Djokovic bedank ondersteuners - January 8, 2022

Tennis: Novak Djokovic het sy stil- swye in Australië verbreek om ondersteuners te bedank nadat die land se minister van Binnelandse Sake, Karen Andrews, gesê het hy is enige tyd vry om te gaan en word nie aangehou nie. Die 34-jarige word in isolasie gehou by ‘n hotel in Melbourne, in afwagting op die uitkoms […]

Read More

Die brand by die parlement in Kaapstad bly in die nuus - January 8, 2022

Die DA in Suid-Afrika sê die vrystelling van die verslag deur die Stad Kaapstad se Brandweer-departement, is net nog ‘n spyker in die kis van diegene wat verantwoordelik was vir die beveiliging van die parlementêre-gebied, en dit nie gedoen het nie. Volgens Samantha Graham-Maré van die DA was die buurland se minister van Openbare Werke […]

Read More

Duitsland stel sy eers kommissaris vir LGBT+ aangeleenthede aan - January 8, 2022

Duitsland het die land se eerste kommissaris aangestel wat hom sal toespits op LGBT+-aangeleenthede.Sven Lehmann van die Duitse Groen-party is deur die nuwe regering aangestel om Duitsland te help om ‘n pionier in die stryd teen diskriminasie te word. Die 42-jarige LP sal in beheer wees van die voorbereiding van ‘n nasionale plan van aksie […]

Read More

Swaar verkeer word die naweek op die land se paaie verwag - January 8, 2022

Die feesseisoen eindig die naweek vir baie Namibiërs en volgens die verkeersowerhede word swaar verkeer op van die hoofroetes verwag..Daar heers ook kommer oor motorongelukke die naweek op die land se paaie. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van die Namibiese polisie se verkeersdepartement maan motoriste om versigtig te bestuur en padreëls te gehoorsaam.

Read More

NRU vergader Maandag - January 8, 2022

Die president van die Namibiese Rugby Unie, Corrie Mensah,het bekendgemaak dat die eerste raadsvergadering vanjaar eerskomende Maandagmiddag gehou word. Volgens hom is verskeie onafgehandelde kwessies van die vorige seisoen en ook belangrike sake vir die komende seisoen op die sakelys.Een van die nasionale span se grootste uitdagings vanjaar is om Juliemaand sy beste te lewer […]

Read More

Geweld en protesaksies in Kazakstan bly in die nuus - January 8, 2022

Kazakstan se president sê hy het persoonlik sekerheidspersoneel gemagtig om los te brand op wat hy beskryf as “terroriste” en om te skiet om dood te skiet. Dit volg na dae van uiters geweldadige protesaksie in die voormalige Sowjet-nasie. Ten minste 26 betogers is dood en meer as drie-duisend word aangehou. Regeringsgeboue is aan die […]

Read More

Kragonderbreking ontwrig ANC funksie - January 8, 2022

Die ANC se 110 jaar vieringe in Limpopo het gisteraand ‘n moeilike begin gehad. President Cyril Ramaphosa moes sy toespraak by die party se fondsinsamelings-galadinee in Polokwane kortknip, weens ‘n kragonderbreking. Die geleentheid is bygewoon deur verskeie sakepersone wat gehoop het om sosiaal met die ANC-leiers te verkeer. News24 berig dit is nie duidelik wat […]

Read More

Namibiese polisie vra die hulp van die publiek om ‘n een maand oue baba te identifiseer wat vermoedelik vermoor is - January 8, 2022

Die Namibiese polisie in die Omusatistreek vra die publiek om hulle te help om ‘n een maand oue baba te identifiseer wat vermoedelik vermoor is en toe in ‘n plastieksak geplaas en weggegooi is by ‘n stortingsterrein by die Uukwalumbe-nedersetting in die Okahao-kiesafdeling. Intussen was Namibië se enigste teenmisdaad realiteitsprogram Copps 94.1 met borge en […]

Read More

Namibië het nou reën dringend nodig - January 8, 2022

Namibië staar ‘n knellende droogte in die gesig as dit nie binne die volgende twee weke reën nie. Die situasie van mahangu-boere in die noorde van Namibië is reën dringend nodig. As die reën laat kom, sal hulle daar ‘n impak op gewasproduksie hê. Ileni Nandjato, ‘n akkerbouer en woordvoerder van die Ondonga-koningshuis het aan […]

Read More

Sidney Poitier sterf - January 8, 2022

En.. Hollywood se eerste groot swart filmster, Sidney Poitier, is op die ouderdom van 94 oorlede. Die regering van die Bahamas het die aankondiging gedoen, aangesien Poitier dubbel-burgerskap as Amerikaanse en Bahamiaanse burger gehad het. Hy was die eerste swart filmster wat vir ‘n Academy-toekenning genomineer is, vir The Defiant Ones in 1958. Ses jaar […]

Read More