
Ekonoom sê Ramaphosa spel nie duidelik arbeidstrategieë uit - February 11, 2022
‘n Ekonoom sê President Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede verskeie kwessies rondom werkloosheid geopper, maar nie duidelike arbeid-strategieë uitgespel om werkloosheid onder die jeug teen te werk nie. Derek Yu van die departement ekonomie aan die Universiteit van die Wes-Kaap sê langtermyn-planne moet beraam word vir dié groep, want dit is reeds moeilik om […]
Black Sash sê R350 vir maatskaplike toelaag is onwaardig - February 11, 2022
Die burgerlike geregtigheidsgroep Black Sash sê hoewel die bedrag van die maatskaplike hulpverlenings-toelaag van 350 rand onwaardig is en dit inherente gebreke het, is dit ‘n onafgehandelde projek. Die organisasie verwelkom President Cyril Ramaphosa se aankondiging in sy staatsrede dat dit tot Maart volgende jaar verleng word. Woordvoerder Esley Philander sê dit is ‘n roete […]
Visserman van Hangana Fishing op see vermis - February 11, 2022
Inspekteur Ileni Shapumba van die Namibiese polisie in die Erongo-streek het bevestig ‘n visserman van Hangana Fishing het op see vermis geraak. Die O&L Groep se woordvoerder, Roux-Che Locke, het bevestig die 35-jarige Jonas Heita is sedert Maandag van die Begonia-vaartuig vermis. ‘n Lugsoektog en reddingsoperasie is van stapel gestuur. Locke sê ‘n volledige ondersoek word gedoen.
Ses verdagtes in hof oor mensehandel van 45 Ethiopiërs - February 11, 2022
Ses mense verskyn vandag in die landdroshof in Springs in Gauteng ná hul inhegtenisname in verband met die ontdekking van 45 ongedokumenteerde Ethiopiese burgers in ‘n huis in die gebied. Daar is ook haelgewere gevind met ammunisie wat deur die polisie uitgereik is. Die groep staan tereg op aanklagte van onder meer mensehandel, die besit […]
Action Society sê staatsrede takel weer nie geslaggeweld, vrouemoord - February 11, 2022
Die menseregteorganisasie Action Society sê President Cyril Ramaphosa het weer eens slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord gefaal in sy staatsrede. Die stigter, Ian Cameron, sê hy het slegs nege sinne aan geslagsgeweld afgestaan. Cameron het beklemtoon dat daar tussen Oktober 2020 and September verlede jaar 41 000 sake van verkragting aangemeld is. Dit beteken daar […]
Drie Covid-sterftes in twee distrikte aangemeld - February 11, 2022
Die Namibiese gesondheidsministerie het drie Covid-sterftes in die distrikte van Opuwo en Okahao aangemeld, asook 42 nuwe gevalle uit 1 077 uitslae wat ‘n positiewe koers van 3,9% is. In die groep is vyf leerders en twee gesondheidswerkers. Daar is nou 2 713 aktiewe gevalle, waarvan 51 pasiënte in hospitale is en slegs twee in […]
Koala vandag amptelik as bedreig verklaar - February 11, 2022
Australië se skattige ikoon, die koala, is vandag amptelik as bedreig verklaar aan die grootste deel van die ooskus van die land in ‘n stap wat dierebeskermingsgroepe as skrikwekkend, maar belangrik bestempel het. Die minister van omgewingsake, Sussan Ley, sê die spesie loop ‘n groot risiko om uit te sterf. Koalas is sedert 2012 as […]
Ekonoom reageer oor ellelange lys van onopgeëiste pensioengeld - February 11, 2022
Die Namibiese regering het ‘n lang lys van onopgeëiste pensioengeld in die staatskoerant gepubliseer. Daar is meer as 80 bladsye in die kennisgewing en verskeie fondse is betrokke. Professor Teresa Kaulihowa, ‘n ekonoom by Unam sê daar is oor die algemeen ‘n tekort aan bewustheid van die fondse sowel as die prosesse betrokke…
Amerikaanse dollar verswak, resessie moontlik - February 11, 2022
Die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar verhandel die afgelope paar dae baie goed teen die Amerikaanse geldeenheid en het Donderdag op ‘n stadium teen 15 Namibiese dollar en 9 sent verhandel. Vandag is dit rondom vlakke van 15,11 en 15,14. Volgens die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart, is die Amerikaanse dollar besig om te verswak en […]
Projek vir onderbenutte grond in Kunene is uitstekende nuus - February 11, 2022
‘n Parlementslid en boer in die Kunene-streek het gereageer op die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein wat tans in die streek is om ‘n projek vir kommunale grond-ontwikkeling bekend te stel. Schlettwein het ook met die goewerneur van die streek, Marius Sheya en ‘n bestuurskomitee vergader oor kwessies soos die droogte, watervoorsiening. Dudu Murorwa, ‘n lid […]