Lekker rugby vandag - January 29, 2022

Die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Kampioenskap-reeks sê mekaar weer vanmiddag vir die tweede agtereenvolgende week die stryd aan. Die Leeus is die gashere om drie-uur vanmiddag in hulle Jukskei-derby in Johannesburg teen die Bulle. Dit word gevolg deur ‘n kragmeting net ná vyf tussen die Haaie en die Stormers in Durban. Die Leeus […]

Read More

Khomas-goewerneur: N$2 miljoen begroot vir slagoffers van kitsvloede - January 28, 2022

Die goewerneur van die Khomas-streek, Laura McLeod-Katjirua, het vandag by die opening van die streek se raadsvergadering in Windhoek gesê twee miljoen Namibiese dollar is begroot vir slagoffers van kitsvloede in die hoofstad. Sy het ook haar kommer uitgespreek oor die gebrek aan voldoende klaskamers in die streek. Die goewerneur het weer ‘n beroep op […]

Read More

PDM-leier vaar uit oor Ndonga Linena groenskema-projek - January 28, 2022

Die president van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het sy ontevredenheid uitgespreek met die Ndonga Linena groenskema-projek. Hy het dié opmerkings tydens sy oorsig van die groenskema-projek van Agribusdev gemaak. Hy het die groenskema-projekte in die Kavango-Oos-streek by Mashare, Ndongalinena, Uvhungu vhungu en Shadikongoro besoek.

Read More

Nadal pak Medvedev in Aus Ope-eindstryd - January 28, 2022

Tennis: Die top-gekeurde Rus, Daniil Medvedev, sal Sondag teen die 20-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal te staan kom in die eindstryd van die Australiese Ope. Medvedev het Stefanos Tsitsipas van Griekeland geklop in die halfeindronde in Melbourne-park. Die Spanjaard het vroeër die Italianer Matteo Berrettini in vier stelle verslaan om sy 29ste Grand Slam-eindstryd te haal. Die wêreld nommer een, Ash Barty van Australië, sal môre in die vroue-eindstryd te staan kom […]

Read More

Man borgtog geweier wat hy glo moord op sy vervreemde vrou beplan - January 28, 2022

‘n Sake-eienaar van Gqeberha wat aangekla word van die beplanning van die moord op sy vervreemde vrou, is in die plaaslike landdroshof borgtog geweier. Die hof het beslis Arnold Terblanche kan met staatsgetuies inmeng en sy verhoor ontduik. Vicki Terblanche is volgens berigte bedwelm en versmoor en in ‘n vlak graf in Greenbushes begrawe. Terblanche […]

Read More

WGO waarsku toekomstige Covid-variante kan meer oordraagbaar wees - January 28, 2022

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die week gewaarsku dat toekomstige variante van Covid-19 selfs meer oordraagbaar kan wees wat groot vlae van nuwe infeksies onder bevolkings kan veroorsaak. Die WGO se dr. Maria van Kerkhove sê een voorbeeld van hierdie verskynsel was die Omikron-variant, hoewel minder patogenies, wat baie meer oordraagbaar was as vorige variante. Ons korrespondent […]

Read More

Veearts verduidelik of honde met voëlgriep besmet kan word - January 28, 2022

Nadat die direktoraat van veeartseny in die Namibiese landbouministerie die hoogs aansteeklike H5N1 voëlgriep onder seevoëls langs die kus by Walvisbaai en Swakopmund bevestig het, word karkasse van dooie seevoëls by Voëleiland naby Walvisbaai bymekaar gemaak om verbrand te word. Dit is om die verdere verspreiding van voëlgriep te keer. Sommige kusbewoners is bekommerd of […]

Read More

Garankuwa-polisiestasie is al maande sonder krag - January 28, 2022

Die DA in Gauteng sê die lewens en voortbestaan van inwoners van Garankuwa in Tshwane word bedreig omdat polisielede nie vinnig kan reageer op die 10111-noodlyn nie. Dit word toegeskryf aan voortdurende kragonderbrekings. Crezane Bosch van die DA sê die polisiestasie is al maande lank sonder krag nadat kragkabels van ‘n Eskom-substasie in Oktober ernstig […]

Read More

Kleinskaalse SA varkboere gaan nie vanjaar oorleef - January 28, 2022

Baie varkboere in die buurland wat op klein skaal boer, gaan na verwagting nie vanjaar oorleef nie. Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie se uitvoerende hoof, Johann Kotzé, voorspel dit weens die onsekerhede in die mark wat varkboere onder druk plaas. Dis veral boere met 100 tot 400 diere, wat swaarkry. Hy verduidelik dat verhoogde pryse van varkvoer […]

Read More

Canan Moodie maak môre sy debuut teen Leeus - January 28, 2022

Rugby: Canan Moodie sal die nuutste Bulle-speler wees om sy Verenigde Rugby-kampioenskap-debuut te maak, wanneer die span sy teenstanders van oorkant die Jukskei, die Leeus, môre in Johannesburg pak. ‘n Woordvoerder van die Bulle, Chumani Bambani, sê die 19-jarige, wat verlede jaar die onder-kaptein van die unie se onder-20-span was, sal as vleuel uitdraf en is die enigste nuweling […]

Read More