Na groot uitdagings, sien motorsport uit na 2022 - December 16, 2021

Richard Slammet, voorsitter van die Windhoek Motorklub beskryf ook 2021 as ‘n moeilike jaar, want geledere in motorsport kon nie al hul kampioenskappe weens streng Covid-regulasies voltooi nie. Slammet sê aan Kosmos 94.1 Nuus die motorsportbedryf is egter optimisties oor die jaar 2022.

Read More

4 kinders sterf in springkasteel-ongeluk in Australië - December 16, 2021

Vier jong kinders is dood en talle ander is beseer toe ‘n springkasteel tydens ‘n skool se jaareind-partytjie in Australië die lug in gewaai het. Volgens die polisie het leerders van ‘n laerskool in die noorde van Tasmanië die laaste week van klasse voor die Kersvakansie gevier toe hulle van ‘n hoogte van sowat 10 […]

Read More

Groot opgewondenheid aan die kus - December 16, 2021

Voordat President Hage Geingob die nuwe Covid-regulasies bekend gemaak het, het talle besigheidseienaars van die kus gevrees dat die land ingeperk gaan word, wat toe gelukkig nie die geval is nie. Oliver Ahrens van Destination Swakopmund sê met die land wat nie ingeperk is of ‘n aandklokreël het nie, is hulle baie optimisties oor die […]

Read More

Afrika moet inenting versnel - December 16, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streeksdirekteur, Matshidiso Moeti, het ‘n beroep gedoen dat Covid-19-inenting in Afrika versnel word om lewens te red. Lande se jaareind-vakansietyd met tradisionele saamtrekke en reise is op hande en die inentingskoers in Afrika is steeds baie laag. Volgens die huidige stand van sake sal Afrika nie voor Augustus 2024 die inentingsdekking van […]

Read More

Die As: Aussies kolf eerste - December 16, 2021

Australië se waarnemende kaptein, Steve Smith, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf in die tweede dag/nag-toets om die As teen Engeland in Adelaide. Smith neem waar in Pat Cummins se plek nadat hy enkele ure voor die wedstryd begin het,in noue kontak met ‘n positiewe Covid-19-geval was. Engeland het die snelboulers […]

Read More

PCR: NaCC ondersoek nie, daar is geen klag nie - December 16, 2021

Plaaslike media berig dat die Namibiese Mededingingskommissie nie ondersoek na die koste van PCR-toetse ondersoek nie, omdat daar geen klagtes ingedien is nie. Plaaslik verskil die prys van die toets, afhangende van hoe vinnig uitslae nodig is. Vir 24-uur kos die toets rondom 700 dollar maar vir vier ure, kos dit tot 1 500 dollar. […]

Read More

Kommer oor selfmoord onder leerders wat druip - December 16, 2021

Daar is kommer oor leerders wat aan die einde van die akademiese jaar die risiko loop om selfmoord te pleeg indien hulle nie slaag nie. Dit kom gereeld in Namibië voor en nou sê die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta dat onderwysowerhede berading moet verskaf aan die leerders. Selfmoord onder die leerders is in die buurland […]

Read More

Biden bemoedig inwoners van Kentucky - December 16, 2021

Die Amerikaanse president Joe Biden het die deelstate Arkansas, Illinois, Kentucky, Missouri, Mississippi en Tennessee besoek na ‘n storm wat meer as 30 tornado’s gehad het, verwoesting gesaai het. Hy het inwoners van Dawson Springs moed ingepraat.

Read More

Chobe-skietery ontaard in diplomatieke herrie - December 16, 2021

Die skietdood van drie Namibiërs en hulle Zambiese neef in November verlede jaar ontaard in ‘n diplomatieke herrie. Die onlangse nadoodse ondersoek wat in die buurland gehou is, het groot kritiek uitgelok en aktiviste van veral die Namibian Lives Matter-beweging meen die Botswana weermag is bo die reg verhewe en sal niks oorkom nie. ‘n […]

Read More

N$20m se kokaïen spoel op strand uit - December 16, 2021

Kokaïen ter waarde van 20 miljoen Suid-Afrikaanse rand het op ‘n strand in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap uitgespoel. Die woordvoerder van die Valke, luitenant-kolonel Philani Nkwalase, sê mense wat met hul hond gaan stap het, het op die dwelms afgekom waar dit langs die see uitgespoel het. Die polisie is ontbied en het verskeie saamgeperste […]

Read More