FA-beker: Manu U is deur na vierde ronde

Manchester United was te sterk vir die Engelse Eerste Liga-span Wigan Athletic en het deurgedring na die vierde ronde van die FA-beker. Diogo Dalot en kaptein Bruno Fernandes se doele het aan United ʼn twee-nul-sege besorg. Hierdie kompetisie is United se laaste kans hierdie seisoen om ʼn trofee te wen. Die span sukkel in die Premierliga en is reeds uitgeskakel by die Europa-beker. Die bestuurder Erik ten Hag sê hy is tevrede met die oorwinning, maar hulle kon meer doele aangeteken het: