Interpol reik rooi kennisgewings vir Guptas uit

Interpol het rooi kennisgewings uitgereik teen Atul en Rajesh Gupta, hulle vrouens en verskeie sakevennote. Advokaat Hermione Cronjé van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die ander is ‘n gewese rekening-ondertekenaar van die Nulane-beleggingsbank van Baroda, Ankit Jain, ‘n direkteur van Wone Management, Ravindra Nath, en die direkteurs van Pragat Investments, Ramesh Bhat en Jagdish Parekh. Cronjé […]

Read More

Grondpaaie maak sitrus seer

Die swak padinfrastruktuur in Suid-Afrika belemmer waarskynlik die sitrus- en graanuitvoerbedryf. ‘n Verslag toon dat 54-persent van die ongeteerde padnetwerk in die land in ‘n baie swak toestand is, en ongeveer een-derde van die geteerde netwerk is ook in ‘n swak toestand. As gevolg van slaggate word sitrusvrugte in transito beskadig en dit beïnvloed die […]

Read More

Bly maar eerder tuis in die tyd

Die bekende landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat dr. Frikkie Maré het ‘n beroep op landbou in Suid-Afrika gedoen om die strenger inperkings te verwelkom en na te kom om sodoende die buurland van groter skade te kan red.

Read More

Keur ivermektien goed vra McHenry

Die president van die PDM-party McHenry Venaani het ‘n beroep op die medisyne reguleringsraad gedoen om ivermektien goed te keur vir die behandelings van Covid. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat alles nou in die stryd gewerp moet word om die pandemie te bestry.

Read More

Beatrice kry toe silwer…

Die Namibiese topatleet Beatrice Masilingi wat Sondagaand derde gekom het in die 200-meter wedloop in Stockholm in Swede, het nou silwer verower nadat Marie-Josee Ta Lou van die Ivoorkus, wat tweede gekom het, gediskwalifiseer is. Die rede hiervoor is nie bekend nie. Masilingi het ‘n nuwe nasionale rekord van 22.65 sekondes opgestel.

Read More

Waterfront by Goreangab weer uitgestel

Die Goreangab Waterfront-ontwikkeling, wat reeds tien jaar in beplanning is, is weer vertraag met vyf jaar. Dit volg nadat die ontwikkelaar van die grond, Green Building Construction geen verdere stappe geneem het na die ingenieurs- en tenderprosesse voltooi is. Volgens die maatskappy is die projek vertraag omdat die diens van erwe by uitbreiding 4 van […]

Read More

Covid en tuisversoring – pulmonoloog praat

Die meeste hospitale in die land ervaar druk om pasiënte te huisves vanweë die toename in Covid-19-gevalle. Mense toets daagliks positief en weet soms nie wat om te doen wanneer hulle positief is nie. Daar is ook onsekerheid oor wat die Covid-19-simptome is. Dr Willie Bruwer, ‘n pulmonoloog, het met Kosmos 94.1 Nuus hieroor gepraat.

Read More

Mynbedryf van kritiese belang vir SA

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê dit is nou die tyd om beleggings in die mynbedryf te fasiliteer om meer werksgeleenthede te skep, klein-sakeondernemings te ontwikkel en groei in dinamiese nuwe bedrywe te bewerkstellig. Mynbedrywighede dra tot meer as die helfte van die land se uitvoer-goedere by – ongeveer 10 persent van die bruto binnelandse […]

Read More

Fopnuus: kla mense aan by die polisie, sê minister

Die Namibiese minister van justisie Yvonne Dausab het lede van die publiek gemaan om persone wat fopnuus oor Covid-19 versprei by die Namibiese polsiie aan te meld. Die prokureur-generaal Festus Mbandeka het verlede week bekend gemaak dat indien ‘n persoon fopnuus versprei en skuldig bevind word kan ‘n boete van 100 000 Namibiese dollar of […]

Read More

Champlain Towers in Surfside gesloop

Die oorblywende deel van die Champlain Towers South-gebou naby Miami in Suid-Florida is gesloop. ‘n Gedeelte van die gebou van 12-verdiepings het verlede maand ineengestort. Reddingswerkers het die oorskot van 24 mense gekry terwyl 121 nog vermis word. Die slopingsoperasie is gouer afgehandel na vrese oor veiligheid en die Tropiese Storm Elsa wat Florida na […]

Read More