Swartbemagtiging hoort nie in eiendomsektor nie – Sakeliga
Die drukgroep Sakeliga het ‘n aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien teen die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns en staatsdepartemente oor die vereiste dat eiendomsagente swart ekonomiese bemagtiging-sertifikate moet hê vir getrouheidsfonds-sertifikate. Sakeliga meen SEB-voldoening is nie tersake vir die etiese hantering van kliënte se geld nie, en beskryf die sertifikaat as ‘n politieke instrument. Die […]
Trump: EU moet outonomie handhaaf
Frankryk en Europa loop gevaar dat die beleid van die Amerikaanse president Donald Trump hulle kan oorheers, onderdruk en marginaliseer, indien hulle dit aanvaar. Dit is die mening van die Franse eerste minister, Francois Bayrou. Hy sê Amerika het besluit op ‘n oorheersende politieke beleidsrigting, soos blyk uit die beleid van die inkomende administrasie oor […]
Uiteenlopende weerstoestande word verwag, maar reën ook
Van vandag tot Donderdag sal Namibië uiteenlopende weerstoestande ervaar. Matige tot swaar reënval word in die noordelike, sentrale en oostelike dele verwag, terwyl baie warm temperature in die suidelike streke sal voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Richard Nashikaku van die Windhoek weerkantoor.
Namdia-verdagte Angula maak eerste verskyning
Die eerste verdagte in die Namdia-rooftog, die 45-jarige Joel Angula het in die Windhoek-laerhof verskyn. Hy word op een aanklag van moord, twee aanklagte van poging tot moord en die besit van ongeslypte diamante verhoor. Sy medebeskuldigde, Sam Shololo, staan tereg op dieselfde aanklagte, maar hy bly in die hospitaal onder mediese sorg. Borg is geweier […]
O&L belê N$500 000 in melkplaas vir water
Die Ohlthaver en List-groep het rondom 500 000 Namibiese dollar in die !Aimab-super-melkplaas by Mariental belê vir voldoende watervoorsiening in tye van droogte. Dit kom na water van die Hardapdam beperk was en later afgesny was vir amper drie maande. Watervoorsiening het intussen hervat maar op ‘n 80 persent basis na die dam invloei gehad […]
Trigon doodstil oor Kombatmyn se oorstroming
Die bestuur by Kombatmyn weier om enige verdere kommentaar te lewer oor die oorstroming van die myn verlede week Donderdag. Kosmos 94.1 Nuus is herhaaldelik gesê die verklaring wat toe uitgereik is, wat sê beide pompe van Trigon Metals gefaal het en die myn ontruim is, is steeds van krag. Intussen word daar verneem dat […]
Lof vir internskap belastingvoordeel, maar…
Wetgewing oor die internskap belastingaansporing-program is amptelik in die staatskoerant gepubliseer en is nou van krag. Dit het ten doel om werkgewers aan te moedig om meer interns in diens te neem. Die program sal na raming die regering 126 miljoen Namibiese dollar kos. Reaksie is ontvang van arbeidskenner Herbert Jauch, wat sê internskappe alleen […]
EU gee N$20m aan ACC vir korrupsie bekamping
Die Teenkorrupsie-kommissie het ‘n 20 miljoen Namibiese dollar-toekenning van die Europese Unie ontvang om sy stryd teen korrupsie te versterk. Die toekenning, wat in vennootskap met die VN se Ontwikkelingsprogram en die regering bestuur word, het ten doel om die kommissie se kapasiteit te versterk en die implementering van die Nasionale Teenkorrupsie-strategie en Aksieplan te […]
Skietery tussen City Power en zama-zamas onder Jhb kort aandag
City Power doen ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe om te help om onwettige mynwerkers te verwyder wat in ondergrondse tonnels in Johannesburg se middestad lewe en koperkabels steel. Dit volg na ʼn voorval toe City Power-sekerheidswagte en die zama-zamas in ondergrondse tonnels op mekaar geskiet het. Volgens berigte is twee vermeende diewe dood en een veiligheidswag […]
Kitsmode ‘n reuse klimaat-uitdaging
Die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram sê die kitsmode-bedryf is die tweede grootste waterverbruiker en verantwoordelik vir ongeveer 10 persent van die wêreld se koolstofvrystellings. Die term “kitsmode” verwys na klere wat vinnig en goedkoop vervaardig word en die jongste loopplank-modes naboots. Die VN sê die bedryf laat waterbronne opdroog en besoedel riviere en strome terwyl […]