Gustavo-borg – baie streng voorwaardes - December 15, 2021

Borg van 800 000 Namibiese dollar is aan die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo toegestaan. Regter Herman Oosthuizen, wat die beslissing gemaak het, het uiters streng voorwaardes gestel.

Read More

DBN kyk na vereistes om meer lenings toe te staan - December 15, 2021

Die hoof uitvoerende beampte van die Ontwikkelingsbank van Namibië Martin Inkumbi het bevestig dat die leningsfasiliteit wat daargestel is vir die jeug tydens die pandemie, nie gewild is nie. Saam met die Duitse KfW-ontwikkelingsbank, is 450 miljoen Namibiese dollar beskikbaar gestel. Die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het tydens die Covid-perskonferensie melding hiervan gemaak en […]

Read More

Instandhouding sal ook beurtkrag verminder - December 15, 2021

Die Stad Tshwane sê indien kragstasies opgeknap word, sal dit die uitwerking van beurtkrag bekamp. Dit volg nadat inwoners burgemeester Randall Williams se gewaagde stelling dat Tshwane nooit weer kragonderbrekings sal beleef nie, bevraagteken het. ‘n Woordvoerder, Sipho Stuurman, verduidelik dat daar ‘n ware oorsaak was vir die onlangse onderbrekings in Wapadrand en Mooiplaas, en […]

Read More

Nampol mag nie publiek timmer nie - December 15, 2021

Lede van die polisie mag nie lede van die publiek paneelklop nie. Dit is die mening van die minister van polisie dr. Albert Kawana wat meen die polisie is somtyds hardhandig met die publiek en timmer hulle. Hy sê dit breek die vertroue van die gemeenskap wat nodig is vir die mag om sy pligte […]

Read More

Toyota stel 15 elektriese konsepte bekend - December 15, 2021

Toyota se uitvoerende hoof, Akio Toyoda, sê die maatskappy is steeds ten gunste van ‘n veelvoudige koolstofverminderingstrategie wat ook hibriede motors en waterstof-aangedrewe voertuie insluit. Die Japanese voertuigvervaardiger het gister 15 konsepte bekend gemaak van Toyota- en Lexus-voertuie, insluitend sedans en sportnutsvoertuie, wat ten volle elektries is. Toyoda sê buiten elektriese voertuie, ontwikkel Toyota ook […]

Read More

Omikron: al daal beskerming, is inenting steeds belangrik - December 15, 2021

Die Progressiewe Gesondheidsforum in Suid-Afrika se voorsitter, Aslam Dasoo, sê inenting is die doeltreffendste maatreël in die stryd teen die Covid-19-pandemie. Navorsing het bevind die doeltreffendheid van die dubbele Pfizer-entstof het afgeneem van 80 persent in die Delta-vlaag tot 33 persent vir Omikron. Doeltreffendheid teen komplikasies en toelating in hospitale het afgeneem van 93 persent […]

Read More

SA is vasberade vir vrede in Mosambiek - December 15, 2021

Suid-Afrika bly vasberade om Mosambiek te help om vrede te bewerkstellig. Die minister van internasionale betrekkinge Naledi Pandor sê die land is baie bekommerd oor die toestand in Cabo Delgado, waar Mosambiek te doen het met ‘n opstand. Die Suider-Afrikaanse Ontwkkelingsgemeenskap het sy missie uitgebrei om bestendigheid te help herstel in die gebied, wat gebuk […]

Read More

Akkerbouraad kan niks aan duur vrugte doen nie - December 15, 2021

Terwyl die prys van vrugte en groente skerp gestyg het, is daar volgens berigte baie min wat die Namibiese Akkerbouraad daaraan kan doen. In Oktober is inflasie vir vrugte op 15,4 persent gemeet met avokado’s wat amper 66 persent duurder geword het. Die raad se skakelbeampte Auguste Fabian sê vrugte en groente word nie as […]

Read More

Gustavo borg-uitspraak vanoggend verwag - December 15, 2021

Daar word verwag dat die hoërhof regter, Herman Oosthuizen vandag uitspraak sal lewer in die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo. Sy prokureur Trevor Brockerhoff het tydens die aansoek gedurende die laaste week van November sy kommer uitgespreek oor sy kliënt se werklike betrokkenheid by die skandaal en het aan die hof gesê slegs 167 […]

Read More

Reisverbod was ondeurdag - December 15, 2021

Die uitvoerende hoof van die Lugredery-vereniging van Suider-Afrika Aaron Munetsi, het gereageer op die opheffing van die Britse reisverbod op 11 Suider-Afrikaanse lande wat vandag van die rooilys verwyder word. Die verbod is ingestel na Suid-Afrikaanse medici die Omikron variant geïdentifiseer het…

Read More