
Verwagtinge vir Geingob se staatsrede - March 7, 2022
President Hage Geingob sal volgende week Woensdag sy staatsrede lewer. Daar word nie enige aanpassings in byvoorbeeld maatskaplike toelae verwag nie maar, groen-waterstof energie sal wel aangespreek word. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het sy verwagtinge so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.
Hofgeding dreig oor nuwe opperhoof - March 7, 2022
Professor Mutjinde Katjiua is die naweek by Onderombapa ingehuldig as die Ovaherero-volk se nuwe opperhoof maar, daar is reeds ‘n hoërhofsaak wat die inhuldiging ter syde wil laat stel. Volgens wat berig word, sal Katjiua vandag verskeie seremonies en rituele moet voltooi om amptelik as ombara otjitambi van die Ovaherero te wees. Plaaslike media berig […]
Zuma sê Putin is ‘n man van vrede - March 7, 2022
Die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma sê sonder Westerse magte se inmenging, kan die konflik tussen Oekraïne en Rusland vinnig en vreedsaam opgelos word. Zuma sê hy is seker President Vladimir Putin sal terugkap en alles in sy vermoë doen om vrede ‘n realiteit te maak omdat hy hom ken as ‘n man van vrede. Intussen […]
N$3 miljard nodig in Ethiopië - March 7, 2022
Die Verenigde Nasies se vlugteling-agentskap doen ‘n beroep vir meer as 3 miljard Namibiese dollar om beskerming en bystand wat lewens kan red te lewer aan meer as 1,6 miljoen mense wat weens die konfik in die noordelike deel van Ethiopië ontwortel is. Burgerlikes, insluitend vlugtelinge en mense wat intern ontwortel is, gaan gebuk onder […]
Olifante land in VAE aan - March 7, 2022
Na talle ontkennings het die Namibiese omgewingsministerie uiteindelik erken dat die 22 olifante van Gerrie Odendaal na die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer is. Die ministerie was sy hande en sê die uitvoer van die diere was die besluit van die bieër, Odendaal. Daar is ook geen melding gemaak van waar in die VAE die diere […]
Nuwe kliniek, geen personeel nie - March 7, 2022
Die kliniek by Nkurenkuru in die Kavango Wes-streek, wat in September verlede jaar voltooi is, is steeds gesluit as gevolg van ‘n tekort aan verpleegsters en ander personeel. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie Ben Nangombe, sê daar is op die oomblik ‘n landswye tekort aan verpleegsters deels as gevolg van baie werklose gesondheidsorgwerkers wat […]
Ons weet steeds nie waar Fikile is nie - March 7, 2022
Daar is talle vrae oor of die Suid-Afrikaanse minister van vervoer Fikile Mbalula in die Oekraïne is of nie. Hy het so plasing op sy Twitter-blad gemaak en daarna, kon media geen verdere uitsluitsel kry nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat. Hy sê ook dat die ANC-regering versigtig […]
Haas dank Mazepin af - March 7, 2022
Die Russiese jaer, Nikita Mazepin, het sy teleurstelling uitgespreek nadat Haas se Formule Een-span sy kontrak met hom beëindig het. Die span het ook sy titel-borgskap-ooreenkoms met die Russiese firma, Uralkali, gekanselleer. Dit volg nadat Formule Een verlede week gesê het hy sal nie vanjaar in Rusland wedrenne hou nie, nadat dié land sy buurland […]
Brandstofprys: Koop elektries! - March 6, 2022
Elektriese motorverkope is aan die toeneem namate brandstofpryse aanhou styg. Vroeër vanjaar het Kalifornië die eerste Amerikaanse staat geword wat meer as een miljoen elektriese voertuie in die VSA verkoop het. Volgens AutoPacific het verkope van elektriese voertuie verlede jaar byna 500 000 bereik, en vanjaar sal die getal na verwagting met 37 persent styg […]
Valke moet diefstal van SAPS se wapens ondersoek - March 6, 2022
Die buurland se parlementêre portefeulje-komitee oor polisie wil hê die Valke moet die diefstal van vuurwapens by die Norwood-polisiestasie in Johannesburg dringend ondersoek. Die komitee se voorsitter, Tina Joemat-Petterson, sê die verdwyning van 158 vuurwapens is ontstellend, veral gesien in die lig van pogings om die strate van onwettige vuurwapens vry te maak. Die komitee […]