Olifante trap vermeende stroper dood

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê ‘n vermeende stroper is in die Krugerwildtuin dood en van sy medepligtiges is gearresteer. Die oorledene en sy makkers het van veldwagters weggevlug maar tussen ‘n trop olifante beland. Veldwagters was op ‘n roetine-patrollie in die Phabeni-omgewing toe hulle spore gevind en die verdagtes agtervolg het. Die Woordvoerder van SANParke, […]

Read More

Lühl-uitspraak vandag verwag

Uitspraak word vandag gelewer in die dringende aansoek deur Phillip Lühl om die Minister van Binnelandse Sake Frans Kapofi te dwing om sy tweeling dogters wat deur ‘n surrogaat in Suid-Afrika gebore is met noodreisdokumente te verskaf. Die kinders is sedert hulle geboorte steeds in Suid-Afrika. Die saak het groot reaksie uitgelok met verskeie protesoptredes […]

Read More

Noa verskyn weer vandag

Dennis Noa ‘n leerling dokter wat van sodomie beskuldig word op ‘n manlike pasiënt met breinbeserings, is vandag weer in die Katutura Landdroshof. Daar is volgens berigte DNS-toetse op die pasiënt gedoen, wat na bewering deur Noa ontslaan is uit die saal waar hy behandel is. Die pasiënt het in ‘n motorongeluk in Maart die […]

Read More

Kaapse brand: historiese geboue verwoes

Die Stad Kaapstad sê brandweerspanne was dwarsdeur die nag op die toneel van die bergbrand agter die Universiteit van Kaapstad. Meer as 150 brandbestryders van verskillende stasies regoor die metropool veg teen die brand. Die stad sê lugondersteuning sal vanoggend hervat word. Eiendom waaronder privaat wonings, die Rhodes-gedenkteken en historiese strukture soos Mostert se Meule […]

Read More

Kongo Brazzaville besoek het goed afgeloop

Staatshuis het meer besonderhede bekendgemaak oor President Hage Geingob se besoek aan Kongo Brazzaville vir die inhuldiging van president Denis Sassou Nguesso. Die Presidentsvrou Monica Geingos het Geingob vergesel. Die Presidensiële Woordvoerder, Alfredo Hengari, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Myeni: polisie in Hawaii het geen rede tot skiet gehad nie

Die prokureur van die Suid-Afrikaanse man wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is, sê die lyfkamera-videos wat deur die owerhede in Honululu vrygestel is, bevat geen bewyse wat die skietvoorval regverdig nie. Luke Korkowski het aan die media gesê Myeni se dood is veroorsaak deur swak opgeleide en aggressiewe polisiebeamptes wat oorreageer het. Myeni […]

Read More

Covid gevalle tans op 1 515

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 140 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek het 36, Rehoboth 15, Otjiwarongo 13, Tsumeb 12, en Swakopmund 11. Die res is landwyd versprei. Daar is steeds 1 515 aktiewe gevalle, met 44 525 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal van 46 655. […]

Read More

Inbraak by kantore van Zondo-kommissie

Die Suid-Afrikaanse polisie is besig met ‘n ondersoek nadat daar gisteraand by die kantore van die Zondo-kommissie in Parktown, Johannesburg ingebreek is. Volgens die kommissie se Woordvoerder Mbuyiselo Stemela is skootrekenaars gesteel. Amptenare van die kommissie probeer nou vastel of enige dokumente ook gesteel is.

Read More

Korrupsie-klag teen Cyril gelê

Die Suid-Afrikaanse Presidensie het bewerings van korrupsie teen President Cyril Ramaphosa ontken. Dit volg na ‘n berig in die media oor korrupsie-aanklagte teen Ramaphosa, wat glo by die Sandton-polisiekantoor ingedien is. Volgens die berig hou die aanklag verband met ‘n twyfelagtige tender wat die Vrystaatse Departement van Onderwys glo aan die president se voormalige maatskappy […]

Read More

Hospitaal-brand wek groot kommer

Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê die verskriklike brand in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg het die gesondheidsdienste in Gauteng ‘n geweldige knou toegedien. Die DA het die heldhaftige pogings geprys om byna sewehonderd pasiënte na ander instellings oor te plaas. Die party vermoed egter dat sekere spesialisdienste baie langer ontwrig gaan word. […]

Read More