Families sukkel sedert Feb. 2016 om oorskot van familie by myn te kry - January 25, 2022

ActionSA se leier, Herman Mashaba, het naby Barberton in Mpumalanga aan ‘n nagwaak deelgeneem saam met familielede van mynwerkers van die Lily-myn. Dit is vandag die 1 000ste dag sedert die families van drie vasgekeerde mynwerkers buite die Lily-myn begin kamp het terwyl hulle eis dat die liggame verwyder word. Die drie het in ‘n […]

Read More

Na 30 operasies is renosterbul weer vrygelaat - January 25, 2022

‘n Tienjarige renosterbul waarvan die horing op wreedaardige wyse afgekap is, is in die natuur vrygelaat na 30 operasies om die kaphoue aan sy kop te herstel. Nuusagentskappe berig reddingswerkers het die renoster Sehawukele gedoop wat beteken “God wees genadig”. Die erg-beseerde Seha is deur die polisie naby ‘n heining gevind en hy was so […]

Read More

SA se skole moet beveilig word - January 25, 2022

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê te min word gedoen om seker maak skole is ‘n veilige hawe vir onderwysers en leerders. Dit volg na die moord op die adjunkhoof van die Phomolong Sekondêre Skool, Thembisile Ngendane. Sy is verlede Vrydag by die hek van die skool in Tembisa, Gauteng, doodgeskiet. Makaneta sê hierdie moord […]

Read More

ANC soek antwoorde oor Fritz - January 25, 2022

Die ANC in die Wes-Kaap het ‘n brief aan die provinsiale staande komitee vir gemeenskapsveiligheid geskryf om ‘n dringende sitting te vra ná die skorsing van die LUR Albert Fritz. Premier Alan Winde het die LUR met onmiddellike ingang geskors te midde van bewerings van growwe wangedrag. Volgens media is Fritz geskors omdat hy na […]

Read More

Otjozondjupa is gereed vir sprinkane - January 25, 2022

Die Otjozondjupa-streek is op ‘n gereedheidsgrondslag indien daar enige sprinkaanplae na die goeie reënval gaan uitbreek. Daar is vrese in sommige streke dat die sprinkane gaan terugkeer. Die goewerneur, James Uerikua, sê dat daar nie enige sprinkane op die oomblik in sy streek is nie, maar hulle is gereed.

Read More

Betaalstelsel sal vryhandel ‘n hupstoot gee - January 25, 2022

Al hoe meer Afrika-lande sluit aan by die kontinentale vryhandelsooreenkoms. Die ooreenkoms het onlangs ‘n intra-Afrika betaling- en vereffeningstelsel ingestel. Die stelsel is die Afrika-unie se vlagskipprojek en gemik op pogings om oorgrenshandel ‘n hupstoot te gee. Die Afrika Invoer-Uitvoer-Bank se woordvoerder dr. Mike Ogbalu sê die stelsel sal help met pogings om die uitdaging […]

Read More

Minstens ses dood in stormloop by Afcon-wedstryd - January 25, 2022

Die Konfederasie van Afrika-sokker sê hy stel tans ondersoek in na die noodlottige voorval buite ‘n stadion in Kameroen, waar ‘n Afrikanasiesbeker-wedstryd gehou is. Minstens ses mense is dood en 40 beseer in ‘n stormloop voor die wedstryd tussen Kameroen en die Comoro-eilande. Volgens berigte het die voorval plaasgevind toe skares probeer het om toegang […]

Read More

Mensehandelsaak sloer steeds - January 25, 2022

Voorleggings vir vonnisoplegging in die mensehandelsaak van Marthinus Pretorius is steeds nie afgehandel nie en duur vandag voor die adjunk-regterpresident Hosea Angula voort. Die voormalige Suid-Afrikaanse polisie beampte is reeds in November 2020 skuldig bevind op ses klagte van verkragting en mensehandel. Hy het minderjarige kinders by sy huis in Swakopmund ontvang vir seksuele uitbuiting […]

Read More

Stampriet se waterbronne sal nie gespaar word nie - January 25, 2022

Die Stampriet Uraanontginning-komitee het skerp gereageer op kommentaar deur die president van die Russiese Uranium One Andrey Shutov en weer klem gelê op die risiko wat uraan-ontginning op die akwifer se waterbronne plaas. Die hidrobreking metode wat by Leonardville gebruik word los volgens die komitee die swaar metale en die uraan in die water op […]

Read More

Rooilyn-saak terug in die hof vandag - January 25, 2022

Die omstrede rooilyn-hofsaak van die Affirmative Repositioning-leier Job Amupanda is vandag weer voor regter Shafimana Ueitele. Die saak sal sekerlik net vlugtig voorkom omdat die regter tans die borgaansoek van die Fishrot-verdagtes aanhoor. Amupanda het vroeër noodgedwonge aanpassings aan sy eis gemaak nadat van die respondente, wat die landbouminister, die Vleisraad en die prokureur-generaal Festus […]

Read More