Hardapdam se volume maar, die invloei na die dam het skerp toegeneem. Vanoggend om half-nege was die invloei reeds op amper 700 kubieke meter […]
Nog teenstand teen Eskom se 20,5% verhoging - January 20, 2022
Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut glo Eskom se jongste versoek vir ‘n 20,5 persent tariefverhoging vir elektrisiteit is onregverdig. Dit kom nadat elektrisiteit die afgelope twee jaar duurder geword het. Die instituut se uitvoerende direkteur, Francesca de Gasparis, sê dit is ontmoedigend dat die ongekende hoër koste van elektrisiteit veral kwesbare gemeenskappe sal pootjie in […]
Zambezi-skietery: Soldate is ‘onskuldig’ - January 20, 2022
Landdros Taboka Mopipi het in die Kasane-landdroshof in Botswana beslis dat die Botswana-weermag nie verantwoordelik is vir die skietdood van die drie Namibiese Nchindo-boers en hul Zambiese neef in November 2020. Die bevinding is geen verrassing vir die Namibian Lives Matter-beweging nie en daar is vroeër gesê dat dit voorkom asof die weermag, nes in […]
Gondwana neem Am Weinberg oor - January 20, 2022
Die Am Weinberg Hotel in Windhoek sal vanaf 1 Februarie deel vorm van die Gondwana Collection Namibia se lys van verblyf aanbiedinge. Volgens Inke Stoldt, was dit nog altyd ‘n droom om ‘n hotel in die hoofstad te besit. Sy voeg by dat dit voortaan as The Weinberg bekend staan.
Hulett staan skoolkinders by - January 20, 2022
Minderbevoorregte leerders van die Hambanathi-gemeenskap aan die KwaZulu-Natalse Noordkus is terug by die skool, uitgevat in splinternuwe uniforms wat deur suikerrietboere en die landbousake-reus Tongaat Hulett voorsien is. Die leerders van die Hoërskool Nkosibomvu was verheug toe hul nuwe uniforms en skoene aan hulle oorhandig is, en ook vol lof vir die groot skenking. ‘n […]