Nampol lê beslag op byna N$11,5 miljoen se dwelms in Junie
Die Namibiese polisie het beslag op byna 11,5 miljoen Namibiese dollar se dwelms in Junie gelê is. Een elk Angolees, twee Suid-Afrikaners, vier Zambiese burgers en 81 Namibiërs is verlede maand in verband met dwelmhandel in hegtenis geneem.
Nuwe Tesla-voertuig slaan aan die brand
Die Amerikaanse eienaar van ‘n splinternuwe Tesla Model S Plaid elektriese voertuig het naelskraaps ontsnap nadat die voertuig aan die brand geslaan het. Hy het die voertuig van byna 1,9 miljoen Namibiese dollar net drie dae tevore gekoop. Die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk se maatskappy het die voertuig ‘n maand gelede bekend gestel. Volgens die […]
Zuma-ondersteueners bring verkeerd in Nkandla tot stilstand
Ondersteuners van oudpresident Jacob Zuma het verkeer in Nkandla tot stilstand gebring terwyl die spertyd naderkom waarop hy hom aan die polisie moet oorhandig. Die groep het na die oudpresident se woning in KwaZulu-Natal opgeruk in ‘n poging om te keer dat hy tronk toe gaan. Volgens berigte is daar ‘n groot polisieteenwoordigheid. Hulle deursoek […]
Verwarring oor reisregulasies vir Namibiërs
Groot verwarring heers oor die reisregulasies vir Namibiërs tussen streke. ‘n Gesin van Tsumeb het na Windhoek vir ‘n begrafnis gereis voordat die nuwe Covid-regulasies ingestel is. Hulle wil nou teruggaan huis toe en staan al twee dae by Klein Windhoek-polisiekantoor. Volgens die Namibiese vrou weier die polisie om reisdokumente aan hulle te gee om […]
Solidatriteit, Afriforum se saak oor Johnson & Johnson nie dringend genoeg
Solidariteit en AfriForum het gister ‘n dringende hofaansoek ingedien in hul stryd teen die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte regulerende owerheid, SAHPRA, se voorwaarde dat slegs die regering die Johnson & Johnson-entstof mag koop, tersyde te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met AfriForum se hoof van regsake, Anton van der Bijl, opgevolg. Hy het gesê dat die hof […]
Vulkaanwaarskuwing in Filippyne
Duisende mense wat in die omgewing van die Taal-vulkaan suid van sentraal Manila in die Filippyne woon, is ontruim nadat die regering die waarskuwingstatus van ‘n moontlike uitbarsting verhoog het. Die land se seismologie en vulkanologie-agentskap het gesê ‘n magmatiese indringing by die hoofkrater kan uitbarstings aanvuur. Taal het in Januarie verlede jaar as en […]
AR vra vir Kuba se Abdala-entstof
Die Affirmative Repositioning het ‘n beroep op die Namibiese regering gedoen om dit te oorweeg om Kuba se Abdala-entstof aan te skaf om Namibiërs in te ent. Die beweging se woordvoerder, Simon Amunime, het in ‘n mediaverklaring gesê om die Kubaanse entstof te bekom, sal dit Namibiërs se keuse vir ‘n entstof verbreed. Hy sê […]
Zuma kan nie tronkstraf vryspring
Daar is nou nie meer tyd vir Jacob Zuma om hom tot enige hof te wend om te keer dat hy sy tronkstraf uitdien nie, sê emeritus professor Pieter Labuschagne, regskenner van Unisa. Nog ‘n kenner meen Zuma sal onsuksesvol wees as hy probeer. ‘n Plaaslike regsgeleerde, Joe Naanda, sê die Konstitusionele Hof is die […]
EFF sê hy is dol oor China, Marx en Lenin
Die EFF-party in Suid-Afrika sê die stelsel van kommunisme in China, wat die week sy 100ste bestaansjaar herdenk het, is ‘n voortreflike stelsel. Die party sê hy word deur die logika van Marx en Lenin geïnspireer. Die plaaslike politieke ontleder dr. Phanuel Kaapama het sy reaskie in die verband so verwoord.
Voedselpryse – Nam is uitgelewer
Beide Namibië en Suid-Afrika se voedselpryse is op die oomblik baie hoog maar Namibiërs ervaar op die huidige stadium dubbelsyfer inflasie op verskeie items soos olies, vleis en groente. Volgens die plaaslike ekonoom Cons Karamata kan Namibië nie sy eie pryse betaal nie en is uitgelewer aan die Suid-Afrikaanse pryse omdat meeste van ons voedsel […]