
WGO kan steeds nie voorraad by Tigray kry nie - January 11, 2022
Die humanitêre situasie in Ethiopië versleg volgens die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus. Hy sê hulle het tot dusver nog geen toegang tot die Tigray-streek gekry nie en mediese voorraad is dringend nodig.
Verkoue gehad? Jy het beskerming teen Covid - January 11, 2022
T-limfosiet-selle wat opbou tydens algemene verkoues, kan baie goeie beskerming teen Covid-19 bied. Die bevinding is by Imperial College in Londen gemaak in ‘n navorsingsprojek wat Maandag gepubliseer is. Algemene verkoues vorm ook deel van die groep van koronavirusse en navorsers meen die reaksie van die tipe witbloedselle teen Covid-19, kan bydra tot die formulering […]
Belasting: 265 000 skuld N$162 miljard - January 11, 2022
Die Namibiese Inkomste-agentskap, bekend as NamRA het in die afgelope finansiële jaar 71 persent van sy geteikende inkomste van 49,4 miljard Namibiese dollar ingevorder maar, net minder as 265 000 belastingbetalers skuld die ministerie van finansies 162 miljard dollar in uitstaande betalings. Daar is op die oomblik ‘n verligtingsprogram waar belastingbetalers wat voor 31 Januarie […]
Toilette in banke: Wat van die veiligheidsrisiko? - January 11, 2022
Veiligheidsrisiko’s by banke moet eers ondersoek word voor toiletgeriewe vir die publiek by banke beskikbaar gestel word. Die voormalige burgemeester van Windhoek en leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda het ‘n skrywe aan die Bank van Namibië se goewerneur Johannes !Gawaxab gerig en gesê dat toiletgeriewe in banke vir kliënte beskikbaar gestel moet word. […]
SA se voertuigverkope vertoon beter - January 11, 2022
Verkope van nuwe voertuie in die buurland het vanaf 2020 tot verlede jaar met 22,1 persent gestyg. Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika sê binnelandse ekonomiese ontwrigting het verkope nie te veel geraak nie. Dit sluit die burgerlike onrus in, asook die kuberaanval op Transnet se bedrywighede, die drie weke lange staking in die […]
Slange by die dokter… hier’s vir jou ‘n ding! - January 11, 2022
Windhoek Animal Hospital se veeartsspan help gereeld met beseerde slange. Volgens slangkenner Kosie Henn van Snakes of Namibia het die veeartse al slange se siste verwyder, vir hulle steke gegee en selfs hul wonde toe gelym. Henn bedank die span en sê alhoewel slange sekere beserings kan oorleef, moet hulle steeds nie ly nie.
Ferrari ontwikkel tegnologie, kyk na elektriese voertuie ook - January 11, 2022
Ferrari se nuwe uitvoerende hoof het ‘n nuwe organisasie en veranderings in leierskap onthul, wat gemik is op die verskerping van sy tegnologie-fokus en produk-eksklusiwiteit. Intussen het elektrifisering ook deel geword van die luukse sportmotor-vervaardiger se planne. Benedetto Vigna, ‘n veteraan van die tegnologie-bedryf, het die rol van uitvoerende hoof in September oorgeneem, met die […]
Otjomuise se twee laerskole is propvol - January 10, 2022
Meer as 50 graad 0- en graad 1-leerders is gestrand in die Otjomuise-woonbuurt van Windhoek met die enigste twee primêre skole in die gebied wat hul kapasiteit bereik het om nog leerders vir die 2022 akademiese jaar in te neem. Otjomuise is deel van die snelgroeiendste informele nedersettings van 8ste Laan en 7de Laan, waar […]
Loeb sny Al Attiyah se voorsprong in Dakar - January 10, 2022
Motorsport: Die Fransman, Sebastien Loeb, het Nasser Al Attiyah se aansienlike voorsprong in die Dakar-tydren gesny ná die agtste skof in Saoedi-Arabië wat Mattias Ekstroem van Audi gewen het. Reuters berig die nege-malige wêreldtydrenkampioen, Loeb, van die Bahrain Raid Xtreme-span het derde geëindig in die 395-km skof vanaf Al Dawadimi tot Wadi Ad Dawasir. Verlede jaar se wenner, Stephane Peterhansel, was tweede. Sam Sunderland van Brittanje het die skof in die motorfietskategorie gewen en opgemaak vir die […]
SA vakbond dreig met versetoptrede oor verpligte inentings by universiteite - January 10, 2022
Die South African Students’ Union het gedreig met versetoptrede oor verpligte inentings by universiteite regoor die land. Die vakbond sê studente word gebruik as eksperimentele voorwerpe. Volgens die sekretaris-generaal, Lukhanyo Daweti, het die proses van inenting bewys dit is tans eksperimenteel en studente behoort beskerm te word. Instellings soos die Rhodes-Universiteit, Universiteit van Kaapstad, Universiteit […]