
Duitsland stel sy eers kommissaris vir LGBT+ aangeleenthede aan - January 8, 2022
Duitsland het die land se eerste kommissaris aangestel wat hom sal toespits op LGBT+-aangeleenthede.Sven Lehmann van die Duitse Groen-party is deur die nuwe regering aangestel om Duitsland te help om ‘n pionier in die stryd teen diskriminasie te word. Die 42-jarige LP sal in beheer wees van die voorbereiding van ‘n nasionale plan van aksie […]
Swaar verkeer word die naweek op die land se paaie verwag - January 8, 2022
Die feesseisoen eindig die naweek vir baie Namibiërs en volgens die verkeersowerhede word swaar verkeer op van die hoofroetes verwag..Daar heers ook kommer oor motorongelukke die naweek op die land se paaie. Hoofinspekteur Rozario Coetzee van die Namibiese polisie se verkeersdepartement maan motoriste om versigtig te bestuur en padreëls te gehoorsaam.
NRU vergader Maandag - January 8, 2022
Die president van die Namibiese Rugby Unie, Corrie Mensah,het bekendgemaak dat die eerste raadsvergadering vanjaar eerskomende Maandagmiddag gehou word. Volgens hom is verskeie onafgehandelde kwessies van die vorige seisoen en ook belangrike sake vir die komende seisoen op die sakelys.Een van die nasionale span se grootste uitdagings vanjaar is om Juliemaand sy beste te lewer […]
Geweld en protesaksies in Kazakstan bly in die nuus - January 8, 2022
Kazakstan se president sê hy het persoonlik sekerheidspersoneel gemagtig om los te brand op wat hy beskryf as “terroriste” en om te skiet om dood te skiet. Dit volg na dae van uiters geweldadige protesaksie in die voormalige Sowjet-nasie. Ten minste 26 betogers is dood en meer as drie-duisend word aangehou. Regeringsgeboue is aan die […]
Kragonderbreking ontwrig ANC funksie - January 8, 2022
Die ANC se 110 jaar vieringe in Limpopo het gisteraand ‘n moeilike begin gehad. President Cyril Ramaphosa moes sy toespraak by die party se fondsinsamelings-galadinee in Polokwane kortknip, weens ‘n kragonderbreking. Die geleentheid is bygewoon deur verskeie sakepersone wat gehoop het om sosiaal met die ANC-leiers te verkeer. News24 berig dit is nie duidelik wat […]
Namibiese polisie vra die hulp van die publiek om ‘n een maand oue baba te identifiseer wat vermoedelik vermoor is - January 8, 2022
Die Namibiese polisie in die Omusatistreek vra die publiek om hulle te help om ‘n een maand oue baba te identifiseer wat vermoedelik vermoor is en toe in ‘n plastieksak geplaas en weggegooi is by ‘n stortingsterrein by die Uukwalumbe-nedersetting in die Okahao-kiesafdeling. Intussen was Namibië se enigste teenmisdaad realiteitsprogram Copps 94.1 met borge en […]
Namibië het nou reën dringend nodig - January 8, 2022
Namibië staar ‘n knellende droogte in die gesig as dit nie binne die volgende twee weke reën nie. Die situasie van mahangu-boere in die noorde van Namibië is reën dringend nodig. As die reën laat kom, sal hulle daar ‘n impak op gewasproduksie hê. Ileni Nandjato, ‘n akkerbouer en woordvoerder van die Ondonga-koningshuis het aan […]
Sidney Poitier sterf - January 8, 2022
En.. Hollywood se eerste groot swart filmster, Sidney Poitier, is op die ouderdom van 94 oorlede. Die regering van die Bahamas het die aankondiging gedoen, aangesien Poitier dubbel-burgerskap as Amerikaanse en Bahamiaanse burger gehad het. Hy was die eerste swart filmster wat vir ‘n Academy-toekenning genomineer is, vir The Defiant Ones in 1958. Ses jaar […]
Groot skade in Suid-Afrika na swaar reën en haelstorms - January 8, 2022
AgriSA sê hy is besig om inligting in te vorder van saaiboere landwyd om te bepaal wat die impak van die afgelope weke se swaar reën en haelstorms op hulle plase is. ‘n Besluit sal aanstaande week geneem word of die gebiede wat die ergste geraak word, as rampgebiede verklaar moet word en of die […]
NUDO neem 2022 onder die loep - January 8, 2022
Met 2022 hier het almal planne en verwagtinge vir die nuwe jaar. Terwyl ander hoop vir werksgeleenthede of bevordering, het politici en politieke partye hulle wense oor hoe om regeringsake te hanteer. Joseph Kauandenge van Nudo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ‘n top-prioriteit van die party vir 2022 is dienslewering en brood-en-botter-kwessies vir Namibiërs, […]