
Zuma parool: Cele sê hulle neem kennis - December 16, 2021
Die Suid-Afrikaanse polisieminister, Bheki Cele, sê die Sekuriteitsgroepering neem kennis van die Noord-Gautengse Hooggeregshof se onlangse beslissing dat oudpresident Jacob Zuma se mediese parool nietig verklaar en tersyde gestel word. Besighede in KwaZulu-Natal het vroeër ook vrese uitgespreek oor moontlike onluste. Cele sê die groepering herhaal sy vertroue in die grondwetlike demokrasie waarvolgens almal gelyk […]
China ondersteun sy 102 miljoen klein sakeondernemings - December 16, 2021
Die Chinese regering het nuwe webtuistes van stapel gestuur in ‘n poging om die land se miljoene mikro- en klein ondernemings te ondersteun. Volgens die jongste data het China 150 miljoen ondernemings waarvan 102 miljoen deur individue besit word en 43 miljoen hiervan is mikro- of klein ondernemings. Die webtuistes bied geïntegreerde registrasie dienste terwyl […]
DRK verklaar einde van Ebola-uitbreking - December 16, 2021
Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo het ‘n einde verklaar aan die land se 13de Ebola-uitbreking. Die eerste geval is in die oostelike deel van die Noord Kivu-provinsie op 8 Oktober bevestig. ‘n Totaal van 11 mense is besmet waarvan ses dood is. Daar is ‘n goedgekeurde entstof vir Ebola en twee behandelings […]
Veediefstal: dit gaan beter na vergaderings met owerhede - December 16, 2021
Boere in die gebied van Omitara was van die eerstes wat met owerhede in die ministerie van landbou en die Namibiese polisie die jaar vergader het oor toenemende veediefstal en stropery. Twee vergaderings is vroeër die jaar by Rooikraal van Marina Lamprecht gehou. Sy sê die stand van sake is baie beter, veral omdat kommunikasie […]
Ekonoom gesels oor die 3rde kwartaal se BBP syfers - December 16, 2021
Die Namibiese Statistieke Agentskap het die BBP syfers vir die derde kwartaal vandag bekend gemaak. Mynwese, landbou, eiendom, hotelle en restaurante en ander dienste het baie goed presteer met mynwese wat byvoorbeeld amper 42 persent tot die ekonomie bygedra het en die gasvryheidsbedryf, amper 20 persent. Volgens dr. Omu Kakujaha-Matundu verduidelik die redes vir die […]
Daar is tegnologiese toepassings vir landbou in Nam – Calle - December 16, 2021
Tegnologie in landbou is in die nuus, veral as gevolg van die belangrikheid van landbou vir verskeie ekonomieë. Die toepassing van tegnologie in die plaaslike bedryf word bevraagteken veral omdat daar nie baie grootskaalse intensiewe boerderye in die land is nie. Maar, volgens die landbou minister Calle Schlettwein is daar tog toepassings wat nie net […]
Migrante word nie gespuit nie want daar’s geen vrywaring nie - December 16, 2021
Internasionale nuusagentskappe berig dat die tekorte aan inentings in veral migrante veroorsaak word deur farmaseutiese maatskappy wat bang is vir dagvaardigings sou ernstige newe-effekte voorkom. Volgens berigte, val die mense nie onder die regerings van die lande waarin hulle hulself bevind nie en die VN sê dat vervaardigers van entstowwe vrywarings by regerings eis indien […]
Opul pas vooruitsigte vir vraag opwaarts aan - December 16, 2021
Opul het die week sy vooruitsigte vir vraag na ru-olie in die eerste kwartaal van volgende jaar opgestoot en teruggekeer na sy oorspronklike beplanning dat die pandemie na ‘n einde se kant toe staan. Die groep van olie produserende lande sê die Omikron-variant is lig en sy impak sal van korte duur wees. Dit is […]
Ombud sê oor sy fokus vir 2022 - December 16, 2021
Namibië het groot uitdagings op maatskaplike vlak en in Oktober vanjaar, is Basilius Dyakugha as die nuwe ombudsman aangestel. Dyakugha sê die omgewing en gemarginaliseer gemeenskappe lê hom na aan die hart en sal sy fokus in 2022 wees.
Suid-Afrikaners moet fokus op eenheid - December 16, 2021
Suid-Afrika herdenk vandag Versoeningsdag. Die leier van die Demokratiese Alliansie in die buurland John Steenhuisen sê die dag is uiters belangrik om verder aan ‘n verenigde Suid-Afrikaanse samelewing te bou.