Rani sê Amushelelo het hofbevel oortree, hy verskyn vanoggend

Die nou omstrede arbeidsaktivis Michael Amushelelo het blykbaar ‘n hofbevel vat hom verhoed om binne 100 meter van Rani Traders op Oshakati te kom, Maandag oortree het. Hy is gearresteer maar later vrygelaat en sal vanoggend in die laerhof op die dorp in die verband verskyn. Sy regsman Kadhila Amoomo het met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Ekonomiese groei in SA maak staat op krag

Groeiverwagting in Suid-Afrika leun swaar daarop dat beurtkrag geleidelik uitfaseer word en hoër vlakke van energiesekerheid bereik word as wat belowe is. Dit is volgens die vierde kwartaal van verlede jaar se Beleidsonsekerheidsaanwyser van Noordwes-universiteit se Sakeskool. Professor Raymond Parsons sê die aanstelling van ʼn nuwe Eskom-hoof is ʼn positiewe stap in die regte rigting. […]

Read More

Sterftes weens plofstof styg met 122% in 2023

Die Britse liefdadigheidsorganisasie, Action on Armed Violence, het verlede jaar ʼn toename van 122 persent getoon in burgerlikes wat weens plofstowwe dood is. Minstens 7 307 plofstof-voorvalle het wêreldwyd voorgekom teenoor die 4 322 voorvalle die vorige jaar. Die aanvalle het minstens 15 305 burgerlikes se dood veroorsaak. Die organisasie se navorsing toon die gebruik […]

Read More

FA-beker: Manu U is deur na vierde ronde

Manchester United was te sterk vir die Engelse Eerste Liga-span Wigan Athletic en het deurgedring na die vierde ronde van die FA-beker. Diogo Dalot en kaptein Bruno Fernandes se doele het aan United ʼn twee-nul-sege besorg. Hierdie kompetisie is United se laaste kans hierdie seisoen om ʼn trofee te wen. Die span sukkel in die […]

Read More

Ministerie pak duur pryse vir plaaslike vervaardiging aan

Die handelsministerie sê prysmededingendheid bly ‘n uitdaging vir Namibië se vervaardigde goedere om winsgewende markte te penetreer. Hoë bedryfskoste, insluitend arbeid, water, grond en elektrisiteit, in teenstelling met goedere uit ander dele van die wêreld, soos goedkoper Asiatiese markte, maak ons produkte duur. Daarom het die ministerie begin met die ontwikkeling van ‘n Nasionale Uitvoerbevorderingstrategie. […]

Read More

Opnames en aantygings moenie NSFAS ontspoor nie – aktivis

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê die Nasionale Finansiële Hulpskema moenie ontspoor oor die Organisasie teen Belastingmisbruik se bewerings nie. Daar word beweer dat diensverskaffers wat tenders van multimiljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang het om die skema se omstrede nuwe regstreekse betalingstelsel te administreer, gunslone betaal het aan minister Blade Nzimande, die skema se raadsvoorsitter Ernest […]

Read More

Arbeidersparty vra skietstilstand in Gaza

Die Arbeidersparty in die Verenigde Koninkryk sê hy is bekommerd omdat daar geen einde in sig is vir die ondraaglike lyding van Palestyne in Gaza en die Israelse gyselaars wat nog aangehou word nie. Meer as 30 000 mense is dood sedert die oorlog tussen Israel en Hamas in Oktober verlede jaar begin het. Die […]

Read More

Tiger en Nike se paaie skei na 27 jaar

Die vyftienmalige major-kampioen, Tiger Woods, en sportdrag-reus Nike het hulle vennootskap na meer as 27 jaar beëindig. Die 48-jarige Woods het Nike gedra sedert hy as 20-jarige ʼn beroepspeler geword het. Hy het sowat 12.28 miljard Namibiese dollar uit die vennootskap met Nike gemaak. Nike sê deur die loop van die vennootskap het Woods nie […]

Read More

Twee vas vir N$930 500 se dagga

Die Engelse dagblad The Namibian berig dat twee Kongolese mans Maandag in Otjomuise gearresteer is in besit van dwelms ter waarde van 930 500 Namibiese dollar. Die twee, 37 en 40 jaar oud, se voertuig is volgens die berigte deursoek en amper 19 kilogram se dagga is gevind. Daar word verwag dat die twee vandag […]

Read More

Energieplan doodstil oor hoe beurtkrag uit die weg geruim sal word

Kenners het Suid-Afrika se voorgestelde Geïntegreerde Energieplan gekritiseer wat vir kommentaar uitgegee is. Die konsep is gemik op die omskrywing van hoe elektrisiteitsvoorsiening en -aanvraag tot 2050 gebalanseer sal word. Energiekenners, wat Chris Yelland insluit, het egter hulle ontevredenheid uitgespreek, en noem ‘n gebrek aan duidelikheid en volledige besonderhede oor hoe beurtkrag uit die weg […]

Read More